001 — Jakobus 1:1 | HOOP IN DIE DONKER (Uitkomsgerigte Lewe Met God)

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  9:57
0 ratings
· 37 views
Files
Notes
Transcript

SKRIFLESING — AANKONDIGING

Ons gaan saam lees uit Jakobus 1:1, bladsy 102 in die Bybel wat ek voor my oop het.
Terwyl jy dit opsoek so paar inleidende gedagtes:

INLEIDING

As die Here wil gaan ons in die komende 11 weke, vanaf volgende Sondag, besig wees vanuit Jakobus. Die brief gaan dien as instrument tot ‘n dieper gemeenskap met Jesus deur die werking van die Heilige Gees.
Die A4 dokument in jou hand dui vir jou die Temas vir gesprek vir elke Sondag aan. Jy sal opmerk dat dit kronologies die brief van voor tot agter hanteer.
In die week wat volg op elke Erediens gaan die oordenkings van Maandag tot Vrydag prakties uitbry op die Erediens. Die fokus gaan wees op die groter konteks in die Bybel en die toepassing van wat ons geleer het in die Erediens.
Die hele reeks word progressief daagliks beskibaar gestel as opname en geskrewe dokument. WhatsApp Hello na XXXXXXXX om die skakels te ontvang om in te teken.
Mag die Here my en elkeen wat daarin deel toerus met volharding en toegewydheid om Hom ten volle te dien.

GEBED

Here, dankie dat ons uit U Woord kan lees en op die wyse U teenwoordigheid mag beleef. Mag U Woord vir ons lig wees en die donker rondom ons verdryf — Amen.

SKRIFLESING

James 1:1 AFRIKAAN
1 Van Jakobus, ’n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete

WOORDVERKONDIGING

I. OPENINGS WOORDE (1:1)

“Die kleinste groetekaartjie wat ooit gestuur is, was aan die Prins van Wallis wat op 'n ryskorrel geskryf was!” — Paul Lee Tan, Encyclopedia of 7700 Illustrations: Signs of the Times (Garland, TX: Bible Communications, Inc., 1996), 707.
Jakobus is ‘n reiskorreltjie in die Nuwe Testament. Nie net in die lengte van die boek nie, maar ook in gesindheid.
Dit is een van die korter boeke in die Nuwe Testament. Lukas klok in met 19, 446 woorde as die langste boek terwyl die Derde Brief van Johannes net oor 210 Woorde beskik. Jakobus staan aan die kleiner kant as die 14de korste boek met ‘n totaal van 1, 739 Woorde.
Wanneer jy die Brief lees besef jy dit is nie die lengte van die boodskap wat tel nie. Dit is die konneksie tussen God en Mens, die wysheid en Nederigheid en daadwerklike geloof wat die krag dra.

A. GROOT KONTEKS

Alhoewel Jakobus se brief kort is skryf hy aan ‘n geweldige groot konteks. Hy sê dit is gerig: Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.”
Hoe weet hy wat om te skryf aan so weie konteks. Beslis moet daar ‘n gemeenskaplik onderwerp wees wat gelowiges sou verenig oor grense van tyd, plek en ruimte heen. Alleen Godgegewe tydlose waarheid sou kon dien as só onderwerp vir ‘n gesprek.
Die verspreiding van die volk beteken hulle was buite die “heilige land” en woon in die “onheilige wêreld”. Hulle is forseer om die regering van mense te aanvaar terwyl hul hart hunker na die regering van God. ‘n Wêreld waarin mense anders dink en anders doen as die standaard van God.
Hulle leef in ‘n wêreld met baie uitdagings, frustrasies en moontlik ook onsekerheid oor die teenwoordigheid van God.
Beslis ‘n konteks wat oor tyd heen strek.
"Hulle leef in ‘n donker wêreld!”
Hoe leef ‘n mens in só wêreld, wat staan jou te doen as gelowige?

B. JAKOBUS SE TESE

Jakobus bied geïnspireerde wysheid hieroor. Hy leer die gelowiges van sy tyd en so ook vir ons hoe om dit te hanteer.
Hy bied ʼn Praktiese Uitkomsgerigte lewe deur die Wysheid van God.
Hy gee Hoop in die Donker.

C. HOOP IN DIE DONKER

Hoe Hoop mens in Duisternis?
Kom ons staan net stil by Jakobus se openingwoorde van sy brief. Dit is kort maar gekompakteer met waarheid. Waarheid wat hy in sy brief verder uitbrei. Sy hoop in donker begin by die volgende: (die punte is nie in orde van belangrikheid nie maar in volgorde van die vers)
Nederigheid
Onderwerping aan God
Jesus die Gesalfde
Verenig in Genade

1. Nederigheid

Alhoewel Jakobus se brief kort is, het hy een merkwaardige saak op sy CV.
Hy is die broer van Jesus.
Tog misbruik hy nie sy posisie of verhouding tot Jesus nie. Hy beskou homself as “slaaf” of “dienaar” soos dit vertaal is.
Dit is hierdie gesindheid wat in die hart van sy brief klop — ‘n Absolute nederige benadering tot die lewe.
Dit is ‘n merkwaardige gesindheid in die hart wat so ‘n groot eer prysgee.
Jakobus se oortuiging is — maak jouself reg hiervoor! Om met Hoop in die Donker te leef verg so gesindheid.

2. Onderwerp jou aan God

Jakobus se Nederigheid het God en Jesus Christus as Heer. Die woord “Here” verwys in hierdie konteks na die Één wat bonatuurlike outoriteit uitoefen oor die mens.
Die wêreld vind dit in aardse heerser maar die gelowige vind dit by God.
Hy beskryf sy onderwerping met die woord slaaf. Baie prakties en eenvoudig beteken dit om gestroop te wees van jouself, jou eie wil, jou hoogmoed, jou hele lewe.
Jakobus stel die voorbeeld en ons wat luister moet dit ook van harte toepas.
Jakobus se oortuiging is: Onderwerp jouself met die gesindheid van ‘n slaaf teenoor God Drie-Enig as jou Here.

3. Jesus die Gesalfde

Daar was baie mense met die naam “Jesus”, maar net één wat “Christus” genoem word.
Hierdie Jesus is die Redder wat die Ou Testament beloof het gaan kom — Hy is die Gesalfde Redder van God — Hy is die Seun van God.
Jakobus sê: “Jesus Christus” is die begin van ons “Hoop in die Donker” — Verlossing vir die wêreld. Hy wy sy brief daaraan om gelowiges te help om deel te neem aan die realisering van hierdie hoop in die donker.
Wat is die ware spulpunt van my en jou hoop?
Jakobus se oortuiging is: Ons hoop begin by “Jesus Christus die Here”

4. Verenig in Genade in Christus

Jakobus sluit sy openingswoorde af met ‘n besondere woord.
Ons vertaal dit as “Groete” en verloor daarmee die dieper inhoud van ‘n woord wat daarmee verband hou. In Grieks is die woorde vir “groete” en “genade”, “Chairein” en “charis”.
Wanneer Jakobus sy “Groete” oor dra aan die verspreide gemeenskap is dit gevul met die gedagte van God se genade. Dit spreek van die hart van God wat “Hoop in die Donker” in dra.
Jakobus se oortuiging is: Die genade van God bring vir ons “Hoop in die Donker”

STORIETYD

Jakobus is prakties en toepaslik vir ons tyd. Net om so bietjie vooruit te kyk in sy brief en om die beginsel om mekaar Nederig in uit Genade te Groet, so ‘n kort storie.
In die hoë, geheimsinnige bergland van Tibet het die mense 'n baie vreemde gewoonte om mekaar te groet.
Wanneer twee mense mekaar groet, kom hulle nader en buig hulle laag, steek hul oop hande na die ander uit - om te wys dat hulle geen wapens het nie en wil vriendelik wees - en dan steek hulle - hul tonge uit, wat beteken dat hulle geen slegte woorde vir die ander in hul mond het nie.
—Evangelistiese illustrasie

SEËN

Erediens Orde — Gebed voor Seën
Mag ons Hoop in die Donker wees met ‘n Nederige hart, ten volle onderwerp aan God en ons Here Jesus Christus, die Gesalfde van God. Mag ons deur Sy genade vernig wees! Mag ons leer leef met in die Donker met Hoop!

GEBED

Here, bery ons harte voor om in die komende 11 weke ontvanklik te wees vir U Hoop in die Donker. Mag ons waarlik stil wees voor U en deur U Woord vernuwe word - Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more