Jesus se gesonde humeur

Dagbreek   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 85 views
Notes
Transcript
Gesonde humeur sonder om iemand skade te berokken is ‘n goddelike gawe wat ons versterk om braaf teen boosheid te staan.
Gesonde humeur sonder om iemand skade te berokken is ‘n goddelike gawe wat ons versterk om braaf teen boosheid te staan.
Die wêreld is vol van verkeerde woede. Verbale aggressie met afbrekende en neerhalende woorde het al menige lewens verwoes. Gesinsgeweld, aanranding, en gereelde woede uitbarstings, maak van die huis wat bedoel was as ‘n plek van veiligheid, ‘n oorlogsveld. Ons is meestal negatief ingestel teenoor enige vorm van woede, dat ons selfs as iemand sy of haar stem verhef, alreeds begin verdedig of in ons dop kruip. Die wêreld se stoompot van woede blyk aan die oorkook, soos ons lees van meer en meer geweldsmisdaad, pad-woede, blinde passie moord, en geweld teen kinders. [i]
Die kerk se reaksie teenoor die woede epidemie, is meestal ‘n onrealistiese miskenning van woede. Die meeste Christene probeer hulle woede binnehou, wegredeneer, opkrop met net sulke verwoestende resultate.
Jesus wys ons egter dat daar ‘n plek is vir regverdige goddelike woede. Ons weet dat Jesus nooit gesondig het nie, en tog kwaad geword het. Jesus toon Sy liefde vir die Vader, en Sy Vader se huis deur ‘n sweep te maak en al die geldwisselaars uit te jaag. oo () Is liefde tog nie ook soms ‘n passievolle oomblik van woede oor die onreg van verkeerd nie? Wanneer ek my vrou verdedig, en vir haar in die bres staan, is dit nie juis ‘n bekentenis van my liefde nie? Ware liefde is tog nie lamsakkig nie?
Petrus het verseker nie baie geliefd gevoel toe Jesus Hom berispe nie? “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.” () Tog is Jesus se streng vermaning, nie verwerping nie, want net ‘n paar dae later vergesel Petrus Jesus, na die verheerliking op die berg. ()
Net ouers sal verstaan dat daar geen opvoeding plaasvind, sonder ‘n periodieke ernstige vermaning en sigbare afkeuring van ‘n daad wat die kind kan skade bring nie. Daarenteen sou Jesus nie gekenmerk word as ‘n humeurige kwaai mens nie. Hy toon deernis, en empatie met die swaktes en uitgeworpenes. Tog draai Hy nie doekies om om die sogenaamde godsdienstige leiers van daardie tyd openlik aan te spreek oor hulle dubbel standaarde en valsheid nie.
Jesus se woede is gegrondves en gebore uit ware liefde, nie selfsug, die eie-ek, of mag pleging nie. In hierdie tyd waarin ons leef, het ons meer as ooit nodig om Jesus se woede te leer verstaan, en daarin te groei in ons eie toepassing. Want ‘n wêreld sonder regverdige woede, raak ‘n wêreld sonder reëls, alles is toelaatbaar. Boosheid, leuens, en korrupsie moet in stilswye aanvaar word, word geglo. Jesus se liefde was nie passief nie, inteendeel sy woede is prysenswaardig en nodig. Dit bewys hoe ernstig Hy is, oor ons veiligheid en gesonde voortbestaan.
Ons haak dikwels vas, sommige predikers skree-preek van die begin tot die einde. Hierdie tipe skree stem, verwar mense. Dink daaroor. Wie anders in ons lewens skree op ons om 'n punt te maak? 'n Ouer aan die einde van hul tou? ’n verskriklike manipulerende baas? As jy in 'n huishouding vol aggressie waar daar altyd geskreeu word groot word, maak dit jou doof, want skree veroorsaak angs.
Skreeu verwar mense oor God se ingesteldheid teenoor hulle
Baie mense sit in kerke regoor die wêreld en aanvaar dat die predikant namens God praat. IS God dan vir ons kwaad? Hoe ons kommunikeer, is net so belangrik as wat ons kommunikeer. Jesus het menigte keer gesit, en die mense geleer. (; ; ; ) ‘n mens kan nie sit en skreeu nie.
Volume en vurigheid raak die emosies, en mense maak emosionele besluite, maar dit is nie altyd standhoudend nie. "Wat Satan meer haat as jou skree op hom, is jou gehoorsaamheid aan Jesus."
Jy preek nie mense reg met God, deur met hulle te raas nie. Die eenvoudige vraag is, verander mense? Deur mense elke week skuldig te preek maak hulle nie heilig nie. Jesus het nooit so geraas en geskree in sy prediking nie.
Jesus het geweet presies wanneer woede die meeste effek gaan hê. Woede was dus bloot een van die instrumente in Sy gereedskapskas om ons te beweeg en te lei na die waarheid. Jesus was dus nie altyd kwaad nie. ‘n sagte innemende liefdevolle ouer se woede oor ‘n verkeerd en ‘n onreg, sal enige kind jou vertel is lewensveranderend.
Ware regverdige goddelike woede is soos sout, dit preserveer, en is ‘n teenmiddel teen innerlike korrupsie en trots. Soms raak ons so vasgevang in ons eie self geregtigheid en verskonings, dat iemand se goddelike vermaning en berisping ons laat wakker skrik. Hierdie woede is gesetel in onteenseglike waarheid, wat mens eenvoudig nie kan ontken of verontagsaam nie. Te veel sout, is ondraaglik en onverteerbaar, en jaag mens se bloeddruk op, maar ‘n bietjie sout gee smaak.
Ons weet wat reg is, maar omdat niemand in waarheid opstaan en dit verdedig nie raak ons gemaklik, sinies, bitter, en hard. Hierdie lys is alles voorbeelde van onverwerkte opgekropte woede, wat op ‘n dag heeltemal ontydig soos ‘n tsunami onskuldige mense meesleur.
Miljoene mense is slagoffers van ander se onreg, boosheid en sonde. Niemand is egter geleer hoe om uiting te gee aan gesonde woede, teenoor wat verkeerd is nie. Valse nederigheid leer dat ons moet maar net verleë neem en stilbly. Jesus leer: as jou broer teen jou sondig berispe hom of haar. () Hierdie woord berispe word verduidelik in die konteks soos wat ‘n leerling ‘n onderwyser of skoolhoof op ‘n fout sou wys. Mens doen dit met respek, het jou feite reg, en toon raak nie persoonlik of neerhalend nie. Jesus se beskrywende verduideliking van die Fariseërs se valsheid en misleiding is reguit, eerlik, en onteenseglik.
Dalk moet konfik-hantering ‘n verpligte vak wees op skool. Almal maak foute, maar wanneer ons foute ander mense nadelig raak, dan moet ons daaroor kan praat. Omdat ons konflik meestal probeer vermy, is ons onbeholpe en onervare in ons hantering van ‘n verkeerd.
Goddelike humeur gaan altyd gepaard met vergifnis. Vergifnis haal die gif uit die woede uit, en hou mense toerekenbaar vir hulle dade. Dit is ‘n fyn balans. Jesus het Sy moordenaars vergewe, en vra Hy die Vader om hulle te vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie. Tog sal elke mens rekenskap gee vir sy of haar dade. Vergifnis ontwapen die versmorende mag van bitterheid en vergelding. God sal vergeld.
Wanneer ons werklik vergewe het kan ons persoon wat fouteer aanspreek want ons is nie meer slagoffer van die oortreding nie. ‘n vrou wie se man haar slaan, kan koel en kalm die oortreding aanspreek en aanmeld, want die oortreder is die ware slagoffer. Sy gaan nie langer sy mishandeling bekragtig, deur by hom te bly nie. Sy neem juis standpunt in teen onreg, sodat daar terapeutiese herstel by die oortreder kan begin. Dit is wat Jesus se gesonde woede vir jou doen. Dit bemagtig jou teen onreg. Soos Jesus standpunt ingeneem het teen ‘n sistemiese uitbuiting van goedgelowige heiliges toe Hy die tempel gereinig het. So wil Hy ons ook bemagtig om sonder wraak, weerwil, of vergelding standpunt in te neem en op te tree. Soos kruit niks werklike skade aanrig as dit aangesteek word nie, buiten harde lawaai. Maar ‘n bietjie kruit beperk en saamgepers in ‘n koeël kan sy vyand doodskiet.
Jesus se woede maak natuurlik nie dood nie, dit gee juis lewe. () Ek onthou jare gelede het ‘n sekere boer, twee jaar agter mekaar verwoestende brande op die plaas deurloop. Die laaste paar maande was hy baie humeurig, en kort van draad, en het sy vrou versoek dat ek hom kom sien. Op pad na hulle huis toe, het die Heilige Gees met my gepraat om nie sy woede te moraliseer nie, dis juis sy woede wat hom nog staande hou. Woede is energie. Woede is baie keer ‘n uiting van desperate magteloosheid.

Die Bybel wys duidelik watter woede is vernietigend, en uiteindelik self verwoestend.

1. As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. () Hanteer vinniger die onreg, en bring ‘n persoon om hulle fout in te sien en te bely. () wanneer ons oor ‘n saak tob, begin ons ‘n hofsaak in ons kop hou, waar ons beide die aanklaer en regter wil wees. Praat eerder ‘n saak uit, en leer hoe om ‘n verkeerd reg aan te spreek. Onafgehandelde woede gee uiteindelik vir die duiwel ‘n vatkans, en maak ons marionette in sy hand. Sondige woede is soos suur, maar goddelike woede is soos seep. Ons moet baie versigtig wees dat ons woede nie suur word in ons nie.
2. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur. () Sommige kommentators maak die afleiding dat alle woede verkeerd is, en ons eenvoudig nooit vir ons broers of susters mag kwaad word nie. Maar paulus weerklank in Ephesiërs 4:26 Dawid waar hy sê: As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! () Jy kan dus kwaad word, jy moet net nie sondig nie. Die sonde wat Jesus duidelik hier uitwys is:
a. Om sonder ‘n grondige rede vir iemand kwaad te wees. Jy is dus kwaad sonder dat die saak bespreek is, en die skuldige party skuldig bevind is.
b. wanneer jy iemand name noem en die persoon verkleineer. Die woord raka, kan ook vertaal word met nikswerd, idioot, waardeloos. Hierdie bewoording staan lynreg teenoor “elke mens is in die beeld van God geskape” () Dat elke mens menswaardig gehanteer moet word, is in wese die kern van Jesus se bediening en prediking.
Let wel dat die persoon wat homself of haarself skuldig maak aan hierdie sonde, van verkeerde woede, geoordeel gaan word. Hulle sal dus nie van God se vergelding vrykom nie.
3. Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk. Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.” () Kain se moord is die eerste oortreding van ‘n mens teenoor ‘n ander mens. Hy het verontreg gevoel teenoor God, maar het dit teenoor sy broer uitgehaal. God het tog immers nie, sy offer aanvaar nie, en Abel se offer verkies. Sy saak was mos dan teenoor God? Iemand wat te nagekom voel, aanstoot neem, gekrenk voel val in ’n strik soos ’n voëltjie, en kan nie self daaruit kom nie. Vir ons eie geestelike voortbestaan is dit wesenlik belangrik dat ons sal leer om nie aanstoot te neem nie! 'n Veronregte broer is ontoegankliker as 'n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van 'n fort. () 'n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees. () As ons nie vergewe nie, doen ons ook verkeerd, en word ons ’n instrument in satan se hand. ()
4. Moenie gou kwaad word nie: dit is 'n dwaas wat gou kwaad word. () My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie. () Die probleem met ‘n vinnige humeur is dat jy soos “Judge Dred” sommer ‘n saak wil besleg voor jy al die feite ingewin het, en ook self die straf uitvoer. Dit is onredelik en onbillik. Sou jy dieselfde behandeling wil ontbeer? Praat ‘n saak uit, en kry al die eerste-handse getuienis, dan kan jy ‘n saak besleg. Baie mense verskoon hulleself en sê, ek kon nie my woede beheer nie. Dit is eenvoudig nie waar nie, want sou die foon lui, gaan jy dit in jouself vind om beheersd te antwoord. Jy wil nie jou woede beheer nie. Jy het dit self gekies, niemand het jou gemaak om enigiets te doen nie.
5. 'n Opvlieënde mens veroorsaak rusie; iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde. () Woede is energie, en sommige mens geniet die vrees wat hulle humeur inboesem. Die probleem is, jy word ‘n baie eensame figuur, en sal uiteindelik geen ware vriendskap bande meer oor hê nie. Woede het so deel van jou karakter geword, dat dit al is wat mense van jou sal onthou. Dis ‘n verskriklike skending van God se skeppingsdoel met jou lewe, want ons is almal geskape met die doel om soos Jesus te wees. ()
6. Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met 'n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis. () is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. () Sommige mense vind altyd iets om oor te stry, hulle wil oor alles verskil, en net hulle eie opinie hoor. Jesus die waarheid, en perfek in alles wat hy doen en sê het nodig gehad om in strydgevegte betrokke te raak nie. Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. () Die Bybel gee egter die oorsprong en ware rede vir twisgierigheid: Haat en liefdeloosheid () en selfverheffing ()
7. Woede is die voorloper van fisiese geweld, en aanranding. The obvious symptoms of sudden anger are often red face, swollen neck veins, clenched fists, and a stumbling for words. The angry person's vision may also be blurred, because anger clouds the visual centers of the brain. Dr. Walter Cannon, pioneer researcher in psychosomatic medicine at Harvard University describes the symptoms more precisely: "Respiration deepens; the heart beats more rapidly; the arterial pressure rises; the blood is shifted from the stomach and intestines to the heart, central nervous system, and the muscles; the processes of the alimentary canal cease; sugar is freed from the reserves in the liver; the spleen contracts and discharges its contents of concentrated corpuscles, and adrenalin is secreted. " - James C. Hefley.

Wat het Jesus kwaad gemaak?

Die afrikaanse vertaling van die woord “rebuke’ in die engels of “epitamao” met berispe is gebrekkig. Die woord kom 29 keer in die NT voor. Ander vertalings van die woord: aangespreek, geraas, berispe, bestraf, belet, tereggewys, beveel, stil, straf, uitdruklik. In engels beteken die woord letterlik: “straightly charge” of “beat back” Dis duidelik om die gesonde woede, agter hierdie aksie raak te sien. Dit is gefokus, en gerig op dit wat verkeerd is. Ons het meestal net ‘n indruk van Jesus se sagmoedigheid, dat ons nie hierdie harder kant van Jesus raaksien, of wil ontvang nie. Dit was egter inderdaad die streng, maar tog regverdige onderwysers wat die grootste impak in ons lewens gehad het. Ouerskap is nie net om ‘n kind van kos en klere te voorsien nie, dit behels primêr opvoeding. Jesus openbaar die hart van die Vader, deurdat Hy ons wil sien opgroei in volwassenheid in ons skeppingsdoel.
1. Jesus dryf die demone uit, met ‘n ferm, bevel. Jesus het die bose gees skerp aangespreek, en die bose gees het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword. () Sie nook: ; ; , ; ) “You cannot rebuke a devil that you continually grant access to your life.” Kimberley Pothier. Jesus se miskenning, en ferm optrede teenoor demone, toon ook sy gesag oor hulle. Hy tree nie in gesprek met hulle nie. Hy bestraf hulle met die minagting wat hulle verdien. Hierdie morele gesag wat Jesus uitoefen lê aan die hart, van ons eie oorwinning oor die bose. Ons wil ana die een kant, die bose geeste lekkers onder tafel aangee, en bo die tafel hulle bestraf. In die geesteswêreld word hierdie valsheid baie gou aan die lig gestel, soos wat met die seuns van skeva gebeur het. () Die duiwels ken die waarheid, die vraag is om jy die waarheid ken. Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs. () Wat is die waarheid agter die energie? Sommige mense raak kwaad omdat hulle in hulle eer gekrenk is. Hierdie woede bring verwoesting, want dit is leeg. Agter Jesus se woede is ‘n reguit lyn, van reg lewe, reg dink, en reg praat. Hierdie krag van oortuiging is die sleutel van Jesus se bediening, hoekom mense dikwels verstom gestaan het, oor Sy woorde.
2. Jesus maak die storm stil. () Die dissipels is eintlik verontwaardig: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” v38. Die natuur se woede bedaar in ‘n par sekondes voor Sy gesag. Mens kan die frustrasie in Jesus se vraag hoor: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” v40. Na alles wat Jesus vir hulle verduidelik en gedemonstreer het, is hulle nog vol ongeloof. Jesus se gesonde humeur ontbloot die valse motiewe van hulle humeur. Hulle geloof is nog passief, en hulle verwag nog dat Hy die werke moet doen. In plaas daarvan om self in geloof God se wil te verstaan, en daarvolgens te lewe.
3. Jesus bestraf die seuns van donder. Soos ons deur al hierdie skrifgedeeltes werk, sien mens oor en oor die misplaaste woede van die mens. Die volgende gedeelte is, ‘n perfekte voorbeeld. Jesus stuur van Sy dissipels vooruit na ‘n Samaritaanse dorpie om vir Hom verblyf te reël. Hulle wou Hom egter nie ontvang nie. Die skrif gee die geestelike rede: omdat die tyd nader gekom het om in die hemel opgeneem te word v51, en oppad was Jerusalem toe was v53. Jakobus en Johannes word egter baie voorbarig. Hulle wil sommer self vuur uit die hemel roep om die dorp te verdelg. () Hulle misplaaste woede is baie duidelik. Hulle het nog nooit vuur uit die hemel geroep nie, net Elia kon dit al regkry. Jesus het ook nog nooit melding gemaak dat dit deel van sy bedieningplan is om dorpe met vuur te verwoes nie! Jesus het hulle ernstig bestraf, en stil gemaak. “Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie” v55. Hulle weet weliswaar nie, dat hulle heeltemal uit ‘n ander gees as Jesus opereer nie.
4. Jesus se liefde vir Sy Vader se huis verteer Hom. (; ; ; ) Dis van die min verhale rakende Jesus, waaroor al 4 die Evangelie skrywers verslag gee. Ons fokus op die sweep wat hy tydsaam sit en vleg het, maar die eintlike wonderwerk is hoe Hy ‘n hele markplein vol geldwisselaars, skape, en beeste leeg gemaak het. In hierdie geval het Jesus se stem luidend teen die mure weergalm, en met die hulp van ‘n sweep die diere uit die plek gejaag. Hy demonstreer op die dag hoe Hy ‘n hele organisasie se misbruik nie net aan die lug bring nie, maar self optree en orde bring. Dit moes moed gekos het! Nog voordat die tempel polisie, of priesters kon protesteer, het Jesus die tafels omgegooi en die hele groep mense met geweld uitmekaar gejaag. Jesus se liefde vir Sy Vader, en Sy kinders is op die dag tot ‘n emosionele hoogtepunt gedryf, Hy kon nie langer toesien dat hierdie onreg voortduur nie! Mag ons ook gevul word, met ‘n heilige goddelike woede vir wat reg is!
5. Jesus raak verontwaardig teenoor Sy dissipels. Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. () Die feit dat Jesus verontwaardig geword het, is ‘n openbaring. Sy ongelukkigheid is egter weereens nie selfsugtig, of misplaas nie. Hierdie keer gaan dit oor die kinders. Die griekse woord hier is: aganaktasen wat letterlik “vol van droefheid” beteken. Jesus was dus hartseer kwaad. Hoor ‘n kind se kekkellaggie, en hulle onvoorwaardelike liefde, spontaniteit, en vryheid. Dis waar Jesus ons weer wil hê! Ons is geestelik volwasse, wanneer ons weer hierdie kinderlike geloof en liefde herondek.
6. Jesus bestraf Petrus. Petrus het Hom egter eenkant toe gevat en ernstig begin bestraf: “Mag God dit verhoed, Here. Dit sal U nooit as te nimmer oorkom nie!” Daarop draai Jesus sy rug op Petrus en sê vir hom: “Gee pad agter My, jou satan! Jy maak dit vir My bitter moeilik. Jy dink soos mense dink – nie soos God nie.” Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, () Petrus val in ‘n oomblik van die geestelike hoë posisie, wat hy nog oomblikke te vore bekom het nie. Die Vader het aan Hom openbaar dat Jesus die messias is, maar Petrus was te haastig om die hele prentjie te sien. Die prys wat die messias moet betaal het hy nie gesien nie, nog verblind deur sy eie ego. Dalk het hy ‘n ereposisie saam met Christus gesien. Hoe ook al sy, hy dink nog soos ‘n mens. Sy mensgedrewe bestraffing word kortgeknip deurdat Jesus omdraai en hom reguit in die gesig kyk: “Gee pad agter my satan!” Die skrif sê Petrus het Jesus een kant toe gevat, soos ‘n vriend sy arms om sy maat sit en langs hom kom. Hy matig homself skielik langs Jesus, totaal onkundig oor Jesus se beker wat Hy moet drink. Het ons nie al almal, in totale onkunde na ‘n geestelike kamp, of spesiale dienste onsself aangematig om familie lede so bietjie aan te tree nie? Weereens sonder met enige begrip van God se prosesse.
7. Jesus word ontsteld by Lasarus se graf. Op hierdie tydstip van Jesus se bediening was dit vir Jesus gevaarlik om in Jerusalem te wees. Hy was amper gestenig ’n paar dae tevore, die Jode wil hom in hegtenis neem. (; , ) Die familie weet dit, daarom net die in kennis stel woorde. “Die een wat jy lief het is baie siek”v3 Hulle woorde wys hulle respek en geloof in Jesus, asook hulle vrymoedigheid met hom, Hy is hulle vriend. Hulle het hom al dikwels gehelp, en Hy sal hulle ook help. Die dissipels is soos gewoonlik meer op hulle self ingestel as op die Here. Hulle verstaan nie Jesus se woorde nie en hulle maak die verkeerde gevolgtrekkinge. Jesus moet hulle reguit verduidelik wat Hy bedoel toe hy eers sê Lasarus slaap, dat Lasarus dood is, want hulle verstaan nie. Thomas se woorde, dat hulle saam met Lasarus gaan sterf, dui op sy pessimisme soos gewoonlik, Thomas die twyfelaar is bekommerd vir sy eie lewe. (; )
Jesus het dus geweet Lasarus is dood, nogtans gaan Jesus nie onmiddellik nie. God wil die omstandighede gebruik vir Sy glorie. Jesus sê Hy is bly dat hy nie onmiddellik gegaan het nie, want die Vader gaan die Seun verheerlik.v4 Vriendskap is ’n hefboom, ’n onsigbare band wat jou verplig om te help. Mense sal op grond van ’n vriendskap enigiets doen. Vriendskap is ’n emosionele kommoditeit. Jesus bied sy vriendskap en liefde, maar laat hom nie verbind nie. Dit moes maar ‘n bitter pil gewees het vir Marta en Maria om te sluk, dat Jesus nie dadelik kom nie. Jesus se optrede druis in, teen wat reg is oor hoe die meeste mense vriendskap verstaan.
“As u hier was sou Lasarus geleef het” Hulle verwyt liggies Jesus se afwesigheid. ( ; ) Selfs die begrafnisgangers en toeskouers verwyt hom ook. () “Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?” Maar Marta en Maria neem nie aanstoot nie. Beide Maria en Martha spreek hulle geloof uit: ek glo: ()
- Sy erken Jesus as die gekose Gesalfde (Messias: Christus – vgl. ,).
- Hy is die Seun van God (vgl. ,; )
- en die Profeet wat na die wêreld toe gestuur is (vgl. ) om God aan die mense bekend te maak. In een asem ’n belangrike getuienis oor Christus.
Jesus se trane wys egter op Jesus se seer in hierdie verhouding. () Hy het al by meer as een geleentheid vir hulle gesê, dat Hy gaan sterf. Hier by die dood van Sy vriend Lasarus, sien Jesus Sy dood. Hy moes dink aan die sonde las van hierdie mense wat Hy eersdaags sal moet dra, en hulle sien dit nie. Die Griekse woord “groaning”, embrimaomai (em-brim-ah-om-ahee); Strong’s #1690: Derived from en, “in,” and brime, “strength.” The word is used to express anger (), to indicate a speaking or acting with deep feeling (, ), and for stern admonishment (; ). to roar, storm with anger; to be enraged, indignant, to express indignation against someone. Aangesien Christus en Maria hulle vriende was, is dit waarskynlik dat sy diep emosie te danke was aan sy innerlik protes teenoor hulle onverskilligheid, onkunde, blindheid, wat sy eie komende dood en lyding vir hulle onthalwe sien nie... die verkeerde persoon onskuldige word gekruisig. Die grootste hartseer in enige vriendskap is, dat jou vriend(in) jou nie sien nie. Jou maat sien nie jou hart nie, sien nie jou swaarkry, lyding of swaarheid nie. Dis die een enkele sonde/oortreding wat enige verhouding op die afdraandpad kan stuur en uiteindelike verwoes. Die persoon wat die naaste aan my is, sien my nie! Jesus se liefde is groter as ons oortredings, Hy gee nog steeds Sy lewe, en vergewe ons. Jesus oorwin hierdie diep seer wat ons ‘n pragtige blik gee op sy menslikheid: “het Hy met ’n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!” Hy wek Lasarus op! Uiteindelik is ewige vriendskap net moontlik in Christus, wanneer ons saam met Hom opgewek gaan word, in Sy heerlikheid. Al die romantiese ewige liefde verklarings is vals en kortsigtig. Ewige verbintenis is net moontlik in Christus.
8. Jesus verwyt hulle oor hulle ongeloof. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. () oneidos: Smaad, beledig. To defame, disparage, reproach. Generally it means to rail at, revile, assail with abusive words
Toe het Jesus die dorpe waarin Hy die meeste van sy wonderdade gedoen het, begin verwyt omdat hulle hulle nie bekeer het nie. () Dit help ons om te sien, dat Jesus ook soms ‘n goddelike verwyt, gevoel het teenoor mense se hardkoppigheid. Hy het nooit Sy hart oopgemaak om daarop te reageer nie, en hulle uit te wis nie. Nogtans het Hy Sy frustrasie uit gespreek, en hulle goed laat verstaan, dat hulle voor ‘n heilige God se oordeel staan. “Ongelowige en ontaarde geslag,” het Jesus gesê, “hoe lank moet Ek nog saam met julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? () Dit is ‘n verbysterende werklikheid om te weet, dat menigte nie in God se perfekte voorbeeld geglo het nie!
9. Jesus se aggressie teenoor die Fariseërs en skrifgeleerdes. En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een. () Jesus is toornig met rede. Maar Hy leef wat Hy predik: Hy vergeld nie verkeerd nie met verkeerd nie. Hy genees die man voor hulle oë! Paulus sou dit later mooi verwoord: Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. () Jesus spreke hulle ook direk aan oor hulle valsheid, dubbel standaarde en magsug. (; ) Weereens wys Jesus ons die beste weg om te leef aan. Jy skinder nie oor ‘n verkeerd wat iemand doen nie, jy spreek hulle direk aan. As hulle oortreding in die openbaar gedoen is, dan spreek jy die verkeerd ook in die openbaar aan.
10. Jesus beteuel sy misnoeë met die melaatse man. ’n Melaatse man het na Hom toe gekom, voor Hom gekniel en Hom gesmeek met die woorde: “As U wil, kan U my gesond maak.” Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak met die woorde: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” Net daar het die melaatsheid verdwyn – die man was gesond. Toe het Jesus hom weggestuur en ernstig aangespreek: “Sorg dat jy met niemand langs die pad praat nie. Gaan reguit na die priester. Laat hy jou ondersoek. En bring die offer wat die wet van Moses vereis vir melaatses wat genees is. So sal almal ’n duidelike bewys hê van jou genesing.” Maar die man het weggegaan en die nuus van wat met hom gebeur het, oral versprei. Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring dat dit vir Hom onmoontlik geword het om openlik in enige dorp in te gaan. Hy moes buite in afgeleë plekke bly. Tog het mense steeds van oral na Hom toe gekom. () Die oudste manuskripte gebruik die woord “orgistheis” maar is in nuwe vertalings met “splanchnistheis” vertaal. Die betekenis is uiteenlopend. Die eerste ouer vertaling sê Jesus was verontwaardig. Die konteks van die gedeelte bevestig dit: Jesus is liefde, en juis uit liefde plaas hy Sy eie lewe, en reputasie op die spel om aan ‘n melaatse te raak. Jesus gee hom daarom spesifieke opdragte wat hy heeltemal verontagsaam, en Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring dat dit vir Hom onmoontlik geword het om openlik in enige dorp in te gaan. Hy moes buite in afgeleë plekke bly. Tog het mense steeds van oral na Hom toe gekom.v45 Jesus wil ons genees, maar Hy wil ons ook leer om ons genesing te behou, en as gesonde mense voort te leef. Geloofsgehoorsaamheid is hoe ons gesond bly! ()
[i] Angry like Jesus. Using His example to spark your courage. Sarah Summer by Amazon Digital Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B0177187XQ/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_W3EkDbXCM1026
Related Media
See more
Related Sermons
See more