008 — Jakobus 1:12–18 | WYSHEID OOR GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  10:16
0 ratings
· 22 views

Ek wil jou motiveer om nie in God te twyfel nie. Hy het net die beste vir ons in gedagte en word nie soos ons rondgegooi deur die gang van die lewe nie.

Files
Notes
Transcript
Week 2

GEBED

Here, dankie vir die voorreg om vandag saam uit U Woord te kan lees. Mag U Woord ons hart versterk in gedagte en optrede — Amen

SKRIFLESING Jak 1:12-18 (Jam 1:12-18)

LIEFDE VIR GOD ONS DRYFVEER

James 1:12 AFRIKAAN
12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
Jakobus het sy brief geopen met die motivering om vas te staan te midde van beproewing (Jam 1:2). Daar is een goeie rede hoekom ek en jy teen versoeking moet vasstaan. Jakobus gee in v. 12 (Jam 1:12) nogal ‘n kort maar intense verduideliking. Dit gaan nie net oor blydskap om gelukkig te wees nie maar oor veel meer.
1) As jy standvastig bly ontvang jy die lewe as oorwinnings prys. ‘n Mens sou kon aflei dat Jakobus hierdie beloning op volharding as motivering gebruik. Maar, dit is nie prioriteit een nie. Dit gaan tog immers nie daaroor om vas te staan en iets in ruil vanaf God terug te kry nie. So, die prys is nie ons eerste beweegrede (primêre motivering) nie.
2) Wat is dan die hoof rede hoekom ons moet volhard? Kyk mooi na v. 12 (Jam 1:12) . Jakobus maak ‘n gevolgtrekking uit ‘n belofte wat reeds bestaan. Die gevolgtrekking is: Die Here gee lewe vir die wat in versoeking volhard (Jam 1:12a) die belofte is: Die Here gee lewe vir die wat Hom liefhet (Jam 1:12b) — Om standvastig te wees is om die Here lief te hê, dit is ‘n uitvloeisel van ons liefde vir die Here.
Jakobus sê my en jou standvastigheid te midde van beproewing moet gebasseer wees op ons liefde vir God. Dit is ons motivering — ons liefde vir God.
Ons weet nou dat ons standvastig moet staan te midde van versoeking omdat ons die Here liefhet.
Maar, wat is die goed wat ons standvastigheid in die wiele ry?
Wel, as ons prioriteite verkeerd is het ons ‘n probleem. Gestel jy streef geluk na. As óm toe te gee aan ‘n sonde jou gelukkig maak, dan gaan jy toegee, want jy is gefokus op die emosionele effek daarvan. Die beloning wat voortvloei vanuit jou optrede motiveer jou.
As jou liefde vir God eerste prioriteit is sal jy nie toegee aan sonde o.g.v. jou persoonlike tydelike geluk nie. Jy sal daarna streef om God te behaag, om aan Hom gehoorsaam te wees.
Jakobus verduidelik twee baie spesifieke redes, wat ons standvastigheid in die wiele ry. In v. 13-18 (Jam 1:13-18) gee hy die twee redes: 1) Julle dink oor God as medepligtige aan julle slegte optrede (Jam 1:13-15) en 2) Julle dink Hy is wisselvallig en regverdig en daarom tree julle onstandvastigheid op (Jam 1:16-18).
(Kom ons kyk na sy eerste rede in Jam 1:13-16)

MEDEPLIGTIGE VERONTSKULDIGING

Jakobus sê: Luister net bietjie na julleself. Julle Woorde verklap dat julle verkeerd dink. Julle verkeerde denke is 'n bron van julle onstandvastige lewe.
Jam 1:13: “Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie” — Hulle wil God medepligtig maak aan hulle swakheid en sodoende hulle onstandvastigheid aan Hom toeskryf. Om God die rol van die versoeker te gee, is om die sleg van die lewe aan Hom toe te ken. Dit is in sy ergste vorm om die Here met die bose gelyk te stel.
Hoor baie mooi — God is nie die bron van versoeking nie, Hy is ook nie medepligtig aan ons wisselvalligheid en sonde nie.
Jam 1:14-15 brei uit op die mens se aandeel in sonde en die dood — Ons moet besef dat die bron van versoeking ons eie begeertes is. Onsself is te blameer vir ons onstandvastige, wisselvallige optrede tydens versoekings en beproewings.
Ons moet hierdie waarheid duidelik hoor: God verwag nie van jou om Standvastig te bly en net in die ander asem wil Hy jou mislei nie. Nee, God tree op getrou aan Sy karakter.
Nou mag iemand dalk sê: God toets tog ons geloof, die Bybel is vol daarvan. Ja, dit is so, maar kyk uit ‘n ander hoek daarna. God gee geleentheid om jou getrouheid aan Sy karakter te toon. God lei ons nie in die versoeking nie, Hy lei ons in die waarheid te midde van versoeking.
Jakobus wil nog ‘n valse gedagte korregeer. Die gedagte dat God wisselvallig is en die sleg ook uit Sy hand kom. Kom ons kyk saam na Jak 1:16-18

GODDELIKE STANDVASTIGHEID

James 1:16–18 AFRIKAAN
16 Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. 17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18 Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het
Dit is so duidelik dat ek dit nie eers wil herhaal nie, maar ter wille van ons begrip doen ek dit tog. Hy sê: Julle mislei julleself deur te dink dat die slegte dinge in die lewe vanaf God kom: Nee — “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo." (Jas 1:17a).
Hierdie punt wat Jakobus maak, dat alles wat goed is van God af kom, mik na ‘n dieper gedagte wat hy probeer tuis bring.
Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.” (James 1:17, AFRIKAAN)
God is lig en Hy is nie soos ons die son, maan en stêrre in die hemel sien nie. Sy goedheid sit nie aan en af nie, Hy is nie een oomblik lig en die volgende oomblik duister nie.
God is standvastig in Sy doen en late sê Jakobus.

TERUGBLIK

Kom ons kyk net gou na die konteks van hierdie boodskap in die brief van Jakobus. Ons gaan terug na hoe hy die mens teken tydens gebed:
… ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ’n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (James 1:6–7, AFRIKAAN)
Begin jy raak sien dat Jakobus se argument sê:
My en jou standvastigheid moet in wese bepaal word deur die Standvastige Karater van God.
En ons standvastigheid word gedryf deur ons liefde vir die Here.
Omdat God standvastig is en ons Hom liefhet tree ons standvastig op enigiets anders is selfmisleiding.
David skryf in Psalm 18:3
Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.” (Psalm 18:3, AFRIKAAN)
Die Here is Standvastig, die Here het ons eerste liefgehad — kom ons wees standvastig vanuit ons liefde vir God …

GEBED

Here, ons weet dat U standvastig is in U doen en late. Ons bely ons wankelagtige kyk na U, versoekings en ons eie lewe. Versterk ons om dit wat ons vandag gehoor het ten volle ter harte te neem. Helpons asseblief om vanuit U standvastigheid sterk te staan want U alleen is ons stewige vesting.
Related Media
See more
Related Sermons
See more