DIT SAL VERBYGAAN

NUWE JAAR  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 32 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
1 Thessalonisense 3:4 (KJV 1900)
1 Thessalonisense 3:4 (KJV 1900)
4 For verily, when we were with you, we told you before that we should suffer tribulation; even as it came to pass, and ye know.
1 Thessalonisense 3:4 (Die Lewende Bybel)
4 Destyds toe ons nog by julle was, het ons julle vooraf gewaarsku dat ons verdruk sal word, en soos julle weet, het dit toe ook gebeur.
1 Thessalonisense 3:4 (Afrikaanse Ou Vertaling)
4 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.
1 Thessalonisense 3:4 (The Message)
4 When we were with you, we made it quite clear that there was trouble ahead. And now that it’s happened, you know what it’s like.
γίνομαιd; ἐπιγίνομαι: to happen, with the implication that what happens is different from a previous state—‘to happen, to occur, to come to be.[1]
Among the Greeks the comparison of life with the wheel which in its turning brings the bottom to the top and vice versa is often found in proverbial sayings.7[2]
1. “come to pass” “Kom om verby te gaan” egéneto. Kom voor 82 keer in die bybel
Ons kry ook die woord in Genesis Hierdie woord wys op iets wat begin.
Jakobus praat van ons hele lewe lank. Dus ‘n tydspan.
Jakobus 3:6 (Die Lewende Bybel)
........ Die tong is ’n vuur wat uit die hel aan die brand gesteek word, en daardie vuur kan ook ons hele lewe van begin tot end aan die brand steek.
This phrase is a technical one in Orphic teaching (cf. also Philo), but there the idea is that of the recurrence of birth and death.
The saying in James is closer to the popular idea of the inversion of things which can even be said to bring burning pain.
udaism also speaks about the world as a wheel, although this saying, which is probably the source of the statement in James, itself seems to have been taken from popular Greek sayings about the uncertainty of fortune.[3]
Judaism also speaks about the world as a wheel, although this saying, which is probably the source of the statement in James, itself seems to have been taken from popular Greek sayings about the uncertainty of fortune.[3]
to happen, with the implication that what happens is different from a previous state—‘to happen, to occur, to come to be.’[4]
Illustrasie:
Illustrasie:
Baie keer wanneer jy by jou motor kom en die wiel is pap sal iemand sê: “Gelukkig is hy net aan die onderkant pap”
Gebeurtenis by Steelpoort toe ek moes rem vir ‘n kind op die pad. Die bande was heeltemal weggeslyt en moes vervang word.
Een ding is absoluut seker en dit is dat die wiel altyd draai. Wat onder is sal weer altyd bo uitkom.
κινέωa; γίνομαιe: to make a change of location in space (a highly generic meaning)—‘to move, to come, to go.’
κινέωa: ἐν αὐτῷ γὰρ ζῶμεν καὶ κινούμεθα καὶ ἐσμέν ‘in him we live, move about, and exist’ . A strictly literal translation of κινέω in might imply merely moving from one place to another.
The meaning, however, is generalized movement and activity; therefore, it may be possible to translate κινούμεθα as ‘we come and go’ or ‘we move about’ or even ‘we do what we do.’[5]
Handelinge 17:28 (Afrikaanse Ou Vertaling)
28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
Handelinge 17:28 (The Message)
28 We live and move in him, can’t get away from him! One of your poets said it well: ‘We’re the God-created.’
Die afleiding wat ons maak is dat die Christene mens se lewe is Wordend, ‘n proses van gebeure waarin God in beheer is.
1 Petrus 1:6–7 (Die Lewende Bybel)
6 Julle moet bly wees oor wat vir julle voorlê, al vind God dit nodig om julle nou vir ’n tydjie hartseer te maak met al die moeilikhede waarmee Hy julle op die proef stel.
7 Onthou hoe daar met goud gewerk word. Goud is iets wat uiteindelik sal vergaan, en tog doen mense die moeite om dit in die vuur te smelt om vuiligheid daaruit te verwyder. Julle geloof is baie meer werd as goud. Daarom word dit ook op die proef gestel. As dit deur die toets gegaan het, sal julle eendag geprys word en eer ontvang as ons weer vir Jesus Christus sien.
2. ‘N STERK GELOOF BRING STANDVASTIGHEID
Jakobus 1:2–4 (Die Lewende Bybel)
2 Broers, as die moeilikhede van alle kante af op julle toesak, moet julle bly wees daaroor.
3 Julle het al geleer dat dit julle standvastig maak as julle geloof op hierdie manier getoets word en julle die toets slaag.
4 Hierdie standvastigheid moet toegelaat word om ten volle te ontwikkel sodat julle beproefde en afgeronde Christene kan wees sonder gebreke.
3. IN MOEILIKHEID LEER ONS GEDULD
Romeine 5:3–4 (Die Lewende Bybel)
3 Maar dit is nie al waaroor ons bly is nie. Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat moeilikheid ’n mens leer om geduldig te wees.
4 As ons geduldig is wanneer ons ly, gee dit ons standvastigheid van karakter, en as ons standvastig bly, het ons ’n vooruitsig wat baie seker is.
4. MET GOD SE KRAG SAL ONS OORWIN
1 Korintiërs 10:13 (Die Lewende Bybel)
13 Die versoekings wat julle teëgekom het, is nie anders as die wat ander mense ook ondervind nie. Maar God sal doen wat Hy beloof het. Hy sal sorg dat die versoeking nie so sterk word dat julle nie daarvoor kan “nee” sê nie. As die versoeking kom, sal Hy julle wys hoe om daarvan los te kom en Hy sal julle krag gee om dit te verdra.
5. GODGEGEWE LYDING DUUR NOOIT LANK
1 Petrus 5:10 (Die Lewende Bybel)
10 God, van wie al die genade kom, het julle geroep om deel te hê aan sy ewige eer omdat julle aan Christus verbind is. Hierdie lyding wat julle nou moet deurmaak, sal nie lank duur nie. As julle daar deur is, sal God julle weer nuwe krag gee en julle standvastig maak sodat julle nie sal struikel nie.
6. AS JY HOM DIEN SAL HY JOU RED
2 Petrus 2:9 (Die Lewende Bybel)
9 Net so kan die Here vandag nog die wat Hom dien uit die versoekings red, maar die wat aan Hom ongehoorsaam is, hou Hy onder straf tot die dag wanneer Hy hulle sal oordeel.
7. GOD SAL AANHOU DOEN WAT HY BELOOF HET
1 Petrus 4:19 (Die Lewende Bybel)
19 As iemand dan swaarkry omdat God dit so wil hê, moet hy sy lewe gee aan God wat hom gemaak het en hy moet aanhou om te doen wat reg is. God sal sekerlik doen wat Hy belowe het
8. HY SAL ENGELE AANGAANDE JOU OPDRAG GEE
2 Konings 6:15–17 (Die Lewende Bybel)
15 Die volgende oggend toe die profeet se kneg opstaan en uitgaan, sien hy die hele leër met oorlogswaens en perde om die stad. “Ag, Meneer, wat gaan ons nou doen?” vra hy.
16 Maar Elisa sê vir hom: “Jy hoef nie bang te wees nie—daar is meer aan ons kant as wat daar aan hulle kant is.”
17 Elisa bid toe: “Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien.” Die Here maak toe die man se oë oop en meteens sien hy dat die hele berg om Elisa vol is van oorlogswaens en perde wat heeltemal uit vlamme bestaan het.
9. DIT IS GOD SE KRAG EN NIE MYNE NIE
2 Korintiërs 4:7–9 (Die Lewende Bybel)
7 Die wonderlike krag wat deur my werk, is God se krag en nie myne nie. Ek is soos ’n eenvoudige erdepot waarin daar iets baie kosbaars gesit is.
8 Van alle kante af sak moeilikhede op my toe, maar hulle druk my nie plat nie. Ek verstaan nie altyd waarom dinge gebeur nie, maar dit maak my nie moedeloos nie.
9 Daar is mense wat my vervolg, maar ek staan nie alleen nie—die Here is by my. Partymaal is ek platgeslaan, maar ek gaan weer aan.
10. ALLES WERK TEN GOEDE MEE
Romeine 8:28 (Die Lewende Bybel)
28 Ons weet dat God alles wat gebeur, laat saamwerk tot ons voordeel as ons Hom liefhet, want God het ons geroep omdat Hy vooraf so besluit het.
The means through which the genuineness of faith is proved and Christian character developed. God promises to help his people during times of testing.
God allows faith to be tested
Testing proves the genuineness of faith
1 Petrus 1:6–7 (AFRIKAAN) — 6 Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7 sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.
See also
(AFRIKAAN) — 20 Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21 Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig.
Testing develops Christian character
(AFRIKAAN) — 2 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3 want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4 En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.
See also
(AFRIKAAN) — 3 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4 en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop;
Testing purifies God’s people
(AFRIKAAN) — 10 Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer gelouter word nie, Ek het jou gelouter in die smeltkroes van ellende.
See also ; ; ; ;
(AFRIKAAN) — 10 U het ons beproef, o God, ons gelouter soos silwer; 11 U het ons in ’n net gevang, ’n swaar las op ons gelê; 12 U het ons deur mense laat vertrap, ons het deur vuur en water gegaan; maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.
(AFRIKAAN) — 7 Daarom, so sê die Here die Almagtige, sal Ek hulle deur die smeltkroes laat gaan. Hoe kan Ek anders maak met my volk?
(AFRIKAAN) — 9 en dié derde sal Ek met vuur louter soos silwer gelouter word. Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word. Hulle sal My aanroep, en Ek sal hulle gebede verhoor. Ek sal sê: “Hulle is my volk.” En hulle sal sê: “Die Here is ons God.
(AFRIKAAN) — 2 Maar wie kan die koms van dié Engel verdra, wie kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy is soos die vuur van die smelters en soos die seep van die wassers. 3 Soos iemand wat silwer smelt en suiwer, so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te suiwer, om hulle te louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here ’n offer kan bring wat bestaan uit regdoen.
1 Petrus 4:17 (AFRIKAAN) — 17 Die tyd vir die oordeel het aangebreek; dit begin by die huis van God. En as ook ons geoordeel word, en dit is nog maar die begin, wat sal die uiteinde dan wees van hulle wat nie na die evangelie van God wou luister nie?
Examples of God testing faith
Abraham is told to sacrifice Isaac:
;
(AFRIKAAN) — 1 ’n Ruk na die vorige gebeurtenisse het God vir Abraham op die proef gestel en vir hom gesê: “Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 2 God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.”
(AFRIKAAN) — 17 Omdat Abraham geglo het, het hy, toe hy op die proef gestel is, Isak as offer afgestaan. Ja, hy wat die belofte ontvang het en aan wie gesê is: “Uit Isak sal jou nageslag gebore word,” het gereed gestaan om sy enigste seun te offer. 19 Hy was daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek, waaruit Abraham vir Isak ook, om dit so te stel, terug ontvang het.
God tested Israel in the desert; God reduces Gideon’s army; Jesus Christ appears to discourage the Canaanite woman; Jesus Christ delays going to Bethany when Lazarus is ill.
(AFRIKAAN) — 2 “Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie. 3 Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, iets waarmee nóg jy nóg jou voorvaders bekend was. Hy het dit gedoen om jou te leer dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom. 4 Jou klere het in die veertig jaar nie verslyt nie, en jou voete het nie geswel nie. 5 Jy moet diep in jou hart weet: soos ’n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God vir jou dissipline geleer.
(AFRIKAAN) — 1 Jerubbaäl, dit is Gideon, en al sy manne het vroegmôre klaargemaak en kamp opgeslaan by En-Garod. Die kamp van Midian was noord van Gideon s’n, in die vlakte by Waarsêershoogte. 2 Die Here het vir Gideon gesê: “Ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie. Israel sal teenoor My spog en sê: ‘Ek het myself gered.’3 Jy moet vir die manskappe sê dié wat bewe en bang is, moet omdraai en van Gileadberg af padgee. Al die manskappe moet dit kan hoor.” Twee en twintig duisend man het toe van die leër af padgegee en tien duisend het oorgebly. 4 Toe sê die Here vir Gideon: “Daar is nog te veel. Vat hulle af water toe, en daar sal Ek hulle vir jou sif. As Ek vir jou sê: ‘Hierdie een moet saamgaan’, moet hy met jou saamgaan, maar elkeen van wie Ek vir jou sê: ‘Hierdie een mag nie saamgaan nie’, hy mag nie met jou saamgaan nie.” 5 Toe het Gideon die manne afgevat water toe en daar het die Here vir hom gesê: “Elkeen wat water drink soos ’n hond dit met sy tong oplek, moet jy skei van dié wat kniel om te drink.” 6 Drie honderd het die water met die hand opgeskep. Die res het gekniel om te drink. 7 Toe sê die Here vir Gideon: “Ek sal julle red met die drie honderd man wat die water opgeskep het. Ek sal vir Midian in jou mag oorgee. Die ander moet almal huis toe gaan.” 8 Gideon-hulle het al die kos en die ramshorings gevat en toe het hy die ander almal huis toe gestuur. Hy het net die drie honderd by hom gehou. Die kamp van die Midianiete was teenoor hom in die vlakte.
(AFRIKAAN) — 21 Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek. 22 ’n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van ’n bose gees, en dit gaan sleg.” 23 Maar Hy het haar niks geantwoord nie. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.” 24 Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.” 25 Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!” 26 Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.” 27 “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.” 28 “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond
(AFRIKAAN) — 1 ’n Man met die naam Lasarus was siek. Hy was van Betanië, die dorp waar Maria en haar suster Marta gewoon het. 2 Maria was die vrou wat met reukolie die Here gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het. Dit was haar broer Lasarus wat siek was. 3 Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, hy vir wie U lief is, is siek.” 4 Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.” 5 Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad. 6 Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.
Means by which faith is tested
God allows Satan to test faith
(AFRIKAAN) — 7 Die Satan het van die Here af weggegaan en vir Job met pynlike swere getref, van sy kop tot sy tone.
See also ; ;
(AFRIKAAN) — 31 “Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif.
1 Thessalonisense 3:4–5 (AFRIKAAN) — 4 Toe ons nog by julle was, het ons julle al gewaarsku dat ons vervolg sal word, en soos julle weet, het dit ook gebeur. 5 Toe ek dus nie langer kon uithou nie, het ek vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof staan: of die verleier julle nie reeds verlei het en al ons harde werk dalk op niks uitgeloop het nie.
(AFRIKAAN) — 10 Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.
Difficult circumstances test faith
; ; ; ;
(AFRIKAAN) — 17 In dié tyd het die vrou, die eienares van die huis, se seuntjie siek geword. Hy het al hoe sieker geword totdat hy die laaste asem uitgeblaas het. 18 Toe sê sy vir Elia: “Kyk wat het u my aangedoen, man van God! Het u na my toe gekom om my sonde aan die lig te bring en my seuntjie daarom te laat doodgaan?”
(AFRIKAAN) — 1 ’n Vrou van ’n profeet het haar nood by Elisa kom kla: “My man is dood. U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak.”
(AFRIKAAN) — 27 maar toe sy by die man van God op die berg kom, het sy aan sy voete vasgeklou. Toe Gehasi nader staan om haar weg te stoot, sê die man van God: “Los haar, sy is baie hartseer. Die Here het dit vir my verberg en vir my niks gesê nie.” 28 Sy sê toe vir hom: “Meneer, het ek van u ’n seun gevra? Het ek nie gesê: Moenie by my ’n valse hoop wek nie?”
Handelinge 14:22 (AFRIKAAN) — 22 Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. “Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom,” het hulle gesê.
(AFRIKAAN) — 25 drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek ’n dag en ’n nag in die oop see deurgebring. 26 Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. 27 Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.
Persecution tests faith
; ;
(AFRIKAAN) — 11 Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank. 12 Daniël se vyande het in sy huis ingestorm en hom daar gekry waar hy sy God aanbid en Hom om genade smeek. 13 Toe gaan hulle na die koning toe en hou die koninklike dekreet aan hom voor. “U het tog mos ’n dekreet uitgevaardig dat enigiemand wat gedurende dertig dae enige god of mens aanbid, behalwe vir u, U Majesteit, in ’n leeukuil gegooi moet word.” Die koning het geantwoord: “Ja, en dit staan vas. Dit is ’n onherroeplike wet, ’n wet van Mediërs en Perse.”
Handelinge 8:1–4 (AFRIKAAN) — 1 Ook Saulus het hierdie moord goedgekeur. Daardie dag het daar ’n hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin. Al die gelowiges behalwe die apostels is uitmekaar gejaag en verstrooi oor die gebiede van Judea en Samaria. 2 Godvresende mense het vir Stefanus begrawe en daar is baie oor hom gerou. 3 Saulus het die kerk probeer uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit.4 Die gelowiges wat uitmekaar gejaag is, het so ver as wat hulle gegaan het, die evangelie verkondig.
(AFRIKAAN) — 35 Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood. Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot ’n beter lewe deelagtig word. 36 Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. 37 Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. 38 Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe.
Discouraging people test faith
; ;
(AFRIKAAN) — 19 Toe sê die hoofadjudant vir hulle: “Sê vir Hiskia: So sê die groot koning van Assirië: Waarop berus hierdie vertroue van jou? 20 Jy dink woorde alleen is genoeg vir strategie en militêre mag. Op wie vertrou jy dat jy in opstand is teen my? 21 Jy vertrou op Egipte, op ’n versplinterde riet wat jou in die hand steek en jou seermaak as jy op hom leun. Dit is wat die farao, die koning van Egipte, beteken vir almal wat op hom vertrou. 22 En as julle vir my wil sê julle vertrou op die Here julle God, dit is mos Hy wie se hoogtes en altare Hiskia laat verwoes het toe hy vir Juda en Jerusalem gesê het: ‘Julle moet net by hierdie altaar in Jerusalem aanbid.’23 Wil jy ’n ooreenkoms aangaan met my koning, die koning van Assirië? Ek gee jou twee duisend perde: sal jy die ruiters vir hulle kan voorsien? 24 Hoe sal jy weerstand kan bied teen één goewerneur, één van my koning se onbelangrikste amptenare? En dan vertrou jy op Egipte vir strydwaens en perde! 25 Buitendien, ek het nie sonder die Here opgetrek teen hierdie plek om dit te verwoes nie; die Here het vir my gesê: Trek op teen daardie land en verwoes dit.”
(AFRIKAAN) — 35 Terwyl Jesus nog met die vrou praat, kom daar mense van die raadslid van die sinagoge se huis af en sê vir hom: “U dogter het gesterwe. Waarom val u nog ons Leermeester lastig?” 36 Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word, en Hy sê toe vir die raadslid van die sinagoge: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!”
(AFRIKAAN) — 40 Hulle het Hom uitgelag. Hy het almal beveel om uit te gaan. Hy het net die pa en die ma van die kindjie en die drie dissipels wat by Hom was, saamgeneem en in die kamer ingegaan waar die kindjie was.
God’s promise of help during testing
;
(AFRIKAAN) — 2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie,
(AFRIKAAN) — 32 Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”
See also ; ; ; ;
(AFRIKAAN) — 14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. 15 Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
(AFRIKAAN) — 13 Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.
(AFRIKAAN) — 7 selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ’n doring in die vlees gegee, ’n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. 8 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
1 Petrus 5:10 (AFRIKAAN) — 10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ’n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.
2 Petrus 2:9 (AFRIKAAN) — 9 Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou.
God’s help through the encouragement of others
1 Thessalonisense 3:2–3 (AFRIKAAN) — 2 Ons het vir Timoteus, ons broer en medewerker in diens van God, wat saam met ons die evangelie van Christus verkondig, na julle toe gestuur om julle in julle geloof te versterk en moed in te praat 3 sodat nie een van julle onder die vervolginge sou begin wankel nie. Dat ons ter wille van ons geloof vervolg sal word, staan vas. Dit weet julle.
See also
(AFRIKAAN) — 5 Toe ons in Masedonië gekom het, het ons geen rus of duurte gehad nie. Van alle kante was daar druk op ons: van buite onenigheid, van binne sorge. 6 Maar God wat die neerslagtiges opbeur, het ons ook opgebeur deur die koms van Titus, 7 en nie net deur sy koms nie, maar ook omdat julle hom opgebeur het. Hy het vertel van julle begeerte om ons te sien, en dat julle jammer is oor wat gebeur het en my nou ywerig verdedig. Dit alles het my nog blyer gemaak.
The response to trials
Rejoicing at sharing Jesus Christ’s suffering
1 Petrus 4:12–13 (AFRIKAAN) — 12 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. 13 Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.
Praying for God’s help
;
(AFRIKAAN) — 14 Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word
1 Petrus 4:19 (AFRIKAAN) — 19 Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen
Persevering
(AFRIKAAN) — 12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
See also ; ; ; ;
2 Thessalonisense 1:4 (AFRIKAAN) — 4 Daarom praat ons met trots van julle in al die gemeentes van God en vertel ons van julle volharding en geloof onder al die vervolging en lyding wat julle moet verduur.
(AFRIKAAN) — 1 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. 3 Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie
(AFRIKAAN) — 11 Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming
(AFRIKAAN) — 3 Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.
(AFRIKAAN) — 19 Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding en Ek weet dat julle nou ook meer doen as tevore.
Examples of faith victorious through testing
Abraham; Elisha’s servant; Job; Shadrach, Meshach and Abednego; the apostles; Stephen; Paul
(AFRIKAAN) — 9 Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar ’n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. 10 Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, 11 roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 12 Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.”
(AFRIKAAN) — 15 Die môre vroeg het die slaaf van die man van God opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy ’n leër rondom die stad, met perde en strydwaens. “Ag, Meneer!” sê die slaaf vir Elisa, “wat gaan ons nou maak?” 16 Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” 17 Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.
(AFRIKAAN) — 22 Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie
(AFRIKAAN) — 16 Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: “Ons hoef u nie hierop te antwoord nie. 17 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. 18 Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.” 19 Toe het Nebukadnesar wit geword van woede vir Sadrag, Mesag en Abednego en opdrag gegee dat die oond sewe maal warmer gemaak moet word as gewoonlik. 20 Daarna het hy van die sterkste manne in sy lyfwag beveel om vir Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die brandende oond te gooi. 21 Hulle is toe vasgebind en sommer met hulle hemde, broeke en kopdoeke, met al hulle klere, in die brandende oond gegooi. 22 Omdat die koning se opdrag so streng was, was die oond so verskriklik warm dat die manne wat vir Sadrag, Mesag en Abednego moes ingooi, deur die vlamme doodgebrand is. 23 Maar die drie manne, Sadrag, Mesag en Abednego, het vasgebind binne-in die brandende oond geval. 24 Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?” En hulle sê vir hom: “Dit is so, U Majesteit!” 25 Hy sê toe: “Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos ’n hemelwese!” 26 Toe het Nebukadnesar na die bek van die brandende oond toe gekom en geroep: “Sadrag, Mesag en Abednego, dienaars van die allerhoogste God, kom uit hierheen!” En Sadrag, Mesag en Abednego het uit die oond uitgekom. 27 Toe die goewerneurs-generaal, die goewerneurs, die administrateurs en die raadgewers van die koning nader kom, sien hulle aan die manne dat die vuur niks aan hulle liggame kon doen nie, dat hulle hare op hulle koppe nie eens geskroei was nie en dat hulle klere niks makeer nie; jy kon nie eens ruik dat hulle in die vuur was nie.
Handelinge 5:27–29 (AFRIKAAN) — 27 Hulle het hulle voor die Raad gebring, en die hoëpriester sê toe vir hulle: 28 “Het ons julle nie uitdruklik belet om die mense in hierdie Naam te leer nie? En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer! Boonop wil julle ons ook nog verantwoordelik hou vir hierdie man se dood.” 29 Petrus en die ander apostels het geantwoord: “’n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!
Handelinge 7:59–60 (AFRIKAAN) — 59 Terwyl hulle vir Stefanus stenig, het hy geroep: “Here Jesus, ontvang my gees!” 60 Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe
(AFRIKAAN) — 7 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. 8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; 9 ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.
[1] Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains, 1, p.160.
7 Hck., 162, n. 63 gives many illustrations from the Paroemiographi Graeci, I, p. 458, II, p. 87, 223, 695.
[2] Büchsel, F., 1964–. γίνομαι, γένεσις, γένος, γένημα, ἀπογίνομαι, παλιγγενεσία G. Kittel, G. W. Bromiley, & G. Friedrich, eds. Theological dictionary of the New Testament, 1, p.683.
[3] Kittel, G., Friedrich, G. & Bromiley, G.W., 1985. Theological Dictionary of the New Testament, p.118.
[4] Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains, 1, p.160.
[5] Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains, 1, p.181.
Related Media
See more
Related Sermons
See more