001 — 1 Petrus 1:1-2 | WANNEER GOD VERSKYN

Eerste Brief van Petrus  •  Sermon  •  Submitted   •  7:26
0 ratings
· 44 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, ons begin vandag saam met U reis deur die woorde en gedagtes van Petrus. Lei U ons asseblief in die waarheid. Mag U Woord diep in ons harte tuisbly — Amen.

SKRIFLESING

1 Peter 1:1–2 AFRIKAAN
1 Van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. 2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees

Woordverkondiging

Die dag toe Jesus in Petrus se lewe opdaag, daardie dag het alles verander.
Petrus was een van die eerste dissipels. Reeds toe hy geroep is het Jesus hom uitgesonder vir ‘n baie spesiale taak. Sy woorde aan Petrus was:
Matthew 16:18 AFRIKAAN
18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Petrus word aan ons voorgestel as ‘n man wie se naam standvastigheid voorstel. Wat ‘n voorreg moes dit nie wees nie? Hy is ‘n “rots” en Jesus koppel ook sy toekomstige taak as leier van die kerk hieraan.
Die ander dissipels het getwyfel of Petrus wel opgewasse genoeg sou wees om die posisie te beklee. Hy was die een wat Jesus berispe het (Matt 16:22–23; Mark 8:32–33). Petrus kan nie eers wakker bly om saam met Jesus te bid nie (Matt 26:40; Mark 14:37). Hy kap impulsief Malgus se oor af (Mark 14:47; John 18:10–11) en dan verloën hy ook nog vir Jesus (Matt 26:69–75; Mark 14:66–72; Luke 22:55–61; John 18:15–27).
Dit is ‘n waar woord. Ander gelowiges kyk dikwels na my en jou lewe met ‘n oog van kritiek en agterdog. Hulle ken ons op ‘n wyse wat deur ‘n negatiewe oog geformuleer word. As jy dit beleef, as jy vandag saam met my soos Petrus voel, hoor dan dat dit nie die oë van Jesus definieer nie, Hy kyk anders na my en jou. Hy kyk na Petrus met ‘n naam wat potensiaal inhou, ‘n man wat ‘n groot leier kan wees. Christus sien sy koninkryk`s potensiaal in sy lewe en so ook in die van my en jou.
Baie van hierdie gebeure het nie net die ander dissipels gepla nie, maar vir Petrus self. Sy worsteling met die feit dat hy Jesus verloën het was so diep dat sy Eerste Brief uit sy stryd gebore word.
Daardie nag langs die vuur toe ‘n diensmeisie hom erken en assosieer met Jesus en beskuldig: “Dié een was ook saam met daardie man” (Lk 22:56). Daardie nag het hy geweet hoe dit voel om uitverkore te wees, om uitgesonder te word, om nie met die “bloed” van Jesus se lyding geassosieer te wil wees nie. Om nie te voldoen aan dit wat die Here vir jou koester nie.
Die diep persoonlike aard van sy openings woorde in die brief tref my hart. Die brief is gerig “Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld” (1 Pe 1:1), mense wat net soos Petrus moes voel. En “Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus” (1 Pe 1:2).
Die implikasie om met Jesus Christus verbind te wees, om met Hom geassosieer te word, druk swaar teen die deur van Petrus se hart. Hy weet wat dit is om uitgekies te wees, maar ook wat dit is om onder die druk van buite te swig. Hy weet wat dit aan jou doen om met jouself te worstel, om diep innerlik met die Here te worstel. Ontevrede oor die geestelike foute wat hy in die verlede gemaak het.
Wanneer ons die brief van Petrus lees en oordink, dan vra dit hierdie soort rou eerlikheid. Daardie diep kyk na jou eie binnekant, na die voorregte, maar ook die mislukkings en die lesse. ‘n Kyk na my en jou begrip van Christus, ons geloof oor Hom, en ons verbintenis met Hom. ‘n Kyk na die implikasie hiervan vir ons verhoudinge hier op aarde.
Dit gaan oor daardie kyk en eerlikheid wat van my en jou diep deurdagte gelowiges maak.
Wanneer Petrus sy seëngroet uitspreek sny dit werklik diep: “Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!” (1 Pe 1:2) sê hy. Hy praat van genade en vrede wat hy deur sy persoonlike lewensreis ontdek het.
Ek en jy word vandag hiermee gekonfronteer. Met die diepte van ons persoonlike geloof. ‘n Paar praktiese vrae kom onvermydelik uit die teks na vore. Dit is vrae waarop ons elkeen persoonlik sal moet antwoord.
Besef jy dat jy met Christus geassosieer word op grond van jou geloof?
Wat is jou persoonlike geestelike “mislukkings” in jou oë?
Wat is die diepte wat dit in jou gees te weeg bring?
Wat is die waarheid wat jy met gelowiges hieroor moet deel?
Het jy ware vrede met God en met jouself?
Jy sien, wanneer God verskyn, wanneer Jesus in jou lewe opdaag, verander als. Hy kyk na jou deur oë wat die “heilige” potensiaal van Sy Gees in jou koester. En soos vir Petrus sal Hy dit ook in my en jou lewe tot die einde toe deurvoer.
Deur die Gees kom krap hy diep in my en jou sondige aard om ons nuut te maak. Hy kom stap met ons elkeen ‘n pad om bewus te word van Sy absolute onvoorwaardelike genade en vrede.
Wanneer ons saam hierdie Eerste Brief van Petrus lees en oordink. Mag die lig van God in ons skyn, mag ons die “Heiligheid” van God in mekaar koester en nastreef om mekaar hierin te ondersteun.
Mag God my en jou gees vernuwe …
“Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!” (1 Pe 1:2)

GEBED

Here Jesus Christus, net soos Petrus worstel ons ook dikwels met dit wat U roeping vir ons inhou. Help ons om te groei en in hierdie groei u kinders in liefde op te bou. Leer ons om altyd te onthou wie ons is in U — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more