JUBEL

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 25 views
Notes
Transcript

Gen 4:21

Genesis 4:21 DIEBYBEL:A19331953
21 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.

Die betekenis van JUBAL

Gejubel - Op vrolike wyse uiting gee aan aan vreugde - uitbundig juig.
Psalm 33:1 DIEBYBEL:A19331953
1 O REGVERDIGES, jubel in die Here! ’n Loflied betaam die opregtes.

Verskillende jubel woorde:

Jubel dag ; Jubel geskil; Jubeling; Jubel klank; Jubellied; Jubel psalm; Jubel sang; Jubel toon; Jubel kreet
Psalm 66:1 DIEBYBEL:A19331953
1 VIR die musiekleier. ’n Lied. ’n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!
Jubel fees - Na 50 Laar om ‘n gedenkfees te vier
Jubel jaar - Dit is die jaar waarin die jubelfees val
Die Israeliete moes ook die grond na elke 50ste jaar laat rus, die skulde was kwytgeskeld, Hulle het van hulle grond terug ontvang, Hulle was vrygelaat as hulle in mede Israeliete se diens as slawe was, ens
Die woord beskryf die uitsonderlike gevoel van blydskap, vreugde, vrede, liefde, lankmoedigheid, goedheid, guns, in ‘n diepe verhouding met jou Skepper, Vader en Here.
Jy kan nie in God se teenwoordigheid vertoef en onveranderd daaruit stap nie - Daar sal defnitief ‘n ABSOLUTE verandering in jou plaasvind - hoe gering ook al.
So kom ons jubel en PRYS die naam van die Here saam
AMEN
Die woord JUBEL wor 62 keer in die Bybel na verwys
Related Media
See more
Related Sermons
See more