Spreuke 3:1-10 | Volhard in liefde, trou en vertroue

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 127 views
Notes
Transcript
Proverbs 3:1–10 AFRIKAAN
1 My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, 2 want dit sal vir jou ’n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy ’n vol lewe het. 3 Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit ’n deel van jou lewe. 4 So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. 6 Ken hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. 7 Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: 8 dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. 9 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10 dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

Sleutel Vers

Proverbs 3:3–5 AFRIKAAN
3 Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit ’n deel van jou lewe. 4 So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
Spreuke 3 is in drie dele geskryf wat elk begin met die woorde “My seun” (Spr 3:1,11,21). Dit bring drie aspekte van persoonlike hantering van wysheid na die tafel. 1) Volharding, 2) onderwerping aan tug , 3) behoud van takt en oorleg.
Ons gesels net oor Spr 3:1-10. In ‘n neutedop: "Klim van jou intellektuele troontjie af en dien die Here deur te volhard in liefde, trou en vertroue.”
Die wysheid wat ons hier ontvang gaan oor volharding (Spr 3:1) in liefde en trou (Spr 3:3) wat gekenmerk word deur ‘n rasionele onderwerping aan die Here (Spr 3:5-8) wat uitloop op verering van die Here (Spr 3:9-10). Die gevolg van hierdie lewensingesteldheid word met edel gedagtes beskryf: ”So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens” (Spr 3:4) en "dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn” (Spr 3:10). Dit gaan hier baie duidelik oor ‘n welgevallige lewe voor God wat gebore word uit onderwerping aan die Here. Die self gesentreerde persoon (Spr 3:7) moet God gesentreerd word (Spr 3:5).
Let daarop dat ons “denke” en “dade” op die Here gefokus moet wees ten einde in guns en byval voor God te groei. Spr 3:6 “Ken Hom in alles wat jy doen”, laat dit nie ‘n fokus wees waar die een hand gee en die ander verwag nie, maar laat dit ‘n onvoorwaardelik fokus op die Here wees.
Mag jou lewe vandag en vorentoe in woord en daad guns en byval vind by God en mens.

GEBED

Here, mag U liefde en trou die ritme van my hart wees, mag U wil my weë bepaal.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more