009 — Jakobus 1:12 | Standvastig in die Here

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:54
0 ratings
· 11 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief vandag U Woord vanuit die Brief van Jakobus. Mag ons U Woord ter harte neem — Amen

SKRIFLESING

James 1:12 AFRIKAAN
12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

OORDENKING

Jakobus basseer sy uitspraak van geluk en die lewensprys op ‘n belofte van die Here. Die belofte dat die wat Hom liefhet die lewe ontvang.
Sy woorde herinner aan Psalm 119:11
Psalm 119:11 AFRIKAAN
11 Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.
Ek wil vanoggend net so een gedagte met jou deel, om jou te motiveer om stewig vas te hou, om standvastig geanker te wees in die Here.
Daar word ‘n storie vertel van ‘n man wat verslag gegee het oor ‘n orkaan wat ‘n kusdorpie getref het. — Toe hy in die verwoeste strate op en af ​​loop, merk hy op dat die palmbome ontwortel en rondgeslinger is. Alhoewel hulle lank en masief was, was hul wortelstelsels te vlak om die windskade van die orkaan tee te staan. Maar toe hy verder gaan, kom hy op 'n eensame eikeboom af. Die blare was weggewaai en van die kleiner takke afgeruk, maar die wortels het diep gegaan en die boom was steeds geanker in die grond. Op die regte tyd sou dit weer blare dra in die komende seisoen.
Op ‘n manier is dit met ons soos met die eikeboom. Die diepte van my en jou wortels van ons liefde vir die Here hou ons geanker in storms. Dit is die jare van wortels groei en in stand hou in gewone en goeie tye wat help dat die storms van die lewe ons nie ontwortel as dit opdaag nie.
Ek lees vir ons ‘n kort gedagte vanuit Psalm 119:31-32 en dit dien as my gebed vanoggend.
Mag die woorde van hierdie Psalm waar wees in elkeen van ons se lewe …

GEBED

Here, —
Psalm 119:31–32 AFRIKAAN
31 Ek hou vas aan u verordeninge, Here, moet tog nie dat my lewe ’n teleurstelling word nie. 32 Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam, want u verryk my lewe.
— Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more