Haal jou liefde God se liefde standaard?

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
5 maniere om uit te vind.
5 maniere om uit te vind.
Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. ()

Bevoordeel jou liefde die ander persoon of jouself?

dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word. () Jesus het geweet, dat uiteindelik sal ons blydskap volkome wees. Hy het ons immers geskape, en hy weet wat ons werklik gelukkig sal maak. Daarom het Hy gedoen wat Hy gedoen het. Sodat ons gelukkig kan wees. Sonde verblind jou om te sien, dat kortstondige plesier langdurige hartseer tot gevolg het.

Is jou liefde daadwerklik?

Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. () Hoe het Jesus liefgehad? In een woord: Sy liefde was ‘daadwerklik’. Jesus het werklik siekes genees, duiwels uitgedryf, en mense in hulle nood aangeraak. Jesus se deernis, en omgee het Hom beweeg om te doen.

Is jy besig om wat die ander persoon gevra het, uit te voer?

Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. () Liefde bly nie net by ‘n emosie nie. Die koffie te maak soos wat ek daarvan hou. Wanneer ons, ons maat vra om iets te doen, vra ons hulp, ons maak onsself kwesbaar, want ek vertrou jou om te doen wat ek gevra het. Indien die versoek dan nie gedoen word nie, voel mens verraai, ingedoen.

Is dit goed vir almal op die lang termyn?

Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra. () Ware liefde dra goeie vrug vir generasies, daarna. Ware liefde los ‘n nalatingskap. Dit is ewig. Dis nie net lekker vir die nou, en later betaal ander die prys vir ons dade nie. Jesus se kruisdood, is nog steeds besig om ons te red, 2000 jaar later. Liefde bou, liefde genees, liefde herstel en maak die wêreld ‘n beter plek vir almal.

Wie gaan dit die meeste kos?

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. () Ware liefde is selfopofferend. Ek betaal die prys, sodat jy... die voordeel kan hê.
Wie kan bogaande liefde weerstaan? Wanneer ons Sy liefde ontvang en begin leef: en ons kinders beleef hierdie liefde, voel hulle geborge en sterk. Wanneer ons, ons verbondmaats so liefhet, versterk en verdiep dit die huweliksband. Wanneer ons, ons werknemers so liefhet, voel hulle waardevol en deel. Wanneer ons, ons werknemers so liefhet, voel hulle lojaliteit. Mag Sy liefde ons harte oorheers. God is Liefde.
Related Media
See more
Related Sermons
See more