Spreuke 6:1-5 | Pleit jouself los

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript
Proverbs 6:1–5 AFRIKAAN
1 As jy vir iemand borg gestaan het, my seun, as jy jou verbind het vir ’n ander, 2 verstrik geraak het deur wat jy gesê het en vasgevang is deur jou eie woorde, 3 doen dan dít, my seun, en red jouself só as jy in ’n ander se mag beland het: gaan soebat hom, gaan pleit by hom; 4 moenie gaan slaap nie, bly wakker, 5 red jou uit sy mag soos ’n wildsbok uit ’n strik, soos ’n voëltjie uit die net van ’n voëlvanger.

Sleutel Vers

Proverbs 6:5 AFRIKAAN
5 red jou uit sy mag soos ’n wildsbok uit ’n strik, soos ’n voëltjie uit die net van ’n voëlvanger.
Lank, lank gelede, het ek ‘n rekenaar gekoop om my werk te kan verrig. Weens finansiële redes kon ek nie die versekering deel bekostig nie en het staat gemaak op die sekuriteit wat my huis my sou bied. Eendag het die onvoorsiene gebeur, daar is ingebreek en my rekenaar is gesteel. Daar was nog ongeveer 12 maande van afbetaling in die vooruitsig en geen versekering om hierdie uitstaande kostes te dek nie. Die gevolge was swaar om te sluk, ek kon nie die rekenaar vervang nie en moes daardie verlies steeds dra vir die tyd wat oor was. Dit was een van die groter lesse in wysheid wat prakties sy opwagting in my lewe gemaak het.
Wat ‘n mismoedige dag moet dit nie wees as jy besef dat jyself die verantwoordelikheid dra vir jou huidige agteruitgang nie. Soms bring ‘n dwase besluit ook die mees verstandelike persoon in die knyp. Die raad in hierdie gedeelte leen homself uit vir twee sake. Aan die een kant is dit ‘n waarskuwing om nie jouself met woorde te verstrik in hoë risiko aardse belange nie. Die waarskuwing is nie, om nie borg te staan nie, maar eerder om nie borg te staan vir sake waarvoor jy nie bereid is om die konsekwensies van mislukking te dra nie. As die konsekwensies jou verstrik en vasgevang laat voel, dan besef jy te laat die dwaasheid daarvan. Dit is wys om die gevolge van ‘n borgskap nugter te deurdink.
Aan die ander kant wys die raad aan jou die enigste sinvolle uitkoms indien jy ‘n oordeelsfout begaan het wat jou duur te staan kom. Die strik wat hier uitgebeeld word is om in die mag van ‘n mens te beland. Moenie daaroor slaap nie, gaan pleit om jou los te kry uit die mag van ‘n mens. Dit is ontsaglik vernietigend vir jou gees indien jy vasgevang is in die mag van ‘n mens. Soms impliseer wysheid dat jy jouself bereid sal verklaar om die konsekwensies van ‘n verkeerde besluit te dra. Om te pleit vir bevryding van gevolge kan soms die las van die gevolge op iemand anders se skouers plaas. Wat sou gebeur as ek byvoorbeeld besluit het om nie die rekenaar klaar te betaal nie? Dan het ek my skuldeiser se kos van sy tafel af gesteel en die las van my “skuld” aan hom oorhandig? Indien hieroor as bloot net geld of aardse goed gedink word is die uitkoms maklik, maar onthou, borgskap raak altyd iemand anders se lewe.
Moenie die oproep om jou los te pleit as uitweg of motivering vir dwase besluite beskou nie. Ons moet die potensiële uitkomste waarin borgskap ons kan laat beland met wysheid deurdink en as jy vasgevang is in jou eie “dwase” woorde gaan pleit jouself los.

GEBED

Here, dankie dat U my losgekoop het.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more