018 — Jakobus 1:26–27 | Suiwer jou hart in Stilte

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:50
0 ratings
· 11 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, leer my asseblief deur U Woord hoe om U waarlik te dien — Amen

SKRIFLESING

James 1:26–27 AFRIKAAN
26 As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos. 27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld

OORDENKING

Ek wil graag hierdie week afsluit met ‘n grappie wat die tong in toom bring en die gemoed opskerp:
Daar was eendag ‘n dame by die dokter vir mediese advies. Sy het haar hele familie geskiedenis uitgelê en gekla van keelseer.
Die dokter het die datum op haar voorskrif begin skryf en gevra: “Mevrou, steek asseblief jou tong uit … “ Hy het voortgegaan om die voorskrif klaar te skryf en dit aan haar oorhandig.
Die vrou was hewig ontsteld en kla oor die feit dat hy haar nie eers ondersoek het nie.
“Mevrou … “ sê die Dokter, “Ek wou net jou voorskrif vir keelseer in stilte klaar skryf”
Haar keelseer was weg na hierdie gesproke voorskrif.
Op ‘n ernstige noot — Dit waaroor die tong in toom gehou moet word kan ‘n magdom goed wees. Die tong is ‘n spieël van die besmetting van die wêreld of jou ootmoedige onderwerping aan God. As jy dit wat jy sê nie in die Here se mond kan voorstel nie, bly dan eerder stil.
Ons wyse optrede kan met wyse woorde aangevul word om transformasie in iemand se hart tuis te bring. Ons woorde kan ook ‘n lewenslange effek op iemand se lewe hê wat hul leer om nuut te dink. Maar, as ons en hulle nie nuut begin optree nie keer die woorde leeg terug.
Mag ek en jy ons tong bestuur deur transformerende optrede in die wil van God.

GEBED

Here, ek wil graag wysheid spreek en leef tot U eer. Help my asseblief deur U Gees daarin — Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more