040 — Jakobus 3:15-16 | WAARHEID SKYN OOR DIE VERBORGE DINGE

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:19
0 ratings
· 9 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, spreek asseblief vanuit U Woord tot my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 3:15–17 AFRIKAAN
15 Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, 16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

OORDENKING

Dit is nie ‘n lekker emosie om te besef jy is verkeerd nie. Nog minder om te hoor dat jou denke aards, sinlik en demonies is. 'n Rede vir die pyn is die bewustheid van die verganklikheid verbonde aan so lewe.
Dit ís nou eenmaal so dat ‘n mens nie met jou eie oë die agterkant van jou kop kan sien nie. Jy het twee spieëls nodig om dit te doen of ten minste iemand wat jy kan vertrou. Mense is ook nie altyd betroubaar nie. Dit staan egter vas deur al die eeue dat die Woord waar is. Die wysheid wat van Bo kom is nog altyd sonder bybedoelings, vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg. Dit is die enigste waarheid wat ons sonder enige twyfel die agterkant van ons kop laat sien. Daardie kant wat nie altyd aan die kant is nie.
Mag ek en jy bewus wees waar die waarheid oor die verborge dinge van ons hart skyn.

GEBED

Here, reinig my hart tot U eer — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more