ONS KAN SEKER WEES

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 8 views
Notes
Transcript
Romans 8:25–30 (Die Boodskap)
25Maar nou weet ons dat ’n nuwe lewe by God op ons wag, ook al kan ons dit nog nie sien nie.
Daarom wag ons geduldig totdat dit aanbreek.
26Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help.
Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie.
27Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal.
Hy gaan sug en kla namens ons daar by God.
En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid.
En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.
Die Gees staan ons by in die swakheid van ons gebedslewe.
In die gebrokenheid en ontoereikendheid van ons bede dat God die finale verlossing sal bring, ondersteun die Gees ons deur vir ons te pleit met versugtinge wat nie met woorde gesê (kan) word nie.
Ons gebedswakheid bestaan daarin dat ons nie goed weet wat ons, soos dit voor God reg is, behoort te bid nie.
Waar ons menslike vermoëns te kort skiet, neem die Gees egter oor en bid vir ons voor God se aangesig
Waar ons nie weet wat ons volgens die wil van God moet bid nie, weet die Gees dit wel. God is ’n hartekenner; daarom sal Hy soveel te meer die Gees se bedoeling begryp, want (of: naamlik dat) Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
28Ons kan nou van een saak seker wees:
God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit.
29Dit geld natuurlik vir almal wat Hy volgens sy ewige plan gekies het om in Hom te glo.
God het elkeen wat Hy vir Hom uitgesoek het se lewe nuutgemaak.
Hierdie verse fundeer die sekerheid van die toekomstige heerlikheid in die trou en soewereine mag van die Here, wat alles, “ook die lyding wat ons nou moet verduur” (18 – vgl. ook 35), ten goede laat meewerk,
dit wil sê inspan en opneem in die uitvoering van sy heilsplan vir dié wat Hom liefhet (28). Hierdie laaste frase word in die Grieks beklemtoon.
Vir die eerste keer in hierdie brief lees ons nou van die gelowiges se liefde vir God. Voorheen was daar slegs van God se liefde vir ons sprake (5:5,8 – vgl. 1 Joh. 4:19).[1]
Nou kan hulle die beeld van sy Seun weerkaats.
Wanneer hulle in Christus se voetspore stap en soos Hy leef, wys dit dat hulle aan God se nuwe familie behoort.
En Christus is natuurlik die heel belangrikste Persoon in hierdie nuwe familie.
30Toe God besluit het wie almal aan sy familie sal behoort, het Hy hulle persoonlik op hulle naam geroep.
So het hulle sy kinders geword.
Verder het Hy almal wat Hy geroep het, ook vrygespreek van hulle sondes.
Toe het God almal wat Hy vrygespreek het, met sy heerlikheid en goedheid oorlaai.
Bothaville en fietsry op pad
1. Dit is ‘n plat omgewing soos die Vrystaat maar kan wes.
2. Die wind is aaltyd van voor
3. Somtyds word jy deur ‘n storm oorval.
4. Die beste fietse laat jou in die steek
5. Jy moet altyd toerusting saamry.
1. God is concerned about the trials of His people[2]
2. The believer never need faint in times of suffering and trial because he knows that God is at work in the world (Rom. 8:28), and that He has a perfect plan (Rom. 8:29)[3]
3. Best of all, God’s plan is going to succeed[4]
It is God who makes ‘all things work together’ in our lives ‘for good,’ ultimate good.…
[1] Van Zyl, A.H., 1993. Die Bybel verklaar: 1983-vertaling, Kaapstad: Lux Verbi.
[2] Wiersbe, W.W., 1996. The Bible exposition commentary, Wheaton, IL: Victor Books.
[3] Wiersbe, W.W., 1996. The Bible exposition commentary, Wheaton, IL: Victor Books.
[4] Wiersbe, W.W., 1996. The Bible exposition commentary, Wheaton, IL: Victor Books.
Related Media
See more
Related Sermons
See more