Spreuke 10:12 | Bedek alles

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 17 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:12 AFRIKAAN
12 Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.
Haat kan net die negatiewe vermenigvuldig terwyl liefde die negatiewe kan intrek. Die woord wat met “bedek” vertaal word staan nie in die sin van “toesmeer” nie. Dit lê eerder in die betekenisveld van vergifnis. Kyk byvoorbeeld na Ps 85:3 “U het u volk sy sonde nie toegereken nie, hom al sy skuld kwytgeskel.” Die woord vir “kwytgeskel” en “bedek” is dieselfde en impliseer vergifnis van sonde.
Is ons nie dikwels te gou om dit wat aanstoot gee te veroordeel en stadig om dit in liefde te bedek nie? “Liefde wat bedek” moet nie verwar word met “goedkeuring” nie. Die krag van liefde wat dit anders maak, is om wat aanstoot gee te bedek en die mens wat aanstoot gee te red van sy eie ondergang deur te vergewe. “Haat” is nie daartoe in staat nie, dit kan alleenlik “twis” en die skade vermenigvuldig. Die “mens” word liefgehê maar die “aanstoot” afgekeur. Die “aanstoot” word “bedek” ter wille van die mens, nie ter wille van die aanstoot nie.
1 John 4:20 AFRIKAAN
20 As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.
1 Corinthians 13:4–7 AFRIKAAN
4 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5 Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6 Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

GEBED

Here, dankie dat U my liefhet.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998.
Related Media
See more
Related Sermons
See more