Rou diens tannie Joan

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 75 views
Notes
Transcript

Welcome Slide

Aanvangswoord

Tannie Joan is deur die dood van ons weggeneem. Die Here Jesus het gesê: "Ek is die Opstanding en die Lewe. Wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe" (Joh 11:25). Deur sy opstanding het Jesus die dood oorwin en kan die gelowige uitroep: "Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?" (1 Kor 15:54). Daarom treur ons wel, maar nie soos die ander mense wat geen hoop het nie (vgl 1 Tess 4:13). Die dood van 'n geliefde is 'n groot verlies; dit bring hartseer en pyn. Tog gee die Here self sy troos en bemoediging. Hy verlig ons smart, Hy staan ons met sy liefde by en belowe om die pad verder saam met ons te stap. Die dood roep ons almal om die lewe in 'n nuwe lig te sien. Jesus het immers vir ons aan die kruis gesterwe sodat ons nie meer vir onsself sal lewe nie, maar vir Hom wat vir ons gesterf het en vir ons opgewek is. Daarom sê ons saam met Paulus: "As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here" (Rom 14:8). Aan Hom kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid.

Seengroet

Geliefdes in die Here Christus, genade, vrede en vertroosting vir jou van God ons Vader, deur die kragtige belofte van die teenwoordigheid van Sy Heilige Gees.

Inleiding vir sang

Ons is hier vandag omdat ons weet dat ons totale wese afhanklik is van God se vertroosting en seen. Daarom smag ons siel na ons Vader soos ‘n wildsbok wat sal smag na water. Kom ons erken ons afhanklikheid in God deur saam te sing “Soos ‘n Wildsbok”. Kom ons staan wanneer ons dit sing.

Sang

Soos ‘n Wildsbok

Inleiding vir teks

Ek het nooit die voorreg gehad om vir tannie Joan persoonlik te ken nie, maar toe ek by Karen en Lee Ann was en hulle my vertel het van haar het hulle aan my een van die mees selflose persone beskryf wat ek nog ooit van gehoor het. Karen het met my gedeel dat die woorde wat Paulus vir die gemeente in Korinte geskryf het oor liefde ‘n prentjie skilder van wie tannie Joan was. Kom ons lees vandag nou saam en wanneer ons hierdie gedeelte saam lees, is my gebed dat dit jou sal herrinder aan die wonderlike lewe wat sy gely het. Net voordat ons lees, kom ons bid saam

Gebed vir teks

Almagtige God, U Woord gee leiding, U woord gee vertroosting want U woord is ewig. In ‘n wereld waar niks seker is nie, waar niks ewig is nie weet ons en vind ons vrede in die wete dat U Woord ewig is. Ons vind vrede daarin dat U woord vas is en ons is dankbaar daarvoor want U woord gee ook vir ons krag en die nodige versterking om deur die moeilike tye te kom. Waar ons vandag saam uit U woord uit gaan lees, gee vir ons nederige sagte harte en oop hande wat nie net sal ontvang nie, maar ook sal gee. Ons dank U vir die voorreg wat ons het om hierdie in vryheid te kan vra.
Amen

Lees van teks

Afrikaans 2020

1Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het nie liefde nie, dan het ek ‘n weergalmende ghong of ‘n kletterende simbaal geword. 2En al profeteer ek, en begryp ek alle geheime, en besit ek alle kennis en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het nie liefde nie, is ek niks! 3Al deel ek al my besittings uit, en gee ek my liggaam oor, sodat ek my daarop kan beroem, maar ek het nie liefde nie, baat dit my niks. 4Liefde bly geduldig, liefde gee om, liefde is nie jaloers nie, spog nie, en is nie verwaand nie. 5Liefde tree nie onbehoorlik op nie, jaag nie eiebelang na nie, is nie liggeraak nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie, 6is nie bly oor onreg nie, maar is saam bly oor die waarheid. 7Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. 8Liefde faal nooit nie. Maar profesieë, dit sal tot ‘n einde kom; of tale, dit sal ophou; of kennis, dit sal tot niet gaan. 9Want ons ken gedeeltelik, en ons profeteer gedeeltelik, 10maar wanneer die volmaakte gekom het, sal wat gedeeltelik is, ophou bestaan. 11Toe ek nog ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Noudat ek volwasse is, het ek die dinge van ‘n kind agtergelaat. 12Nou sien ons wel ‘n geheimnisvolle beeld, soos in ‘n spieël, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek slegs gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken, soos ek ten volle geken is. 13En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie - maar die grootste hiervan is die liefde.

Inleiding

Wanneer ons gekonfronteer word met die dood, dan vorseer dit ons om met ander oe na die lewe te kyk. Gewoonlik word hierdie teks gebruik by troues selfs mense wat nie noodwendig Christene is nie sal hierdie teks of ‘n weergawe van hierdie teks aanhaal by ‘n troue en ek moet se toe ek vanuit die konteks van ‘n rou diens na hierdie teks kyk het dit skielik vir my ‘n ander en selfs dieper betekenis gekry. Net voordat ons bietjie na die detail gaan kyk moet ons net vir ‘n oomblik begryp wat Paulus se agenda was met hierdie gedeelte:

Paulus se agenda

Wil die gemeente leer oor die betekenis van gawes

Die aflos stokkie

ἔχω - Kan nie hardloop sonder die aflos stokkie nie (gawes beteken niks sonder dat jy liefde in jou vashou nie - moet kom vanuit dit)
ἀγάπη - a disposition to do good (‘n ingesteldheid om goeie dinge te wil doen) Laat dit julle nie dink aan tannie Joan nie? - God beskrywing

Slot

Wanneer ons iemand verloor aan die dood dan kom ons bymekaar om hulle lewe te onthou, om hulle lewe te celebrate. Maar dit is ‘n heilige blessing dat dit vir ons die gleentheid en die ruimte skep om ook te kan dink oor ons eie lewens. Ons besef hoe kosbaar elke oomblik is wat ons het en ek dink hierdie teks en tannie Joan se lewe kom vandag en konfronteer elkeen van ons met die vraag: Lewe jy ‘n lewe van liefde? Paulus spreek ‘n sosiale probleem aan wat ek en jy vandag baie mee sukkel - selfsug. Ons lewe in ‘n tyd waar alles gaan oor individualisme. Kompetiesie en personal gain. Wat Paulus hier kom doen is om vir die mense te se al het jy alles wat die wereld jou kan gee sal jou lewe, jou bestaan puntloos wees as jy nie liefde het nie. Tannie Joan het die aflos stokkie oorhandig. Koester die liefde wat sy vir julle so onvoorwaardelik gegee het en mag julle lewens getuig van haar legacy. Amen

Inleiding vir stilte

Kers simboliek

Huldeblyk

Slotlied

Amazing grace
Related Media
See more
Related Sermons
See more