029 — Jakobus 2:20–24 | Deurweekte Liggaam

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:22
0 ratings
· 16 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, spreek asseblief vandag opnuut tot my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 2:20–24 AFRIKAAN
20 Jou dwaas, wil jy ’n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is? 21 Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? 22 Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. 23 So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is ’n vriend van God genoem. 24 Julle sien dus dat ’n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.

OORDENKING

Jakobus maak baie duidelik wat sy konklusie is in v. 24:
James 2:24 AFRIKAAN
24 Julle sien dus dat ’n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.
Ons moet baie duidelik vir mekaar sê dat Jakobus nie sê ons word deur dade gered nie en Hy sê ook nie dat ons nie deur geloof alleen gered word nie. Jakobus herdefinieer geloof as volkome geloof wanneer ek en jy as psigosomatiese eenheid glo.
Groot woord die “psigosomatiese” eenheid — Dit is die woord wat ons gebruik om te sê dat die mens se siel en liggaam as ‘n eenheid funksioneer. Dade van die liggaam is soos geloof vir die siel, die twee funksioneer as een.
Ek wil ‘n baie eenvoudige voorbeeld gebruik om die eenheid wat Jakobus verduidelik sigbaar te maak. Deesdae as jy ‘n restourant besoek gee hulle vir jou ‘n papierstrooitjie. Gestel ‘n papierstrooitjie is die volkome ontwerp vir strooitjies. Jy druk dit in jou koeldrank en begin drink en kort voor lank is die strooitjie pap en deurweek van die koeldrank. Die koeldrank is soos die inhoud van jou geloof en die strooitjie soos jou liggaam. Jou liggaam word deurtrek van die inhoud van jou geloof wat in jou binnekant vloei. Jy is wat deur jou vloei en as jou liggaam nie deurtrek word daarvan nie is jy nie volkome nie.
Ons is nie net gees of net liggaam nie, ons is mens, en om mens te wees impliseer ons is ‘n psigosomatiese eenheid. Omdat ons ‘n eenheid is kan geloof alleen volkome wees as dit daardie eenheid insluit.
Mag ek en jy glo met ons hele menswees.

GEBED

Here, neem my lewe en laat dit U verheerlik, al meer en meer — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more