DIE OPSTANDING

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 1 view
Notes
Transcript

Matthew 28:1–8 DIEBYBEL:A19331953
1 EN laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk. 2 En daar kom ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. 3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu. 4 En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword. 5 Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; 7 en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. 8 En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
Mark 16:1–8 DIEBYBEL:A19331953
1 EN toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf. 2 En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf. 3 En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol? 4 En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot. 5 En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle ’n jongman, met ’n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik. 6 En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het. 7 Maar gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het. 8 Toe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.
Luke 24:1–12 (DIEBYBEL:A19331953)
1 EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
4 En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan twee manne by hulle in blink klere.
5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:
7 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.
8 En hulle het sy woorde onthou.
9 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.
John 20:1–18 DIEBYBEL:A19331953
1 EN op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was. 2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. 3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf. 4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom. 5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie. 6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê; 7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik. 8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo. 9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie. 10 En die dissipels het weer huis toe gegaan. 11 MAAR Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe 12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het. 13 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. 14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie. 15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem. 16 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester. 17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. 18 Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.
Romans 6:5 DIEBYBEL:A19331953
5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
Related Media
See more
Related Sermons
See more