Spreuke 10:10 | Waarheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:10 AFRIKAAN
10 Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot ’n val.
Tieners, hierdie boodskap is vanoggend baie spesifiek vir jou.
Partykeer doen mense dinge verkeerd, dinge waarmee ons nie saamstem nie. Soms is dit sommer net blatant teen dinge in wat in die Bybel geskryf staan, soos byvoorbeeld steel en leuens. Ander kere moet ons eers bietjie nadink daaroor om seker te maak dit is nie net ons eie siening wat dit verkeerd laat voorkom nie.
Ek wil jou die waarheid vertel vandag oor wat dit regtig is om stil te bly oor dinge wat verkeerd is. Dit is ongehoorsaamheid aan God. In die eerste plek vertel jy ‘n leuen as jy stilbly terwyl jy weet wat die waarheid is. Leuens is nie net in woorde nie maar ook in ons optrede.
Mense manipuleer jou maklik, jy is bang om te praat want hulle dreig jou nie net met woorde nie maar met hulle houding. Nog nooit het ‘n klein hondjie wat met bravade blaf my gebyt nie bloot omdat ek dit nie toelaat nie want ek weet hy blaf omdat hy eintlik bang en onseker is. Die Here het jou ‘n sekere posisie in die samelewing gegee en Hy wil graag hê jy moet dit volstaan en Hom verteenwoordig. Hy wys verkeerdhede aan jou uit omdat jy die enigste een is wat Sy stem dalk in daardie situasie kan hoor. As jy stilbly het jy die geleentheid verbeur om namens God te spreek. Oor die lang termyn gaan jy dalk al minder hierdie stem begin hoor, want jy word so gewoond daaraan om nie daarop te reageer nie.
Ons het twee huskies in ons huis. Die een het ons baie aandag en tyd aan gegee, elke keer as hy iets verkeerd gedoen het het ons dit dadelik gekorrigeer. Hy het nou rêrig goed uitgedraai. Die ander een het ons minder aandag aan gegee en sy het met meer dinge weggekom omdat ons net nie lus was om haar altyd te korrigeer nie omdat sy ‘n baie sterk persoonlikheid het. Korreksie het altyd in konflik tussen my en haar uitgeloop. Vandag sit ons met haar en sukkel so bietjie met dissipline en gehoorsaamheid. Dit is stadig besig om beter te gaan.
Gelukkig verstaan ek haar nou omdat die Woord van God my daarin insig gegee het. Die bottomline, waarheid is nie net ten gunste van jou eie geestelike ontwikkeling nie, maar ook ten gunste van die een wat dit ontvang. As jy nie aandag gee aan die waarheid nie en jou oë daarvoor toehou weens vrees en frustrasie, dan gaan ‘n klomp dinge down the line ook verkeerd loop. Jy benadeel jouself en die oortreder. Ons oordeel nie as ons waarheid praat nie, ons maak net God se hart met hoorbare woorde bekend. Nie almal kan Sy stem hoor nie en dit is waarvoor ek en jy geroep is, om Sy stem te laat hoor.
Kom ons luister vandag na hierdie waarheid al gaan dit nie altyd maklik wees nie. ”Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot ’n val.”

GEBED

Here, help my om waarheid uit te leef.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more