055 — Jakobus 5:13–20 | GROEI IN DIEPE AFHANKLIKHEID EN OMGEE

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  9:57
0 ratings
· 177 views

Christene moet lyding, siekte en sonde hanteer deur voorbidding by God en ingryping in die lewens van medegelowiges. Soms is sonde een van die direkte oorsake van lyding of siekte, en soms ook nie. Wanneer dit is, word belydenis van kardinale belang. In alle situasies is gebed kragtig.

Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, ook vandag hier in die laaste woorde vanuit Jakobus se brief, mag U Woord vir ons die lig wees. Mag ons harte volkome aan U onderwerp wees — Amen.

SKRIFLESING

James 5:13–20 AFRIKAAN
13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. 14 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. 15 En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. 16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking. 17 Elia was ’n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie. 18 Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer. 19 My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, 20 weet dan dat hy wat ’n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ’n menigte sondes vergewe word

Inleiding

Ons staan vandag aan die einde van ons reis, saam met ons Here en Jakobus, vanuit sy brief.
Ons het ten diepste nagedink en geleer oor wat praktiese heiligheid en geestelike volwassenheid inhou.
Vandag rond die Heilige Gees sy gesprek deur Jakobus met ons af deur na ‘n paar besondere sake te kyk in vv. 13—20
Ek weet dat die opskrif vir die gedeelte in die brief sê: “Die gelowige gebed”. Ek neem in ag dat dit hier oor gebed in besonder praat, maat ek wil jou neem na die dieper begrip van wat hier gesê word.
vv. 13—20 Vertel ‘n storie van ‘n volkome nuwe begin saam met God. Jakobus se argument deur sy hele brief beweeg in een groot rigting. Ek wil dit opsom soos volg: “Ontwikkel ‘n opregte diepe afhanklikheid van God en omgee vir mekaar tot volkome verlossing vir elke mens in sy totaliteit.”
Kom reis saam met my deur die verse van Jakobus dan dink ons saam oor die diepte van sy woorde:

v. 13

James 5:13–14 AFRIKAAN
13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. 14 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.
Omdat v. 14 die langste is val ons klem dikwels dadelik op gebed vir die sieke en die salwing met olie in die Naam van die Here. Kom ek wys jou iets anders.
Daar is drie segmente:
Swaar kry en gebed (Jam 5:13a)
Blydskap en Lofliedere (Jam 5:13b)
Siekte en gebed (Jam 5:14)
Kan jy sien dat dit ‘n baie duidelike beginsel neersit. Vir elke toestand in die vlees is daar ‘n eweknie in die gees.
Vir “swaar kry” is daar “gebed”, vir “opgeruimdheid” is daar “lofliedere” en vir “siekte” en “sonde” spesiale intensiewe “gebed”.
Tree geestelik op ooreenkomstig jou situasie. Daar is ‘n geestelike uitkoms vir elke lewens situasie. (Jam 5:13—20). Geestelike volwassenheid gee hieraan erkenning.
Al drie hierdie beginsels is in die Naam of ter ere aan die Here. In ‘n neute dop “Ontwikkel ‘n opregte diepe afhanklikheid van God”.
Jakobus het nou hierdie twee aspekte van menswees op die tafel gelê. Ons is vlees maar ook gees. In vv 15—16 brei hy hierop uit.
James 5:15–16 AFRIKAAN
15 En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. 16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking.
Die beginsel wat hier verdiep word sê: “Beide ons “siektes”, die beestelike kant, en ons “sondes”, die geestelike aspek daarvan, kan met vrymoedigheid na God gebring word vir heling (Jam 5:15—16).
Jakobus se klem val nie noodwendig op die verband tussen siekte en sonde nie. Sy klem val op die vrymoedigheid om beide voor die Here neer te lê.
v. 16 Sê ook: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar”. Dit gaan nie oor die bymekaar maak van skinder nuus nie, ook nie oor ‘n verpligting om jou hele lewe te ontbloot teenoor almal nie. Dit gaan hier baie spesifiek oor die Geestelike Restorasie van die Gemeente (Jam 5:16) .
Ons moet onthou dat die onmin, die tekortkoming, waaroor Jakobus van die begin af skryf, die verdeeldheid en siekte van die gemeente uitgebeeld het. Ons moet dus die Geestelike Restorasie van die Gemeente op die hart dra en saam met God daaraan werk.
vv. 17—18 Gebruik die voorbeeld van Elia. Hiermee lê Jakobus klem op die fisiese realisering van God se antwoord op gebed (Jam 5:17—18). Die gelowiges het beslis die fisiese verwaarloos. Jakobus se argument is juis dat beide die geestelike en fisiese aspekte van geloof in die gelowige se lewe teenwoordig moet wees.
In vv. 19—20 beweeg Jakobus weer na die geestelike.
James 5:19–20 AFRIKAAN
19 My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, 20 weet dan dat hy wat ’n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ’n menigte sondes vergewe word
Ons moet onthou dat om iemand na die waarheid terug te bring, waarheid oor die gees of waarheid oor die vlees, ‘n menigte sondes bedek.
In sy eenvoudigste gaan dit oor die geestelike en fisiese restorasie van elke individu. Maar, sê Jakobus, dit gaan oor ‘n volkome herstel van elkeen. Een handeling van eerlike belydenis en gebed kan ‘n hele geskiedenis restoureer vir ‘n volkome hede.
SAMEVATTING
Ons is die laaste 11 weke gekonfronteer met baie vanuit die hart van Jakobus. Hy het waarlik die diepte van die werking van die Heilige Gees deurdink.
Hierdie diepte bring ons by die volgende: “Ontwikkel ‘n opregte diepe afhanklikheid van God en omgee vir mekaar tot volkome verlossing vir elke mens in sy totaliteit.”
Daar is hoop in die donker. Sou dit die donker van ons omstandighede wees, sou dit dalk meer persoonlik die donker in my of jou hart wees.
Wat ook al die dieptes is waaraan ek en jy dink — God is ook daar en Hy wil met ons handel tot ‘n volkome verlossing van al ons sondes …

GEBED

Here, dankie dat U saam met ons deur hierdie 11 weke gereis het. Dankie vir die konfrontasie met waarheid, met U.
Help ons om met ‘n opregte diepe afhanklikheid van U te leef. Leer ons omgee vir mekaar. Mag U hartklop van volkome verlossing vir elkeen van ons in die lewe realiseer deur die werking van U Gees — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more