045 — Jakobus 4:2-3 | GESONDE VERHOUDING MET GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:14
0 ratings
· 8 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, maak asseblief U wil aan my bekend vanuit U Woord — Amen.

SKRIFLESING

James 4:2–3 AFRIKAAN
2 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ’n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3 As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.

OORDENKING

Vir die wêreldse mens is hul eie begeertes die dryfkrag (Jam 4:1). Hulle probeer dit op eie stoom bevredig (Jam 4:2a) en sou hulle wel kies om hul na God in gebed te wend is selfs hul gebede selfgesentreerd (Jam 4:3).
Gelowiges kan nie hierdie gesindheid behou nie. Selfgesentreerdheid veroorsaak immers dat ‘n mens se verhouding met God skade ly. Jy oortree deurdat jy die wet van God begin minag ten einde jou doelwitte te bereik (Jam 4:2). Hoe meer jy dit minag, hoe makliker word dit. Hoe makliker dit word hoe meer gereeld begin dit deel van jou lewe word. Dit word so erg dat die wêreldse mens daarvan oortuig is dat sy lewensuitkyk korrek is.
Gesonde menseverhoudings, wat deel uitmaak van geestelike volwassenheid (Jam 1:4), begin by ‘n gesonde verhouding met God. ‘n Verhouding waarin die hart van God ons swaarder op die hart lê as ons eie wil.
Mag ek en jy ons verhouding met God gesond hou. Mag ons gebede vernuwe word en onderwerp wees aan die wil van God. Mag ons ons medemens liefhê soos God vereis.

GEBED

Here, laat U koninkryk kom, laat U wil geskied — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more