KOBUS BEGRAFNIS

BEGRAFNIS COLUMBUS  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 120 views
Notes
Transcript
1 Korintiërs 13:13 (Afrikaanse Ou Vertaling)
13 En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
Daar is drie dinge wat die ergste siekte nie van jou kan roof nie en dit is Geloof Hoop en Liefde
Die verhaal van Christopher Columbus. Sterf in Valladolid in Spanje in1506. Op die basis is daar ‘n leeu wat die inskripsie aanval en van die woorde wegvreet. Daar moet staan “No more beyond”. Dit was die Spaanse motto vir baie jare. Die leeu verwoes die “No”
Die verhaal van Christopher Columbus. Sterf in Valladolid in Spanje in1506. Op die basis is daar ‘n leeu wat die inskripsie aanval en van die woorde wegvreet. Daar moet staan “No more beyond”. Dit was die Spaanse motto vir baie jare. Die leeu verwoes die “No”
As jy Jesus ontmoet en aangeneem het word dit ook waar van jou lewe.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
15 Kosbaar is in die oë van die Here die dood van sy gunsgenote.
Op gegewe dag Het daar iets Kosbaars vir God en die hemel en ook vir ons op aarde gebeur.
Het jy al ‘n grade plegtigheid bygewoon. Wanneer studente aan die einde van ‘n akademiese loopbaan gekom het en die sertifikaat in sy hand geneem het. Harde werk is beloon.
So het Kobus ‘n pad geloop van Afdraandes en opdraandes. Hier op Naboom het hy gelewe en gewerk. In die meeste van ons huise is daar iets wat Kobus gebou het. In ons kombuis is die blad van ons kombuiskaste deur hom gedoen. En nog ander dinge Tafel waarby ons eet.
Hier het hy vriende gehad en was hy ‘n vriend vir baie
Kanker is ‘n dief wat mens beroof van Baie dinge. Van gesondheid. Van geluk. Van kosbare tyd. Ons kan baie dinge noem. Maar dit wat regtig saak maak is dat nooit hierdie 3 Belangrike dinge kon steel nie.
Dit kan beslis nie jou verhouding met Jesus roof of jou bestemming by God nie.
Wat is die dinge wat hy geweet het en graag nog met jou wou gedeel het vandag
A. GOD HET JOU LIEF
Johannes 3:16 (Afrikaanse Ou Vertaling)
16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
1. ONS WAS ALMAL SONDAARS
(Afrikaanse Ou Vertaling)
23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
2. NET JESUS KAN IN JOU PLEK STAAN.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
3. ONS HET DIE EWIGE LEWE
Johannes 14:6 (Afrikaanse Ou Vertaling)
6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Johannes 6:47 (Afrikaanse Ou Vertaling)
47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
4. OMDAT HY DIT GEWEET HET EN DAAROP GEREAGEER HET IS ONS VANDAG HIER OM SY LEWE EN STERWE TE VIER.
Filppense 1:23 (Afrikaanse Ou Vertaling)
23 Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;
Kobus kry volpunte. Hy het end bly glo in sy verlosser Jesus Christus. Hy het sy lewensdoel bereik.
B. DAAR IS HOOP
Hebreërs 11:1 (AFRIKAAN)
1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Daar is ‘n toekoms. Hoop is die plan van die gebou. Blou druk.
Johannes 14:1–3 (AFRIKAAN)
1 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.
2 In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.
3 En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
1. DAAR WAG LOON OP HULLE WAT GETROU IS..
Matteus 25:23 (AFRIKAAN)
23 Sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’
1 Korintiërs 15:50–55 (AFRIKAAN)
50 Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.
51 Kyk, ek maak ’n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.
52 By die laaste trompet sal dit in ’n oomblik, in ’n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word.
53 Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike.
54 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.”
55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”
1 Korintiërs 15:58 (AFRIKAAN)
58 Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie
2. JESUS IS DIE WAARBORG VAN HIERDIE HOOP
Johannes 11:23–25 (AFRIKAAN)
23 Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.”
24 Maar Marta sê vir Hom: “Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan.”
25 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;
3. LIEFDE
Jy is vandag hier omdat Kobus ‘n mens van liefde en omgee was.
Hy was lief vir Jesus, Vir sy kerk, vir Sy mense. Dit sal in jou lewe voortleef.
Wat sal ons op jou roudiens sê? Sal dit alles waar wees?
Het jy jou geleentheid aangegryp en is jy ‘n kind van God.
Johannes 1:12 (AFRIKAAN)
12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
Hoe fantasties. Jy gaan uit jou liggaam. Dan is jy by Jesus. Jy is volmaak. Sonder siekte en pyn.. sonder trane, sonder smart en ellende.
Kobus se lewe het nou eers begin. Hy sal vir jou sê. Moenie oor my bekommerd wees nie. Wees bekommerd oor die wat nog in aardse liggaam leef.
Johannes 14:6 (AFRIKAAN)
6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more