047 — Jakobus 4:5-6 | GOD SOEK JOU VIR HOMSELF

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:05
0 ratings
· 19 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, spreek asseblief tot my hart vanuit U Woord — Amen.

SKRIFLESING

Jam 4:5-6 is die moeilikste verse in die brief om te vertaal. Ek lees dit vir ons …
James 4:5–6 AFRIKAAN
5 Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? 6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”

OORDENKING

Daar is feiltlik geen konsensus oor wat met “die gees wat Hy in ons laat woon” bedoel word nie. Ek dink die 1983 vertaling het ‘n goeie keuse gemaak om dit te beskryf as die gees wat God in ons laat woon het.
Daar is hoofsaaklik drie (3) maniere van dink oor die v. 5:
Die gees kan die gees van die mens self wees (Gen 2:7),
dit kan ‘n bose gees wat in die mens ingegaan het wees (Gen 6:5, 8:21) óf
dit kan die Heilige Gees wees (John 7:38).
Ek dink die oplossing vir die vertalings probleem lê in die konteks van Jakobus eerder as in die verse self.
Tot dusver het Jakobus die spanning in die mens uitgedruk. Die gelowiges worstel tussen gehoorsaamheid aan die bose en volkome gehoorsaamheid aan God. Dit is hierdie spanning wat ‘n hoogtepunt bereik in vv. 5-6.
‘n Ander manier om hierna te kyk is soos volg: God soek beslis nie die bose gees vir Homself nie. Die Heilige Gees, die Gees van God, behoort reeds aan Homself. Dit is net die mens se kieskeurige gees wat nog nie volkome aan God behoort nie.
In die lig van hierdie getuienis is ek van mening dat God beslis my gees vir homself wil hê. God het gekies dat hy my volkome vir Homself wil hê. Ek moet kies of ek myself volkome aan Hom wil toewy. En die wyse wat Jakobus voorstel is soos volg: “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” (Jam 4:6).
Mag nederige onderwerping aan God die keuse van my en jou hart wees en bly.

GEBED

Here, wek U nederigheid in my hart — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more