Eerbied Vir God

Illustration  •  Submitted
0 ratings
· 37 views
Notes
Transcript

RONDEBOSCH

23 Julie 2006

 

NEHEMIA 5:9       “  Dit is nie ‘n goeie ding wat julle besig is om te doen nie.  Julle moet tog eerbied vir ons God hê in julle optrede, en nie ons vyande, die heidene, minagting vir ons laat kry nie.”

NEH 6:15  “Ek het nie so gemaak nie uit eerbied vir God.”

NUWE INLEIDING:    Elke land het sy eie morele en kulturele probleme – en as jy ‘n bydrae wil maak om dit op te los – duidelik kan onderskei tussen oorsaak en gevolg.  Siekte gesond maak en nie die simptome behandel nie. 

 Brad Bright – werk saam met Campus Crusade for Christ – skryf ‘n boek :  “Making God the Issue” BN.com – Winning the Culture War

Brad Bright believes the real issue in changing the American moral culture isn't dealing with the political issues of abortion, pornography, and homosexuality, but having a correct, biblical view of God. If we don't win the God issue, we don't win the rest of the issues. Through his experiences working with Campus Crusade for Christ and the political arena, Brad has a vast perspective on how Americans view God.

Brad wants to help believers and non-believers change, or reframe, their thinking to the paradigm found in the book of Acts. In order to be able to challenge the culture war, we must become skilled at distinguishing cause and effect – we must become more focused in our efforts to cure the disease rather than just treat the symptoms. If we fail, it will be a detriment to ourselves as individuals, as well as the nation.

Brad says that when we are confronted with an issue, we have three choices. We can ROLLOVER, REACT, OR REFRAME.

ROLLOVER IS TO IGNORE A PROBLEM AND HOPE IT GOES AWAY.

REACT IS USUALLY A DEFENSIVE MECHANISM and is the default or natural response for most people. Unfortunately, if people react, they are not focused on the message and they lose control of the dialogue.

THE OPTIMUM CHOICE IS TO REFRAME. This third choice requires focus, discipline, and courage to stay on the matter at hand. This also implies that we have a message we want to get across. Brad says with reframing, people should never feel obligated to answer a question, unless it allows them to go where they want to go in the dialogue.

The Reframing Game

According to Brad, Jesus used reframing. For example, in Matthew 22, where the Pharisees were questioning whether it was lawful to pay taxes to Caesar, Jesus knew they were trying to set Him up. If Jesus said, “Yes,” the masses, which didn’t like the Roman establishment, might turn against Him. If He said, “No,” He would risk the anger of the Roman ruling establishment. Jesus knew that the real issue was not paying taxes. Jesus accused his opponents of being “hypocrites,” attacking their credibility in an area in which they were vulnerable and putting them on the defensive. Jesus then reframed the question: Since the money the Jews used bore the image of Caesar, was it not his? If so, was it right to withhold from Caesar what was rightfully his? But Jesus did not leave the discussion there. His real goal was not to settle an issue about money, but to point people to God. Therefore, immediately after telling them, “Give to Caesar what is Caesar’s,” He added, “and to God what is God’s.” He did not just address the issue at hand, man’s obligation to the state, but He also dealt with the greater issue of man’s obilgation to God. In the process, He also exposed the Pharisees’ hypocrisy. The goal of the Pharisees was to maintain their own power by discrediting someone they viewed as a threat. But when Jesus took the initiative and changed the terms of the debate, “They left and went away.”

In 1994 Brad and Campus Crusade for Christ had to draw on this example in real life when they encountered Todd, a student at the University of Washington in Seattle. Todd came up to a Campus Crusade for Christ information table and wanted to join a Bible study. The female college student attending the table said he could. Todd also shared he was gay and asked if he would still be able to join. She gave him the unexpected answer of "yes." His next question gave him the answer he was looking for all along. He asked, "Is there anything I would not be allowed to do because of being gay?" She said that as long as he engaged in homosexual behavior he could not hold a position of leadership. Todd parted, saying he was offended.

The next day the student newspaper had a front page story that featured the incident. It read, "Christian group won't allow gay students to be leaders." The following day, the newspaper had an editorial entitled "Why is CCC's discrimination condoned by UW?" There was a call to revoke Campus Crusade's charter as an officially recognized student organization.

Campus Crusade's response was to confront them, but they refused to do it on their opponents' terms. The following week, Campus Crusade for Christ handed out 10,000 flyers at the foot of the major traffic points leading to the University of Washington in Seattle campus. The purpose of the flyer was to reframe the issue as "censorship" rather than intolerance. They used the words "small, vocal minority" instead of "homosexual" or "homosexuality" because the latter words would water down the issue. Then, Campus Crusade accused the "small, vocal minority" of being hypocritical, of undermining true diversity, of seeking to ban free speech, and of practicing censorship -- these were all done to put the opponent in a defensive posture. The flyer ended with the question, "What are they afraid you might hear?" which allowed Campus Crusade to segue into their real issue: the God of the Bible and Jesus Christ.

For the next three months Campus Crusade for Christ's opponents attacked. Campus Crusade "strategically ignored their issue," kept putting them in the defensive posture, and focused on their issue, talking about God. Campus Crusade wanted to debate the cause, not the effect. After a few months Campus Crusade's opponents lost ground in the debate.

Brad uses this encounter at the University of Washington to show how to reframe the issue. Just as Jesus was not afraid to call the Pharisees' bluff on the subject of taxes, Campus Crusade did not back down with Todd. Legitimate questions were answered, but hypocricy was exposed. The message was framed, or focused, and made understandable to the audience.

Brad says in doing this we are going to get a strong reaction. Christians have won the intellectual argument but have lost the emotional debate, and that emotion is the truth of this age. He also says that we miss opportunities every day in using today's issues, like abortion, as an evangelistic tool, to use God issues to reframe thinking. We must co-opt every issue just as the homosexuals have hijacked the civil rights issue.

Dit is presies wat Nehemia doen:  Hy REFRAME die probleem – plaas die probleem heeltemaal in ‘n ander raamwerk. 

Dit is die geheim van geestelike leierskap – dis die geheim van ‘n gelowige ouer/pa in sy huis – kom ons plaas die probleem wat ons het in die regte raamwerk – anders skep ons net aktiviste.

 

Die groot probleem met aktiviste vandag:   hulle “react”   

         

Interessante nuwe program op die TV skerm.

Oor die loop van 8 Sondagaande om agtuur bied ‘n organisasie met die naam Heartlines ‘n TV reeks  aan oor morele waardes. Die organiseerders van die reeks probeer ‘n bydrae maak tot die bewusmaking en herstel van sekere lewenswaardes  waarsonder ‘n  gemeenskap nie kan bestaan nie.     Elke aand  word een morele waarde  uitgebeeld en daarna bespreek.  Die toneelspel is baie goed en ons moet mekaar aanmoedig om dit te kyk.  Doen ‘n beroep op Christene om saam te praat.

Verlede Sondagaand se artikel het gehandel oor AANVAARDING. Vanaand:  VERANTWOORDELIKHEID

Mens kan nie anders as om te merk dat daar  ‘n desperaatheid in die Suid Afrikaanse gemeenskap te bespeur is in ‘n soeke na NUWE BRONNE vir morele waardes. Netsoos die wêreld soek na nuwe bronne van energie, soek mense vandag na nuwe bronne vir morele waardes.   Orals hoor ons mense sê:  “DIT KAN NIE SO AANGAAN NIE”  “ÊRENS MOET IETS GEDOEN WORD.”

Daar is baie mense wat graag iets wil doen, maar dit is asof hulle  NIE MOOI WEET WAT OM TE DOEN NIE. 

Wat kan elkeen doen wat moontlik is ?

Beroep op elke gelowige doen om Nehemia se voorbeeld te volg:   EK HET NIE SO GEMAAK NIE UIT EERBIED VIR GOD.

EK MAAK NIE SO NIE UIT EERBIED VIR GOD  

DIS NIE ‘N GOEIE DING WAT JULLE BESIG IS OM TE DOEN NIE.  JULLE MOET TOG EERBIED VIR ONS GOD Hê IN JULLE OPTREDE.

VERSTOMMENDE ONTDEKKING dat daar byna geen faset van die lewe is wat die Bybel nie vasmaak aan eerbied vir God nie. 

Eerbied vir God is die finale maatstaf, die sekuriteit vir die voortbestaan van alles wat God vir die mens gegee het.

Tekste teveel om op te noem.  UIT EERBIED VIR GOD

·        Mag jy nie ‘n dowe vloek of ‘n hindernis in die pad van ‘n blinde lê nie

·        Eerbied bewys aan ou mense en hulle met respek behandel

·        Mag julle mekaar nie uitbuit nie

·        Moet jy jou medevolksgenoot by jou aan die lewe hou

·        Mag jy hom nie hard behandel nie

·        JOB 6;14  “Wie medelye met ‘n vriend beskou as ‘n las, het eerbied vir God verwerp

God neem van die begin af al die SAGTE TEIKENS in die samelewing in ag met Sy eer.

Wanneer dinge begin skeefloop, het God se eer verdwyn: 

SPREUKE 14:2 “Wie krom paaie loop, het nie eerbied vr die Here nie.

Hoe lyk ‘n gemeenskap wat eerbied het vir God ? 

Hoe lyk ‘n gemeenskap waarin die eerbied vir God verdwyn het ? 

Nehemia moes sy mense in benarde omstandighede lei. 

Die geskiedenis vertel dat die  simbool vir die herstel van sy volk  die herstel van die tempelmure in Jerusalem was.     Die Arabiere en Moabiete  rondom hulle het elke denkbare poging aangewend om hul bouwerk met intriges, leuens en doodsdreigemente   te saboteer.   Nehemia en sy mense was van dieselfde ras en kleur – van buite was daar geen verskil nie – al verskil was hul godsdiens.

Die gevaar van verraad was so groot  dat Nehemia families laat saamwerk het – hulle kon immers mekaar vertrou en weet   wie vriend of  vyand is.  

Hulle daaglikse lewe het lewensgevaarlik geword.  Die beskerming van hulle lewe het net so’n groot taak geword soos hul gewone daaglikse arbeid.  

ALMAL MOES  ‘N WAPEN DRA. 

DIT WAS EGTER NIE VIR DIE MENSE TE VEEL NIE. 

Maar wat vir hulle te veel geword het was die gesindheid van sommige landgenote teenoor mekaar.  Hulle het gegaan vir die sagte teikens – die mense wat deur omstandighede weerloos gelaat is. 

·        Tot Nehemia se groot ontsteltenis moes hy uitvind dat sy grootste probleem  nie sekuriteit teen vyande was nie, maar ekonomiese beskerming van sy eie mense teen mekaar   -  teen die wat uit ander se nood geld gemaak het.

·        Die rykes het die armes uitgebuit en nog verder verarm.  

·        Uit die mense se oogpunt het niemand ‘n wet oortree nie, maar vir die gevoelige oog en oordeel van ‘n Godvresende leier was daar so’n groot skroef los dat Nehemia by gebrek aan ‘n bepaalde naam of kategorie van verkeerde optrede slegs kon sê:

“ Dit is nie ‘n goeie ding wat julle besig is om te doen nie.”

Ons het vandag DIESELFDE ERVARING:  daar is ‘n groot skroef los in die gemeenskap.   Ons sukkel om  dit ‘n naam te te gee.  Die een sê al die verkeerde optredes spruit voort uit armoede, die ander sê die oorsaak is ‘n gebrek aan opvoeding.  

Mense verskil dikwels grootliks oor wat aan die gang is.  Skuld word links en regs uitgedeel.     Luister maar na ons daaglikse Radio geselsprogramme op  RSG  waar baie van hierdie sake dikwels bespreek word – ‘n mens is so dikwels skaam vir die insigte en opinies van mense.

DIE BOODSKAP VAN NEHEMIA VIR ONS GEMEENSKAP IS DUIDELIK EN EENVOUDIG:

EERBIED VIR GOD HET UIT ONS DOEN EN LATE VERDWYN

Nehemia het as visionêre volksleier besef dat dit nie help om mure rondom jou te bou as die mense wat met mekaar saamleef nie respek het,   nie eerbied het vir mekaar nie.  Ons leefstyl teenoor ander sal net regkom as ons eerbied vir God het. 

EERBIED =

·        OM MET GOD REKENING TE HOU.  DIE BESEF DAT JY AAN DIE EINDE VAN ALLES AAN GOD VERANTWOORDING SAL DOEN………..ONTSAG, VREES, VERSIGTIGHEID, RESPEK, PIËTEIT, VERANTWOORDELIKHEID. 

·        Eerbied en respek is een van die EERSTE LESSE wat ‘n kind leer – moet leer – as hy of sy grootword. 

·        Eerbied en respek is die BOUMATERIAAL van opvoeding en karakter.  

·        Soos die NAALD VAN ‘N KOMPAS altyd noord wys, so lê daar in die lewensoriëntasie van almal wat God  ernstig opneem ‘n fondament van respek teenoor  mens en wêreld.

·        Wanneer dit uit die samelewing of ons persoonlike lewenshouding verdwyn,  het ons te doen met ‘n stuk harde barbaredom.  

·        Respek is die sement vir ‘n ordelike samelewing. 

·        ‘n Jong man  met respek vir die samelewing jaag nie met ‘n brullende motorfiets rond wanneer ander slaap nie. 

·        Woonstelbewoners of bure neem  ander mense in ag wanneer hulle plesierig word……..bloot omdat hulle respek vir ander het.

·        ‘n Man met respek vir sy nuwe motor.

·        ‘n Jong man het respek vir sy meisie.  Hulle twee sit in ‘n restaurant.  Agter hulle sit ander wat kliphard in ‘n taal gesels wat duidelik nie in die openbaar pas nie.  Die jong man staan op en vra die ander groepie vriendelik om sy meisie te respekteer – en nie sulke taal in haar teenwoordigheid te gebruik nie. 

·        Juffie, soek jy ‘n man ?  Kyk of hy respek vir jou het.

·        EERBIED IS NIE SOMMER VANSELF DAAR NIE.  Iemand het nie eendag besluit – dis nou ‘n gawe ding hierdie – kom ons voer dit in en gebruik dit .  

Nee. 

EERBIED IS IETS WAT GOD IN DIE WÊRELD GEBRING HET.   Toe God  Sy opdragte vir ‘n ordelike en geseende samelewing vir Moses gegee het – was die begrip EERBIED diep daaragter verskuil. 

Toe God ‘n volk wat eeue lank verdruk was ‘n nuwe toekoms wou gee, was eerbied en respek die boustene: 

EERBIED VIR EEN GOD, SY NAAM. SY DAG,

JOU MA EN PA, DIE LEWE, DIE HUWELIK,

ANDER SE EIENDOM, DIE WAARHEID.    . 

·        EERBIED  IS NIE ‘N VAK WAT JY OP SKOOL KAN NEEM NIE.  

Eerbied is ‘n stukkie van God se Beeld wat afsplinter en die lewens versier van almal wat kennis van Sy  persoon en werk opdoen. 

·        Eerbied is gevoel vir rigting wanneer jy God ontmoet. 

·        Eerbied is een van die deure wat lei tot ‘n diepe gevoel van SPIRITUALITEIT

·        Eerbied laat ‘n mens driedimensioneel na die lewe kyk   

Eerbied hang soos ‘n onsigbare wolk oor jou as jy God gesien het.

Luister maar na die GETUIENISSE VAN MENSE wat al  op die een of ander manier gekonfronteer is met die werklikheid van God se bestaan en Sy teenwoordigheid.   Hulle  lewens was  daarna nooit weer dieselfde nie. Dit is asof hul  ligsinnigheid en hovaardigheid  onmiddellik verdwyn het   Hulle “attitude” houding/gedrag verander in  piëteit , ontsag, eerbied, versigtigheid, ‘n nuwe  aanvoeling van  respek vir die lewe.  

·        Eerbied vir God leer ons om na mense en die lewe te kyk soos God ons sien.  

Om ontsag vir God te hê help jou om fyn te onderskei, sonder allerhande geleerde teorieë betyds aan te voel:  “Dit is nie ‘n goeie ding wat ek besig is om te doen nie.” 

HET ONS NOG HIERDIE AANVOELING – HET ONS NOG DIE MOED OM DIT VIR MENSE TE SÊ ?  

Ek het ‘n bietjie na die Bybel gaan kyk en die verstommende ontdekking gemaak oor watter seën/krag/invloed/betekenis eerbied vir God het: 

1     EERBIED VIR GOD BESKERM GOD SE WERK OP AARDE. 

Die geskiedenis van die Christendom en gemeentes is besaai met voorbeelde van  mense wat God se werk op so’n manier gedoen het, of met hulle leefstyl ’n voorbeeld gestel het wat  BAIE VYANDE  GEMAAK HET. 

Ons kan lang stories daaroor skryf en baie voorbeelde opnoem – maar die oorsaak van almal is eenvoudig -  mense het nie opgetree uit eerbied vir God nie  -– die eerbied vir  mense, volke, kulturele of materiële dinge was  belangriker as die eer van God.   

Maar weet u wat is vir my die ongelooflike: 

MENSE KON EGTER NIE GOD SE WERK VERNIETIG NIE.  GOD HET DEUR DIE EEUE SELF SY WERK BESKERM MET SY EER. 

ESEGIËL 36:20  “En toe hulle [ God se volk] daar by die ander nasies kom, het hulle My Naam oneer aangedoen TOE DIE MENSE VAN HULLE Sê: ‘ MAAR DIT IS MOS DIE VOLK VAN DIE HERE HIERDIE……..Ek is begaan oor My heilige Naam wat oneer aangedoen word…..daarom, sê vir Israel “Dit is nie terwille van julle dat Ek optree nie maar terwille van My heilige Naam ……….wanneer Ek My heiligheid laat blyk in wat Ek met julle doen voor die oë van die nasies, sal hulle besef dat Ek die Here is.” 

God se werk op aarde is so uniek, so ingrypend, so lewensbelangrik , so ewig dat Hy dit nie sonder meer van  mense afhanklik maak nie.  Alhoewel mense Sy werk doen, moes HY HOMSELF TEEN MENSE BESKERM.   Die Jesus het  die mense van sy tyd teen die leefstyl van die fariseërs gewaarsku: “doen wat hulle sê – maar moenie hulle voorbeeld volg nie”

GOD SE EER HOU WAG OOR SY WERK.  

Bevestig deur die geskiedenis van Israel - Israel het ‘n toekoms van hoop ten spyte van Homself want  God se eer is die waarborg vir  Sy beloftes…..God kan aan Sy belofte nooit ontrou word nie. 

·        God se eer lê daarin dat Sy wwoord waar word ten spyte van mense. 

·        Sy eer lê daarin dat Sy liefde en genade gewaarborg is – ten spyte van mense se verkeerde optredes.

Die BYBEL IN PRAKTYK maak die volgende aantekening by hierdie vers:  “Dit is vir gelowiges van die grootste belang om te weet dat ons redding nie op grond van ons of terwille van onsself is nie, maar terwille van die Here.  Ons verdien dit nie.  Die Here red die mens uit genade.  Die Here gee aan Sy kinders ‘n nuwe denkpatroon” 

Dit is denkpatroon van Nehemia:  die aanvoeling – is dit wat julle doen tot eer van God ? 

ORAL WAAR DAAR NA DIE EER VAN GOD GEVRA WORD, IS HY TEENWOORDIG.  WIE SY NAAM NOEM SAL HY NIE IN DIE STEEK LAAT NIE WANT SY EER IS GEKOPPEL AAN SY NAAM. 

AANDAG VESTIG OP DIE AANGRYPENDE WOORDE VAN

NB:  MALEAGI 3:16 - 18

2          GOD SE EER BESKERM OOK ONS  WERK OP AARDE.

 

Die geskiedenis bewys dat daar ‘n soort van ONSTERFLIKHEID  verbonde is aan  die werk van mense  wat God se eer gesoek het.   Mense name in ‘n gedenkboek – om nooit vergeet te word nie. 

 

Baie sulke name: 

 

·        In jou eie familie:    -  die geestelike nalatenskap van  godvresende voorgeslagte. Ek het al so baie mense wat self die goeie pad verloor het , hoor praat van hul godvresende ouers – hulle het alles vergeet – maar onthou hul godvresende ouers se voorbeeld.  

·        Lees maar die kerkgeskiedenis.   Die sendingverhale.

·        Kyk maar na die blywende betekenis en waarde van  kunswerke, musiek, die literêre nalantenskap van manne en vroue uit die christendom van weleer wat dit wat hulle gedoen het tot eer van God gedoen het.   Dit word van MICHAEL ANGELO vertel dat iemand eendag hom by sy werk besoek het.  Michael Angelo het op  sy rug op ‘n stellasie gelê  besig om agter ‘n balk  waar niemand kon sien nie die vlerkpunte van ‘n duif te voltooi.  Toe die persoon hom vra:  waarom doen jy soveel moeite op ‘n plek waar niemand ooit sal kyk nie, was sy antwoord:  Ja, maar God sien dit !!

 

Nehemia sê vir sy mense:  God sien julle optrede !!

Daar is mense wat ‘n vervaldatum by hierdie waarskuwing geskryf het.

Mense wat sê: dis bangmaak stories !

Om eerbied vir God te hê sluit natuurlik vrees in, maar dit is dieselfde soort vrees was wat ‘n kind vir sy ouers het as die een broer vir die ander sê: jong, pa mag tog net nie hiervan hoor nie ! 

Eerbied is ontsag -  die besef dat ek aan iemand groter as ek verantwoording moet doen en dat ek daarmee rekening moet hou.    Eerbied vir ouers is die veiligheidsremme aan ‘n kind se

lewe.  Netso is eerbied vir God en Sy wil vir die mens die veiligheidsmeganisme vir ons lewe. 

Jer 2:19 “ Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is, jy sal proe hoe bitter dit is om ………geen eerbied meer vir My te hê nie.”       

AS JY GRAAG JOU WERK OP AARDE, JOU STUKKIE LEWENSWERK WIL BESKERM, SOEK IN JOU LEWE NA DIE EER VAN GOD.

As jy graag iets wil nalaat wat die moeite werd is – leef jou lewe uit eerbied vir God. Daar is twee teksverse wat in elke Bybel onderstreep moet wees: 

·        1Kor 10:31   “Of julle eet en of julle drink of wat julle ookal doen, doen alles tot eer van God.”

·        1 Sam 2:30   “want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.”

Die Bybel sê [ 2Tim 3:1] dat ons in die tyd leef van “groot praat en hoogmoedigheid.  ‘n Tyd waar mense beledigend teenoor mekaar is, ondankbaar met geen eerbied vir God nie.”

GOD SE EER SPAN ‘N VEILIGHEIDSNET OOR AL ONS WERK OP AARDE. 

Wat ‘n ongelooflike waarheid.

Eerbied vir God is ons waarborg.    Eerbied vir God as Skepper, EERBIED VIR DIE NATUUR, DIE MENSLIKE LIGGAAM,  jou MEDEMENS, eerbied vir almal wat in GESAGSPOSISIES aangestel is, eerbied vir die REGERING, eerbied vir die oues en swakkes. 

EERBIED IS DIE BEENSTRUKTUUR WAT ‘N GESONDE GEMEENSKAPSLIGGAAM OPHOU.  WAAR DAAR NIE EERBIED IS NIE, VERVAL DIE GEMEENSKAP IN CHAOS. 

Een van die seerste pak slae wat ek as kind gekry het was omrede ek lelike woorde vir ‘n ou kleurling plaaswerker gesê het. 

Eerbied vir God oorbrug die verskille tussen mense. 

Waarom dink u het God meer wette gemaak om die medemens te beskerm as enigiets anders?  

Waarom het die engele Jesus se geboorte aangekondig met die woorde: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het.” 

Eerbied oorbrug al die skeidings tussen mense.

Eerbied blus die vure van korrupsie. 

Eerbied vir mense sny wandade, misdade by die wortel af. 

Eerbied vir God skep eerbied vir die waarheid.

Elke christen moet TV verhaal wees van die lewenswaardes wat uit eerbied gebore word. 

Elke mens het ‘n ingebore bandeloosheid wat in toom gehou word deur die vraag:   is dit tot eer van God !!  So baie mense kry seer, maak seer, verwoes  hul eie en ander se lewens omdat hulle hierdie vraag nie doelbewus vra nie  - omdat hulle nie soos in Nehemia se tyd ‘n eed aflê om altyd tot God se eer te leef en op te tree nie.

Wanneer ons moet kies, besluit kan ons vra:  is dit reg, is dit goed, - maar die onfeilbaarste toets is alttyd:  IS DIT TOT EER VAN GOD.  

Dit is God se genadegawe aan ons – HY wil ons werk beskerm – Hy doen dit deur dit onder die beskerming van Sy eer te bring.  Dit wat tot Sy eer is, het ewigheidswaarde.  Is onsterflik.

“Tot eer van God” is ‘n klein en kort klousule wat lewenskontrakte in die hemel geldig maak.  

EERBIED HOU ‘N MENS OP JOU TONE, DIT HAAL DIE BESTE UIT JOU UIT.  Eerbied laat ‘n mens die dinge teenoor mekaar opweeg en bring tot besinning. 

Jer 2:19  “Die kwaad wat jy gedoen het, sal jou straf word.  Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is, jy sal proe hoe bitter dit is om My, die Here jou God te verlaat OM GEEN EERBIED MEER VIR MY TE Hê NIE, sê die Here God Almagtige.”

Spreuke 14:2  “Wie opreg lewe, dien die Here: wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie.  “

Om God se eer te soek, is

·        om sekere dinge nie te doen nie.    Neh 6:15  “Ek het nie so gemaak nie uit eerbied vir God.”   Daar is dikwels onder christene ‘n soort van valsheid: ons doen  sekere dinge nie omdat ons sê “Wat sal die mense sê “  Dit gaan nie oor wat mense sê nie, maar oor wat God sê !  Dis die toets !

·        OM SEKERE DINGE WEL TE DOEN:

[a]    OM TE SORG DAT JY VIR ANDER ‘N VOORBEELD IS : vers 13 “Self het ek my sakke uitgeskud…..”   1 Kor 10:32 –33  “Moenie aanstoot gee nie.  Nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie.Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom.  Ek soek nie my eie belang nie, maar die van baie ander sodat hulle gered kan word.”

Eerlike opregte lewensstyl wat mense se gewete aanspreek – dit is die antwoord.  ‘n Kind wat nie hiermee grootword nie leer dit baie moeilik buite die huis.

Onthou:  dit begin by die klein dingetjies – die klein optredes teenoor ander wat binne en buite jou kring aan jou onbekend is. 

[b]    God se eer gee ons ook ‘N FYN AANVOELING EN INSIG IN ONS OPTREDE. God se eer laat ons dinge raaksien wat ander nie hinder nie.   Daar is baie keer baie moeilike situasies waarin ons ook nie ‘n antwoord het nie.  Maak altyd seker at jy God se eer soek – en jy sal nooit met jou groot voete in ‘n ander se blomtuin trap nie. 

[c]    God se eer gee ons OOK DIE VRYMOEDIGHEID OM TE PRAAT – ons stem te verhef oor dit wat nie reg is nie.  Ons praat nie oor onsself, ons opinie

hOEVEEL VYANDE VAN GOD HET Ek NIE  AL GEMAAK NIE ?

[d]    EERBIED VIR GOD  BESKERM JOU HUISGESIN EN JOU NAKOMELINGE

U moet tog weer die geskiedenis van Eli  gaan lees.  Eli, die priester was ‘n baie goeie man, maar hy het uit die goedheid van sy hart toegelaat dat sy seuns oneerbiedig teenoor God leef – hy het hulle nooit vermaan nie. Hy was te jammer vir hulle om hulle hard aan te spreek – om hulle te tug.  Hy het nooit met hulle oor eerbied vir God se opdragte gepraat nie.  Sy seuns Hofni en Pineheas se  wil en sinne het  Eli se huis regeer.   Daarom sê God vir hom – dit wat ek vir jou gegee het, vat ek weg…”en in jou familie sal niemand oud word nie. Op dieselfde dag sal hulle albei sterf.   Jy sal in nood na my woonplek staan en kyk tussen al die weldade wat Ek aan Israel sal bewys…….die meerderheid van jou huis sal in hulle fleur sterf….”   Die sonde van die vaders word tot in die derde en vierde geslag gestraf !!

SPR 28:7  “’n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here: as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie, bring hy skande oor sy vader,” 

Hoeveel SEUNS EN DOGTERS SE LEWE WORD NIE ELKE DAG GERED EN BESKERM DEUR DIE EERBIED WAT HULLE VIR OUERS HET

– ek maak nie so nie uit eerbied vir my ouers want hulle is godvresende mense – hulle het my belange op die hart – die raad wat hulle my gee is gebore uit hulle eerbied vir God.  

Is daar nie iemand wat Amen hierop wil sê nie – iemand wat vandag voor die here ‘n eed sal aflê……..”üit eerbied vir God sal ek nie soos Eli wees nie….”  Neem vandag ‘n polis uit vir jou familie deur te sê :   ek sal sorg dat God in my huis geëer word. 

Hoe leer kinders van God, van die plek van God in ‘n mens se lewe ?  Deur ‘n godvresende ouer se voorbeeld.

[e]    EERBIED VIR GOD BESKERM DIE VEILIGHEID VAN DIE  GEMEENSKAP:   Waar God geëer word kan ‘n mens rustig slaap, is jou kinders veilig by die skool.  God wil mense beskerm teen uitbuiting, teen onreg, teen vyande van buite en binne. 

·        Dink maar net aan die TIEN GEBOOIE.  SES DAARVAN IS GEMIK OP ORDE EN VEILIGHEID IN DIE GEMEENSKAP. 

EER GOD DEUR SY GEBOOIE TE GEHOORSAAM EN BRING WEER ORDE IN DIE GEMEENSKAP. Jou lewe is word beskerm, jou huwelik, jou eiendom, jou eer. 

 [f]    EERBIED VIR GOD BRING ORDE IN ‘N HUWELIK:  Ef 5:21 en 33 verklap ‘n groot geheim van ‘n stabiele huwelik:  ‘n man en vrou wat respek vir mekaar het.  Een van die allermoeilikste dinge van ‘n ongelukkige huwelik is om iemand vir wie jy nie respek het nie, lief te hê.  As jy respek eerbied vir God het, kom die eerbied vir jou lewensmaar vanself !!

[g]    EERBIED VIR GOD BRING ORDE BY DIE WERK.

As jy ‘n gelowige is, en by jou werk klaas is [ nie die engelse “class”nie, maar die afrikaanse Klaas ] dan sê die Bybel in 1 Tim 6:1  “wees eerbiedig teenoor die baas, sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die christelike leer nie.”  Mense se werksomstandighede is vandag en die grootste knelpunte – verander dit deur God te eer !

 

[h]    EERBIED VIR GOD IS DIE BESTE KWALIFIKASIE VIR LEIERSKAP: Toe Nehemia se bouwerk klaar was en hy ‘n leier moes aanstel, lees ons in Neh 7:2  “Ek het Gananja in bevel van Jerusalem geplaas.  Gananja was ‘n betroubare man wat eerbied vir God gehad het, meer as baie ander.”

Kan ons dit nie weer terugbring as ‘n kwalifikasie vir leierskap nie ? 

·        Nie die kleur van jou vel of

·        die graad agter jou naam nie - nie

·        MAAR JOU LEWENSSTYL VOOR GOD.  Ons sal almal eerbied betoon aan ‘n man wat eerbiedig leef voor God. 

[i]  EERBIED VIR GOD BEWAAR JOU OM NIE VOORDEEL TE TREK UIT JOU GODSDIENS NIE:     Paulus gee vir Timotheus raad en sê:  as ‘n christen klaas is by die werk en sy baas is ook ‘n christen mag hy nooit die christenskap van sy baas eksploiteer terwille van homself nie. Christene trek nie mekaar voor nie.   [ 1 Tim 6:2 ]

[j]     EERBIED VIR GOD BESKERM DIE BELANGE VAN DIE BEHOEFTIGE IN DIE GEMEENSKAP:  Nehemia se bepalings veronderstel dat ekonomiese praktyke ondergeskik gestel word aan die verantwoordelikheid ten opsigte van die medemens. 

 Hoeveel keer hoor ons nie vandag dat die ekonomie onbelemmerd deur markkragte  bepaal moet word nie? Die verbondsbepalings herinner ons om ons prioriteite reg te kry. Ons solidariteit met die medemens in nood geniet voorrang bo die ekonomiese wetmatighede wat diegene wat het steeds bevoordeel bó dié wat nie het nie! Menseregte is nie maar abstrakte teoretiese sake nie, maar spruit voort uit menslike nood. [ Bybellenium En Volume Kommentaar]

 ‘n Kerk wat nie solidêr is met die ekonomiese nood van mense, werkloosheid, onregmatige salarispraktyke, uitbuiting en seerkry  nie, word nie geglo nie.    ‘n Kerk wat slegs uit ‘n gesagposisie wil raadgee en leer, word nie meer vertrou nie.  Kerklidmate het vandag ‘n ongelooflike verantwoordelikheid ten opsigte van hul optrede. 

Job 6: 14:  ”Wie medelye met ‘n vriend beskou as ‘n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp.”

Christene moet vandag buitengewone moeite en belangstelling toon in onbillike arbeidspraktyke.  Ons het vandag ‘n toenemende behoefte aan Christenleiers wat soos ‘n Nehemia kan sê:

Neh 5:14-15  “Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God “  Christenleiers wat soos Nehemia ‘n voorbeeld kan stel:

5:13  “Self het ek my sakke uitgeskud en gesê : Mag God elkeen wat nie woord hou nie, so uit sy huis en sy besittings uitskud, dat hy net so kaal en uitgeskud is.

Neh 5:12 “Ëk het toe die priesters geroep en die burgers en amptenare onder eed laat onderneem om hiervolgens te handel.”

 

As christene moet ons heel eerste ons eie doen en late begin ondersoek want ons het ‘n rol te speel, ons het ‘n voorbeeld om te stel.  Ons is nie daar om wette toe te pas nie, maar ons is daar om Nehemia se woorde te herhaal:    “Dis nie ‘n goeie ding wat julle besig is om te doen nie.”

 

Terwille van die eer van God het ek as christen ‘n rol te speel teenoor die verwer wat my huis se dak kom verf, teenoor die dagloner wat in my tuin werk, teenoor die vrou wat my huis skoonmaak.   Ons is almal moedeloos oor die baie arbeidswetgewing van vandag – maar ons dink nie genoeg aan die ekonomiese ellende rondom ons nie.   Al wat ons kan doen, is om in ons eie klein wêreldjie tot die eer van God op te tree. 

Ons probeer maar almal om op die billikste wyse werk te laat doen, maar watter voorbeeld stel ons vir die “heidene rondom ons ?”  

·        Voorbeeld 1       ‘n Dagloner werk ‘n week by mense.  Sy totale bestaan is afhanklik van die bietjie kontant wat hy elke dag verdien.  Sy vrou werk nie en hy het kinders op skool.   Vrydagmiddag sê die baas van die huis: man ek het nie nou geld om jou te betaal nie.  Vat maar hierdie daardie ou fiets vir jou – maar kom vat dit as ek nie hier is nie, dan kan ek dit as gesteel aanmeld en die versekering kan my uitbetaal. 

·        Hoeveel besigheidsmense het nie al in my teenwoordigheid gesê: ek doen nie graag besigheid met christene nie want  hulle gebruik graag hul christenskap om goeie pryse te beding !!

·        As die Here vandag jou en my besittings deur die sif van Sy eer moet gooi, wat gaan ons oorhê ?  Watter saketransaksies het ek gedoen wat nie tot eer van God was nie ? Ek sê ek het geen wet oortree nie – maar mense minag my as christen.  

·        Ek lees onlangs van iemand wat, nadat hy die film “Passion of the Christ” gesien het, gaan erken het dat hy ‘n sekere bedrag geld gesteel het.  Wanneer mense tot bekering kom, is dit gewoonlik en van die eerste dinge wat hulle doen om hulle onbetaalde skuld te vereffen  ….. soos die Tollenaar wat na sy kontak met Jesus gaan teruggee het wat hy onregmatig bekom het.

Dit is iets waarvoor ons kan bid – ‘n ekonomiese gemeenskap wat gebou word op die eerbied vir God.

– ‘n ekonomiese gemeenskap waar mense vir mekaar sê….”die ding wat ons doen is nie goed nie….die mense gaan ons minag hieroor”    

 

Kom ons bid saam vir mense met die aanvoeling van ‘n Nehemia en kom ons lê saam ‘n eed af

ÉK SAL NIE SO MAAK UIT EERBIED VIR GOD .”

 

Related Media
See more
Related Illustrations
See more