MOENIE OPHOU BID NIE

Romans 12:12 (The Message)  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 13 views
Notes
Transcript
Romeine 12:12 (Die Lewende Bybel)
12 Wees bly oor die wonderlike toekoms wat voor julle lê. Wees geduldig as julle in die moeilikheid is en moenie ophou bid nie.
Romans 12:12 (The Message)
12 cheerfully expectant. Don’t quit in hard times; pray all the harder.
Verse 12 is a beautiful garden of growth, listing as it does the three sweet peas of praise, patience, and prayer. Plant these seeds in your heart, and you’ll do well throughout your walk.[1]
Patience is letting your motor idle when you feel like stripping the gears.[2]
Om op God te wag is nie tydmors nie.
Ons probleem is dat ons is haastig en God nie.
Patience does not just grin and bear things, stoic-like, but accepts them cheerfully as therapeutic workouts planned by a heavenly trainer who is resolved to get you up to full fitness.—J. I. Packer[3]
Wanneer ons na die nuusberigte kyk lyk dit ‘n hopelose situasie. Lyk of die einde nog nie in sig is nie, en of die magtige mens wat slimmer is as God geen antwoorde kan oplewer nie.
Tog het ons nie nodig om moed op te gee nie maar ons oog gevestig te hou op Jesus. Hiermee sê ek “waak en Bid”. Een oog oop en die ander oog toe. So was maar jou hande en gebruik jou masker. Ons moet ook weet dat Jesus nie die skakelaar is wat jy nou maar net kan aanskakel as jy in die moeilikheid is nie.
Gebed is ‘n gespreks-verhouding wat deurlopend gebeur. Ons moet toelaat dat ons as Geesmense deur die Heilige Gees gelei word oor hoe om op te tree.
Heilige Gees sal eerstens vir jou sê jy moet verantwoordelik optree en nie dwaas wees nie. Dat jy die regering moet gehoorsaam al keur jy dinge nie goed nie.
Jy het nie die weermag of polisie nodig om jou op te pas nie. Pas jouself op.
Een van seker die eerste waarskuwings wat ek as kind gekry het was: As iemand sê moenie van ‘n berg af spring nie, sal jy dit doen? Dis tog logies om nie moeilikheid te soek nie.
In plaas van mense gehoorsaam soek hulle allerhande maniere om die wet te ontduik. Dis tog sekerlik nie Christelike optrede nie.
Student gebed
Ek hoop dat ek altyd vir elke persoon sal wees wat hy my nodig het om te wees.
Ek hoop dat elke persoon se dood my altyd sal verminder, maar dat vrees vir my eie nooit my lewensvreugde sal verminder nie.
Ek hoop dat my liefde vir diegene van wie ek hou nooit my liefde sal laat verdof vir die waarvan ek nie hou nie.
Ek hoop dat 'n ander persoon se liefde vir my nooit 'n maatstaf sal word van my liefde vir hom nie.
Ek hoop dat elke persoon my sal aanvaar soos ek is, maar dat ek nooit myself so sal aanvaar nie.
Ek hoop dat ek altyd vergifnis sal vra van ander, maar nooit nodig sal hê om vir myself te vra nie
Ek hoop dat ek voortdurend mense sal vind wat ek kan liefhê, maar dat ekself nooit een nodig sal hê nie.
Ek hoop dat ek altyd my beperkings sal herken, maar dat ek hulle nie self sal oprig nie.
Ek hoop dat liefdevolheid altyd my doel sal wees, maar dat liefde nooit my afgod sal wees nie.
Ek hoop dat elke man en vrou altyd hoop sal hê. (vry vertaal) 2[4]
Luister na hierdie stukkie uitstekende raad: Wees geduldig as julle in die moeilikheid is en moenie ophou bid nie.
Gebed. Here onse God
In hierdie moeilike tyd sal ons bly wees oor die wonderlike toekoms wat voor ons lê. Geduldig wees as ons in die moeilikheid is en nie ophou om te bid bid nie.
Here, terwyl ek op U wag, help my om u weë al beter te leer verstaan en om nie ’n slagoffer van ongeduld en wanhoop te word bloot omdat my beplanning nie met u tydsberekening ooreenkom nie.
Skyn u kollig op enige donker hoekie van my siel wat U graag wil blootlê.
my geloof sodat ek op u volmaakte tydsberekening vir my lewe kan vertrou.
Help my om op U te vertrou en om tevrede te wees met die pad wat ek nou loop en die lig wat U vir my gegee het.
Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord.
Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. – Psalm 130:5-6
AMEN
Omartian, Stormie. My gebedeboek (eBoek): 360 gebede vir 'n lewe van oorwinning (Afrikaans Edition) (Kindle Locations 2798-2804). Christian Art Distributors Pty Ltd. Kindle Edition.
[1] Courson, J., 2003. Jon Courson’s Application Commentary, Nashville, TN: Thomas Nelson.
[2] Green, M.P. ed., 1989. Illustrations for Biblical Preaching: Over 1500 sermon illustrations arranged by topic and indexed exhaustively Revised edition of: The expositor’s illustration file., Grand Rapids: Baker Book House.
[3] Morgan, R.J., 2000. Nelson’s complete book of stories, illustrations, and quotes electronic ed., Nashville: Thomas Nelson Publishers.
2 Henri J. M. Nouwen, Intimacy, (New York: Harper & Row, 1969), a student’s prayer, pp. 59–60. Permission requested.
[4] Jones, G.C., 1986. 1000 illustrations for preaching and teaching, Nashville, TN: Broadman & Holman Publishers.
Related Media
See more
Related Sermons
See more