006 — Jakobus 1:9-11 | Verenig in Nederigheid en Aansien voor en vanuit God

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:36
0 ratings
· 9 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief U Woord tot ons harte. Mag ons vanuit U Woord leer leef — Amen

SKRIFLESING

James 1:9–11 AFRIKAAN
9 ’n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, 10 en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos ’n veldblom. 11 As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan

OORDENKING

Jakobus sê dat die wysheid van God daaraan geken word dat rolle in die samelewing dikwels omgekeer word.
Die man met ‘n geringe herkoms kry aansien en die man van aansien kry geringheid. Jakobus brei so bietjie uit op die ryk persoon se geringheid omdat hy later besonder aandag wil gee aan hoe om hierdie geringheid toe te pas.
Hy wil nie ‘n onderskeid tref tussen ryk en arm nie. As ons dit hier in lees mis ons sy bedoeling. Hy wil juis hê dat ons deur die wysheid van God bewus is van die gelykheid van alle persone voor God.
Wat kinders van God anders maak as die wêreld onder wie hulle woon, is in die eerste plek die gelyke “geringheid” en “aansien” voor God sowel as die refleksie van hierdie gelyke menswaardigheid in hul optrede.
Gaan lees gerus Matthew 20:1–16 om opnuut bewus te word van die genade van God wat gelykmatig uitgedeel word, nie oor menslike prestasie nie, maar uit die goedheid van God.
Mag ek en jy alle mense met menswaardigheid behandel vanuit die genade van God.

GEBED

Here, ek kyk vandag opnuut deur U oë van genade — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more