Die Karakter van Dawid

Psalm 23   •  Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 19 views

Dawid, hoewel nie volmaak nie, word uitgebeeld as 'n man en 'n koning na God se hart.

Notes
Transcript

Dawid se voorkoms en eienskappe

1 Samuel 16:18 DIEBYBEL:A19331953
18 En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het ’n seun van Ísai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is ’n dapper held en ’n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die Here is met hom.

Dawid se eienskappe

Sy afhanklikheid van God

1 Samuel 13:14 DIEBYBEL:A19331953
14 Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie. Die Here het vir Hom ’n man na sy hart gesoek; en die Here het hom as vors oor sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat die Here jou beveel het nie.

Sy vertroue in God

1 Samuel 17:34–37 DIEBYBEL:A19331953
34 Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar ’n leeu of ’n beer kom en ’n stuk kleinvee uit die trop wegdra, 35 dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood. 36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het. 37 Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!

Sy lojaliteit aan ander

1 Samuel 20:41–42 DIEBYBEL:A19331953
41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het. 42 En Jónatan sê vir Dawid: Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van die Here gesweer en gesê het: Die Here sal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd. 43 Daarna het hy opgestaan en weggegaan, maar Jónatan het die stad in geloop.

Sy respek vir die gesaghebbendes

1 Samuel 24:1–7 DIEBYBEL:A19331953
2 En net toe Saul terugkom agter die Filistyne vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die woestyn van Éngedi. 3 Daarop het Saul drieduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor die Steenbokrotse. 4 Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar ’n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit. 5 En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat die Here aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af. 6 Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het, 7 en hy het aan sy manne gesê: Mag die Here my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die Here, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die Here. 8 En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.

Sy diepe menslikheid is duidelik in sy vaderlike hartseer

2 Samuel 18:32–33 DIEBYBEL:A19331953
32 En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê: Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met dié jongman! 33 Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en só gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!

Dawid se vermoëns

Hy was 'n strateeg en moedige bevelvoerder

2 Samuel 8:3–6 DIEBYBEL:A19331953
3 Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel. 4 En Dawid het van hom duisend-sewehonderd perderuiters afgeneem en twintigduisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly. 5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan. 6 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

Dawid se sonde en belydenis

Sy hoerrery met Batseba en sy moord op Uria

Sy belydenis

Related Media
See more
Related Sermons
See more