DIE GEESTELIKE VERVAL VAN SIMSON

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 42 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Rigters 13:1-4
Rigters 13:1-4
Simson se geboorte
1Die Israeliete het weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Daarom het die Here hulle vir 40 jaar in die mag van die Filistyne oorgegee.
2Daar was ’n man uit Sora uit die stam van Dan met die naam Manoag. Hy en sy vrou was kinderloos omdat sy nie swanger kon raak nie.
3Daar het toe ’n Boodskapper van die Here aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy kon nog nooit swanger word nie, maar binnekort gaan jy wel swanger word en geboorte gee aan ’n seun.
4Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink of enige verbode kos eet nie. 5Soos ek gesê het, jy sal geboorte gee aan ’n seun. Sy hare mag nooit gesny word nie, want dié kind sal van sy geboorte af net vir God se diens opsy gesit wees.
Dit sal hy wees wat die Israeliete uit die mag van die Filistyne red.”
13Die Boodskapper van die Here het vir Manoag geantwoord: “Jou vrou moet seker maak dat sy alles doen wat Ek vir haar gesê het om te doen. 14Sy mag nie druiwe eet of wyn en sterk drank drink nie. Sy mag ook nie enige verbode kos eet nie. Sy moet net doen wat Ek vir haar gesê het.”
Hoofstuk 14:1-6
Simson en die meisie van Timna
1Op ’n keer is Simson na ’n dorp met die naam Timna toe. Daar het ’n sekere Filistynse meisie sy oog gevang.
2Hy is terug huis toe waar hy vir sy pa-hulle gesê het: “Ek het ’n Filistynse meisie in Timna gesien met wie ek wil trou. Tref asseblief die nodige reëlings.”
3Hulle vra toe vir hom: “Is daar nie onder jou eie mense ’n vrou van wie jy dalk hou nie? Hoekom moet jy nou onder die heidense Filistyne vir jou ’n vrou gaan soek?”
Maar Simson het vir sy pa gesê: “Ek hou van haar, ek wil met haar trou.”
4Sy ouers het nie besef dat die Here agter alles sit nie, want die Here het ’n geleentheid gesoek om die Filistyne op hulle plek te sit. In daardie stadium het die Filistyne oor die Israeliete regeer.
5Simson en sy ouers is toe weg Timna toe. By die wingerde naby Timna het ’n jong leeu op Simson afgestorm. 6Die Gees van die Here het Simson sterk gemaak en hy het die leeu met sy kaal hande uitmekaargeskeur asof dit ’n bokkie was. Simson het nie vir sy ouers vertel wat hy gedoen het nie.
SIMSON HOU DIE FUIFPARTYTJIE.
8Later, op pad terug Timna toe vir die troue, het Simson van die pad afgedraai om na die leeu se geraamte te gaan kyk. Daar kry hy toe ’n swerm bye wat in die karkas nes gemaak het met heuning daarin.
9Hy het van die heuning uitgehaal en dit geloop en eet. Toe hy by sy pa-hulle kom, het hy vir hulle ook van die heuning gegee om te eet. Hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die leeu se karkas gehaal het nie.
10Simson is toe van daar af na die vrou se huis toe, waar hy ’N GROOT BRUILOFSFEES GEHOU het volgens die gebruik van die jongmans van daardie tyd.
miš·tě(h) drinking; consumption of drink; banquet. Sense: feast (meal) – a meal that is well prepared and greatly enjoyed.
11Die Filistyne het 30 jongmans gestuur om hom te kom help. 12Simson sê toe vir hulle: “Kom ek vra julle ’n raaisel. As julle die raaisel binne die sewe dae wat die fees aanhou, kan oplos, sal ek vir julle 30 linnehemde en 30 stelle klere gee. 13Maar as julle dit nie kan doen nie, moet julle vir my 30 linnehemde en 30 stelle klere gee.”
“Reg so,” het hulle gesê, “kom ons hoor wat is jou raaisel!”
Hy sê toe vir hulle: “As julle nie by my vrou gaan neul het nie, sou julle nie die antwoord op die raaisel gekry het nie.”
19Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy is af na Askelon toe. Daar het hy 30 mans doodgemaak, hulle klere uitgetrek en dit vir die mans gegee wat die raaisel uitgelê het. Hy was so kwaad oor wat gebeur het dat hy terug is na sy ouerhuis toe om daar te gaan bly.
SIMSON NEEM WRAAK HOOFSTUK15:2
2“Ek het gedink jy haat haar na wat gebeur het,” het hy gesê, “daarom het ek haar met jou strooijonker laat trou. Maar kyk, haar jonger suster is in elk geval baie mooier as sy. Jy kan met haar trou.”
3Toe sê Simson: “Hierdie keer kan ek regtig nie verantwoordelik gehou word vir wat ek aan die Filistyne gaan doen nie.” 4Hy is toe daar weg. Hy het 300 jakkalse gaan vang en hulle sterte twee-twee aan mekaar vasgemaak. Toe het hy fakkels gevat en tussen elke paar sterte ’n fakkel vasgemaak.
5Hy het die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse tussen die Filistyne se oeste ingejaag. Hy het al hulle koring afgebrand, dié wat nog in miede gelê het, sowel as dié wat nog op die lande was. Hy het ook hulle wingerde en hulle olyfbome aan die brand gesteek.
14Toe hy in Legi aankom, het die Filistyne van blydskap gejuig en op hom afgestorm. Maar die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy het die toue om sy arms gebreek asof hulle garingdraadjies was.
Dit het gelyk of die boeie sommer van sy hande afval. 15Simson het die kakebeen van ’n donkie wat daar gelê het, opgetel en 1 000 Filistyne daarmee doodgeslaan.
19Toe het God water uit ’n fontein daar in Legi laat uitborrel en Simson kon sy dors les en so sy krag herwin. Daarom word die fontein Roepersfontein genoem. Dit is vandag nog in Legi.
SIMSON IN GASA HOOFSTUK 16:1-3
Simson in Gasa
1Op ’n keer het Simson na Gasa toe gegaan. Daar het hy ’n prostituut raakgeloop en by haar geslaap.
2Die woord het gou die rondte gedoen dat Simson in die omgewing was. Die mense van Gasa het toe die huis omsingel en die hele nag lank vir hom by die stad se hekke gewag. Hulle het doodstil in die donker vir hom gesit en wag en by hulleself gedink: Wag maar, teen dagbreek maak ons hom dood.
3Maar Simson het net tot middernag bly lê. Toe staan hy op en gryp die toegesluite deure van die stadshekke en ruk hulle met slot en grendel uit hulle kosyne uit. Toe tel hy die hekke op sy skouers en loop met hulle die berg regoor Hebron tot bo uit. Daar het hy toe die hekke laat lê.
Simson en Delila
4’n Ruk later het Simson verlief geraak op ’n vrou wat in die Sorekvallei gebly het. Haar naam was Delila. 5Die leiers van die Filistyne het met haar gaan praat en vir haar gesê: “Verlei vir Simson om jou te vertel waar sy krag vandaan kom.
Vind ook uit hoe ons hom kan oorrompel om hom te boei sodat hy magteloos is. As jy dit doen, sal ons elkeen vir jou dertien kilogram silwer gee.”
16Sy het dae lank aangehou neul en kerm totdat hy dit later nie meer kon uithou nie. 17Hy het toe vir haar die waarheid vertel: “Van my geboorte af is my hare nog nooit gesny nie omdat ek aan God toegewy is. As my hare afgesny word, sal ek net so magteloos wees soos enige ander mens.”
18Delila het besef dat hy dié keer die waarheid gepraat het; daarom het sy hierdie boodskap vir die leiers van die Filistyne gestuur: “Kom nog een keer terug. Hierdie keer het hy my die waarheid vertel!” Hulle het toe teruggekom en die geld saam met hulle gebring.
20Sy skree toe weer vir hom: “Simson, die Filistyne is hier!” Toe hy wakker skrik, het hy gedink: “Ek sal my net weer soos die vorige kere losruk.” Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie.
21Die Filistyne het hom gevang en sy oë uitgesteek. Toe vat hulle hom Gasa toe waar hulle hom met ’n dubbele bronsketting geboei het. Terwyl hy in die tronk was, moes hy die meul draai wat die koring gemaal het. 22Maar daar in die tronk het sy hare weer begin groei.
27Die tempel was vol mense. Al die leiers van die Filistyne was daar. Daar was ook omtrent 3 000 mense op die dak van die tempel, besig om na Simson te kyk en die spot met hom te dryf.
28Toe bid Simson: “Here my God, sien my tog raak! O God, maak my nog hierdie een keer sterk sodat ek my op hierdie Filistyne kan wreek oor my twee oë!”
29Simson het die twee middelste stutpilare van die tempel tussen sy arms vasgevat, met al sy mag teen hulle gedruk 30en uitgeroep: “Laat my saam met die Filistyne doodgaan!”
Hy het al sy krag ingespan en die tempel het inmekaargeval op die leiers van die Filistyne en al die mense daarin. Simson het met sy dood meer mense doodgemaak as in sy hele leeftyd.
Related Media
See more
Related Sermons
See more