Wat God wil he

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 1 view
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Inleiding

Waar vind godsdiens plaas?
Koppel ons dit alleenlik aan ritueel en geloofspraktyke soos lofprysing, aanbidding en Bybellees - is dit al wat God wil he van ons of mis ons die punt?
Israel het verval in godsdiens in
Hulle het die doel van die verbond begin mis
So het hulle gereeld brandoffers gebring - nie net as ‘n plaasvervanger vir die verbond nie, maar ook om persoonlike wins te wen by God.
Miga 6
Ons lees saam uit Miga 6:1-8
Ons moet raaksien wat Israel hier verkeerd gedoen het en dan onsself meet om te kyk of ons nie dalk ook aangekla kan word nie
(skriflesing)

Wat gebeur

God het ‘n hofsaak teen Israel
God is die aanklaer, Miga Sy gesant, die berge is die getuies en Israel is die beskuldigde
Gee geleentheid vir volk om te kla
Herinner hulle aan:
Die pasga, die eksodus, die wolk en die vuur, die manna, die leiers, die oorlog wat hy vir hulle geveg het

Hoe tree God op?

Hoekom het God hulle nie gestraf nie?
Hoekom het God hulle nie verwerp nie?
Hoekom dink ons dan God doen dit met ons?
God reik uit, hy roep, hy kom af en hy gee geleentheid om te luister

Wat verwag ons vanaf God, wat verwag God vanaf ons?

Ons verwag dat hy goeters vir ons moet gee, verwag hy dat ons goeters vir hom moet gee? (ek soek nie brandoffers nie - waarheen mik jy jou gebede?)
Hy gee wel vir ons wat ons nodig het om sy wil te kan doen (die eksodus)
Hy verbind homself aan ons en se vir ons dat hy ons sal versorg, sal beskerm en sal lei, wat verwag hy terug?
Dat ons reg sal doen
In liefde sal leef
Nederig saam Hom sal stap

Stilte

Waar doen jy verkeerd? (Waar is jy swak?)
Waar verwerp jy liefde?
Waar is jy hoogmoedig?
Related Media
See more
Related Sermons
See more