DIE VURIGE GEBED VAN N REGVERDIGE HET GROOT KRAG

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 298 views
Notes
Transcript
.
DIE VURIGE GEBED VAN N REGVERDIGE HET GROOT KRAG.
Jakobus 5:13–15 (AFRIKAAN)
13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.
14 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.
15 En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.
Wanneer die lewe voort gaan, soos wat jy dit beplan het, en jy gesond, gelukkig, ievrede, en energiek is, bid!
Wanneer die lewe jou een probleem na die ander uitdeel en jy is siek, hartseer, ontevrede, en moeg, bid!
In alle omstandighede, waarheen sal jy anders gaan as na God
Hy wil hê jy moet hom eerste nader – voor jou gade, voor jou beste vriend, voor jou ouers (sien spreuke 3:6). Ten alle tye en gereeld.
God se woord sê dat die gebede van die regverdiges is kragtig: "die ernstige gebed van 'n regverdige het groot krag en bring wonderlike resultate" (
Jakobus 5:16 (Afrikaanse Ou Vertaling)
16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.
Jakobus 5:16 (NLT)
The earnest prayer of a righteous person has great power and produces wonderful results.
Wil jy nie 'n kragtige, wonderlike resultate van jou gesprekke met die Almagtige hê nie?
Die uitdrukking wat altyd gepas is vir beide hartseer en blydskap, is aanbidding, en gebed is 'n belangrike element van aanbidding.
In die woorde van lied skrywer Joseph M. Scriven,
Welk 'n vriend het ons in Jesus
Welk 'n Vriend het ons in Jesus, wat ons sondestraf wou dra, wat 'n voorreg dat ons alles in gebed van God kan vra;
O, hoe dikwels mis ons vrede, as daar pyn en kommer kwel, oor ons nie gelowig alles in gebed aan God vertel.
Ons beproewings en versoekings, wat ons moeilikheid mag wees, kan ons altyd maar vrymoedig tot ons God bring sonder vrees,
trouer vriend was nooit gewees nie, in ons droefheid neem Hy deel. As ons swakheid en gebreke in gebed aan Hom meedeel.
As ons onder sorg gebuk gaan, as ons laste word te swaar, is ons toevlug maar tot Jesus, ons gebed verhoor Hy daar;
as ons vriende ons verlaat het, dra ons hul op aan die Heer, in Sy arms is ons veilig, Hy vertroos ons keer op keer.
Gebed. Here, onse God.
Die hele dag lank, Here, word ek daaraan herinner dat ek u nodig het.
Here Jesus, dankie vir U teenwoordigheid in ons lewens dat U kragtig in en deur ons wil werk.
Dankie dat ons gevul is met die Heilige Gees wat ons leer en lei elke dag. Deur U gees ontvang ons hierdie geweldige krag om vanuit te leef maar maak ons ook diensbaar in U koninkryk. Ons dank U Here, vir U wonderlike liefde en genade vir ons. Help ons om altyd n dankbare hart voor U te hè wat vol is van lof en blydskap. Word verheerlik in alles wat ons doen en sê. Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more