DIE DRIE KRUISE

Paasfees VRYDAG  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 43 views
Notes
Transcript
SKRIFGEDEELTE:
Luk 23:39-43 AOV
(39) En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
(40) Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —
(41) ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
(42) En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
(43) En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
Inleiding:
Ek wil graag stilstaan by die drie kruise wat verteenwoordig word met die kruisiging van Jesus Christus
In Joh 19:18 AOV word ons vertel:
(18) waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.

I. DIE KRUIS VAN VERWERPING

· In Lukas 23:39 lees ons dat een van die misdadigers wat saam met Jesus gekruisig is sê: as U die Christus is, verlos Uself en vir ons
Ek wil vir u ‘n paar dinge van hierdie skobbejak aan u voorhou:
· Hy het geen erkentenis van skuld nie
· Hy stel ook glad nie daarin belang om te erken dat hy skuldig en verkeerd is nie
· Hy het net wêreldse berou -
· Hy is net bitter ongelukkig omdat hy gevang is
· Maw hy is nie spyt dat hy vir God verwerp nie – dat hy teenoor God gesondig het nie
· NEE, hy is net jammer dat hy gevang is – hy is glad nie bedroef nie
Die Bybel verduidelik aan on swat is die end resultaat van wêreldse droefheis
2Co 7:10 AOV
(10) Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.
Jas 1:15 AOV
(15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Rom 6:23 AOV
(23) Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
· Hier is nou ‘n man wat maai wat he gesaai het
Hierdie man het sy hele lewe lank net in die flees gesaai: Gal 6:8 AOV
(8) Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
Volgende moet ons let op die man se skeptisism en ongeloof
· Hy sê: As U die Christus – verlosser – is..
· Hierdie woorde is die woorde van die Duiwel: Matt. 4:3: As U die Seun van God is bevel hierdie klippe om brood te word
· In Gen. 3:1 sê die Duiwel ook – is di took so dat God gesê het….
· Onthou – waarookal jy skeptisism en twyfel het oor wat God gesê het – sal jy vind dat die Duiwel daaragter sit – hy is die vader van die leuens en van verwarring
· Hy wil hê die mense moet die Woord van God in twyfel trek – veral van verlossing
· Sodat hulle in die poel van vuur saam met hom gewerp kan word
· Mense wat hulle eie lewe neem – wat veral deel was van die Groep “heavens gate” wat almal selfmoord gepeeg het – mense soos daardie sal in die Hel beland
Die volgende punt wat hier genome kan word is ‘n gebrek aan nederigheid – trots
· Die dief wat langs Jesus gehang het het himself skuldig gemaak aan trots en hoogmoed – daarom het hy met Jesus gespot
Jas 4:6 AOV
(6) Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
· Die met die gedagte dat hulle God nie nodig het nie – hulle kan alles self doen en vermag
· Hierdie dief moes na God gekeer het en dan sou hy genade en barmhartigheid ontvang het
Psa 103:8 AOV
(8) Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
· Hy het geen berou gehad of skuldig gevoel nie
· Hy het nie in die Seun van God geglo nie
· Hy het geen nederigheid gehad as gevolg van toestand waarin hy verkeer het nie
· Hy was op pad hel toe – dit is die plek waarvoor hy bestem is – hy het sy keuses gemaak – vandat hy sy laaste asem 2000 jaar terug uitgeblaas het sit hy in die voorportaal van die hel – maar met die verskil – hy glo nou aan God en daar is niks wat hy nou daaraan kan doen nie

II. DIE TWEEDE KRUIS IS DIE KRUIS VAN ONTVANGS OF AANVAARDING

· In vers 40 erken die tweede misdadiger vir Jesus as die Seun van God
· Want hy vra vir die ander een – vrees jy nie vir God nie
· Die Bybel leer vir ons dat die Vrees vir die Here diebegin is van Wysheid
· Hy het geweet dat God sy lot sal bepaal
· Hy weet dat God die een is wat sal oordeel
· Die tweede ding wat hy besef het is dat hy vrdoem was met geen aardse uitweg nie
· Die derde ding wat hy doen is om sy sonde te beken – vers 41 – ons ontvang ons verdiende loon
· Om jou sondes te erken en te bely is die eerste stappie na verlossing
· As jy nie jouself sien as ‘n sondaar nie is dit nie nodig om gered te word nie – waarvan moet jy da nook gered word as jy niks verkeerds gedoen het nie
· Dit is ook dan hoekom die fariseers nie hulle sondes bely het nie en ook nie onder die doop van Johannes tot bekering gekom het nie
· Vandag is daar nog baoe mense wat in hierdie leuen vasgevang is
· Ons sit ons vertroue in ander dinge en nie in die kosbare bloed van Jesus nie
· Hy sê eintlik da thy weet da thy skuldig is aan die misdade waarvoor hy aangekla is en dat hyself vir antwoordelik is vir die situasie waarin hy hom tans bevind
· Hy het besef dat die persoon langs hom sonder enige sonde is
· Wat ons hier sien is die stappe van iemand wat gered word
· Daar is nog net een ding oor om te doen – en dit is om die Naam van die Here groot te maak
· In vers 42: dink aan my Here, wanneer U in U Koningkryk kom
· Hier erken hy vir Jesus as die Seun van God – dink aan my HERE
· Die Bybel leer vir ons dat die een wat die Naam van die Here aanroep hy sal gered word – en dit is presies wat hierdie misdadiger gedoen het

III. DIE DERDE KRUIS IS DIE KRUIS VAN VERLOSSING

· Ons is almal sondaars – ons moet daagliks ons sondes bely
· Want as ons dit doen – Hy is getrou en regverdig om ons te vergewe
· Jesus sê vir die tweede misdadiger –“voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met my in die paradys wees
· Dit is die GOEIE NUUS – die BLYE BOODSKAP
· Wys vir my enige ander geloof in die wêreld wat verklaar dat jy net jou sondes moet bely en in die gestorte bloed van Jesus moet vertrou dan sal jy gered word – daar is nie nog so ‘n Godsdiens nie
· En dit is wat Jesus vir ons aan die kruis kom doen het – Sy bloed het gestort vir jou sondes – sodat jy daardeur gered kan word
· Gered kan word van die HEL – die ewige DOOD – en nou die EWIGE LEWE kan geerwe
· Dit is wat Jesus vir ons gedoen het
EK SLUIT AF
Jou ewigheid maak staat op die besluit wat jy vanoggend gaan neem
Die Hemel of die Hel
Verwerping van die kruis of aanvaarding en aanneming van die kruis
Verwerping sal lei na die poel van vuur waar jy ‘n ewigheid sal deurbring – verduidelik die konsep EWIGHEID
Aanvaarding en dieontvangs van die blye boodskap sal jou laat opeindig in die hemel
As jy nog nooit die Here gevra het om jou te onthou nie – wil jy dit nie nou doen nie
Die Hemel wag vir jou
Al wat jy moet maak is om te vra om deur die kosbare bloed van jesus gereinig te word – van die man wat aan die kruis vir jou gesterf het – die Seun van God
Related Media
See more
Related Sermons
See more