STRUIKELBLOKKE IN JOU VERHOUDING MET GOD

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 43 views
Notes
Transcript

1. OM DIE MERK TE MIS

A. Vervreemding in die wêreld

• Alhoewel die samelewing in en vir liefde geskape is - is dit ‘n groot arena vir die vervreemding en vir vrees.
• Maak maar net enige koerant oop - of kyk net na die nuus dan sal julle verstaan wat ek bedoel met hierdie stelling - dit is voor ons oë - ons kan dit nie miskyk nie.

B. Vervreemding in ons

• Alhoewel ons na die beeld van God geskape is, kom ons agter dat ons die merk heeltemal mis -
(Rom 3:23 AOV)
want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
• Die hindernisse teen God se GENADE wat werkend in die wêreld is, is ook werkend teen ons - as kinders van die Here.
• Paulus het dit ondervind
Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
• Petrus het Jesus liefgehad en wou Hom volg met alles in hom
Mat 26:75 En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
• Op subtiele wyse ignoreer ons almal die sentrale verhouding in ons lewens - die wortel van al ons verhoudings - ons verhouding met die Here Jesus Christus.
• Hindernisse tot genade beinvloed almal van ons - dit is die goed - alles - wat ons weghou van ons verhouding met God - dit is alles wat tussen ons en God kom.

C. Sonde is enige hindernis met ons verhouding met God.

• Die Griekse woord vir sonde is - "hermatia" - dit is ‘n boogskutters term wat "om die merk of die teiken te mis" beteken.
• Sonde is enige iets wat ons weerhou van ‘n persoonlike verhouding met God - of wat ek aan meer tyd spandeer as met God - goed wat my weghou van God.
• Enige iets wat ons van God of van ons medemens verwyder.

2. DRIE STRUIKELBLOKKE - HEKKIES - TOT ONS GROEI IN GOD - DRIE MANIERE WAT ONS DIE MERK OF TEIKEN MIS.

A. Die eerste Struikelblok - Ongeloof - om nie te glo nie

• Ongeloof is ‘n groot struikelblok vir kinders van God - voor en nadat hulle tot bekering gekom het.
• Om net in God te glo is nie genoeg nie - selfs die duiwels glo in God en hulle sidder.
Jak 2:19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
• Om in God te glo is om vir God te lewe - om God te vertrou en vir wat Hy sê en vir wie God werklik is.
• Adam en Eva het geglo dat God bestaan - maar hulle het nie geglo dat God vertrou kan word nie.
Gen 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Gen 3:2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
Gen 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
• Jesus se grootste probleme wat Hy hier op aarde gehad het was nie met en van die ongelowiges nie - dit was met en van die gelowiges wat nie in God se genade vertrou en geglo het nie.
 Die mees algemene form van ongeloof is om nie te glo dat God ons liefhet nie
• Somtyds voel ons waardeloos - dat niemand vir ons omgee of vir ons lief is nie - somtyds voel ons of daar hoegenaamd geen rede meer oor is om te lewe nie.
• Somtyds voel ons dat God se glimlag en voorspoed net vir die persoon langs ons is en nie vir my nie
• Maar ons moet beseg dat God ons eerste liefgehad het en dat Hy jou by die naam geroep het - dat Hy sy Seun vir jou gestuur het wat vir jou sondes gesterf het
 Nog ‘n ander vorm van ongeloof is dat ons glo dat God ons nie vergewe het van ons verlede nie.
• Ons veroordeel onsself vir die dinge wat gebeur het in die verlede
• Ons wil onsself nie vergewe nie - dan dink ons en neem ons aan dat God ons ook nie kan of wil vergewe nie.
• Ons moet verstaan dat God Groter is as ons harte
1Jn 3:19 En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel,
1Jn 3:20 want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.
• Die vraag is nou
• Wat moet God doen om jou te oortuig dat Hy lief is vir jou - net soos jy is - God het jou al jou oortredinge vergewe - en Hy aanvaar jou en vergewe jou net soos jy is - maar Hy laat staan jou nie net soos jy is nie.
Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

B. Die tweede struikelblok - AFGODERY of AFGODE DIENS

• Ons weet almal wat afgode is - brei hier uit ..................
• Wie of wat is in beheer van jou lewe - waaraan en aan wie spandeer jy die meeste tyd van jou lewe.
• God verlang dat ons moet vry wees van valse afhanklikheid - Hy verlang dat ons as Sy kinders deur niks en niemand anders beheer word as Sy ewige LIEFDE nie.
2Co 5:14 Want die liefde van Christus dring ons,
2Co 5:15 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

C. Die DERDE struikelblok - selfgesentreerdheid - lewe net vir jouself

• Ons sien net onsself - ons dink net aan ons eie behoeftes - ons konsentreer net op ons eie gevoelens.
• Ons sien nie ander mense nie - ons sien nie hulle behoeftes raak nie - ons neem ook nie hulle gevoelens in ag nie.
• Ons voel te na gekom wanneer daar aan ander mense goed gedoen word - of wanneer daar goeie dinge met ander mense gebeur.

3. GRACE TO EVERCOME OBSTACLES - GENADE OM HIERDIE SRUIKELBLOKKE TE OORKOM

God verlang van ons om saam met Christus werk om hierdie struikelblokke in ons lewens baas te raak - God stel ons in staat om daagliks in Christus hierdie dinge af te sterf en weer in Christus weer gebore te word as oorwinnaars oor die sonde inons lewens.

KOM ONS KYK WAARVOOR DIE LETTERS G - R - A - C- E STAAN

A. G - Go to God - gaan na God toe

• Wees eerlik met God omtrent die struikelblokke wat daar in jou lewe is
• Erken die invloed wat hierdie struikelblokke op jou lewe het
• God sal nie geskok of verras wees nie
• God wil jou graag in Sy genade aanvaar, vergewe en restoreer.
• Kinders van God se lewens is ‘n daaglikse afsterwe en wedergeboorte in Christus.
• Gebed plaas God weer aan die senter van ons lewens

B. R - Remember who you really are - onthou wie jy werklik is

• Jy is nie wie ander mense sê jy is nie
• Jy is nie so sleg soos jou voute of so goed soos jou sukses nie
• Jy het nie nodig om jou waarde te maak of te bepaal nie - God gee vir jou waarde
• Jy behoort aan God en aan God alleen.
• Jy is ‘n seun of dogter van God
Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

C. A - ask - vra vir die hulp om te verander

• Moe nie jouself mislei en dink jy sal daardie struikelblok self die volgende keer oorkom nie - jy sal maar net harder moet probeer nie - alles uit jouself nie
• Vra vir God vir die Krag en Deursettingsvermoë om hierdie struikelblokke te oorkom en te oorwin - jy sal dit nie uit jou eie krag kan doen nie.
• Vra vir God vir die krag om te verander - die sterkte om lief te hê - die deursetting in Genade
• Dan moet jy in geloof opstaan en hierdie dinge aanpak

D. C - connect - raak betrokke by Christelike aktiwiteite

• Moet nie eers probeer om hierdie geveg alleen te veg nie
• God gee vir ons ander boeties en sussies - soek iemand wat jou geloof en jou behoefte deel om God die middelpunt van jou bestaan te maak
• Ondersteun mekaar - en help mekaar om deur hierdie omstandighede te werk

E. E - embrace God's vision for you life - neem God se visie vir jou lewe aan en aanvaar dit

• God se doel vir jou stel alles in die regter perspektief
• Beur vooruit in die visie van God en in die volheid van Sy genade
• Wanneer jy val - staan dan op in die genade van God en gaan verder
• Onthou - dit is nie hoe jy val nie maar met watter gesindheid jy val en hoe jy opstaan
• Weet net dat God jou sal onderhou so lank as wat jy in die geloof wandel

Afsluiting

Sonde en Genade
• Dit is die twee belangrikste realiteite in ons lewens
• Sonde verwoes ons lewens en breek ons uitmekaar uit
• Genade herstel daardie verwoesting
• Genade herenig ons weer met God
• Ons kan enige struikelblok na sonde oorkom met Christus - want ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee
• Daar is altyd meer GENADE in God as wat daar SONDE in ons lewens is
Rom 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;
Rom 5:21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
• Daar is geen ding wat ons kan doen - of geen sonde wat ons kan skei van die liefde van Christus nie
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Rom 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

UITNODIGING

• Met watter van hierdie struikelblokke kan jy jouself identifiseer - of is daar miskien ander struikelblokke wat jou vashou
• In watter aspek van jou lewe kan jy ook soos Paulus sê dat die goeie dinge wat ek graag wil doen dit kan ek nie maar die slegte dinge wat ek nie wil doen nie dit doen ek
• Wat sal jou help om saam met Christus hierdie sonde in jou lewe te oorkom

AMEN

Related Media
See more
Related Sermons
See more