033 — Jakobus 3:2-5a | GEWYDE ERNS VAN DIE TONG

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:32
0 ratings
· 15 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, ek roep insig by en vra na gesonde insig vanuit U Woord — Amen. (Prov 2:3)

SKRIFLESING

James 3:2–5a (AFRIKAAN)
“Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. Vir perde sit ons ’n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met ’n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. … “

OORDENKING

Jakobus se voorbeelde van ‘n perd en ‘n skip verteenwoordig alle lewe en geanimeerde voorwerpe met groot krag wat deur die mens getem is. Die bedoeling is om die rebelsheid van die tong sowel as die mag van die tong in die ope te bring.
Hy maak ook later die opmerking: “… geen mens kan die tong tem nie … “ (Jam 3:7). Die bedoeling is nie om die tong ontembaar te verklaar nie maar wel ontembaar deur die mens se eie pogings.
Jakobus is juis besig om die tong van sy luisteraars en lesers te tem deur hulle denke te venuwe met wysheid wat deur God aan hom gegee is.
Jakobus het ons geleer dat wysheid ‘n gawe van God is op ‘n gelowige gebed (Jam 1:5-6). Nou leer hy ons dat die toom vir die tong, die roer vir die skip, die wysheid van God is wat die geloof vernuwe en vrug in die hart en vlees tot gevolg het (vgl. Jam 3:13).
Mag die wysheid van God my en jou tong tem.

GEBED

Here, laat U Woord my lippe vul, my liggaam stuur tot U eer — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more