Die Wederkoms - juniors

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 2 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Die Dissipels het Jesus eenkant geneem en gevra hoe gaan die einde van die wereld wees en Sy wederkoms. Wat was die eerste woorde wat Hy geantwoord het?
Matthew 24:3–5 DIEBYBEL:A19331953
3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
So as die eerste waarskuwing is dat daar baie valse christusse gaan kom, hoe gaan ons weet wanneer die ware Christus kom?
Lees die volgende verse en maak ‘n lysie van die kenmerke van die ware Christus se kom:
Matthew 24:27 (DIEBYBEL:A19331953)
27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Matthew 24:30 (DIEBYBEL:A19331953)
30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Matthew 24:31 (DIEBYBEL:A19331953)
31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
I THes 4:17 DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling (Hoofstuk 4)
17Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Revelation 1:7 (DIEBYBEL:A19331953)
7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
John 14:1–3 (DIEBYBEL:A19331953)
1 LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Matthew 24:40–41 (DIEBYBEL:A19331953)
40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
1 Corinthians 15:51–55 (DIEBYBEL:A19331953)
51 Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
52 in ’n oomblik, in ’n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
1 Thessalonians 4:13 (DIEBYBEL:A19331953)
13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
1 Thessalonians 4:16 (DIEBYBEL:A19331953)
16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
2 Thessalonians 2:8 (DIEBYBEL:A19331953)
8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
Jeremiah 4:25–27 (DIEBYBEL:A19331953)
25 Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.
26 Ek het gekyk, en die land van tuine was ’n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die Here, voor sy toorngloed.
27 Want so sê die Here: Die hele land sal ’n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.
Jeremiah 25:33 (DIEBYBEL:A19331953)
33 En die wat deur die Here verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.
Revelation 20:6 (DIEBYBEL:A19331953)
6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Related Media
See more
Related Sermons
See more