Niel Nedley In your Forehead part 1

Emotional intelligence   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 2 views
Notes
Transcript

In your Forehead part 1

Revelation 14:1 DIEBYBEL:A19331953
1 EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.

Geld = geluk?

Hoekom is ons bekommerd oor geld/inkomste. Nie so erg om kos op die tafel te plaas nie… Maar studies in die VSA wys dat mense glo dat inkomste = geluk. As ek die mooiste huis/kar het sal ek gelukkig wees. Maar nuwe goed bring net ‘n tydelke geluk… So ook goud en en. So maak mense besluite rondom hierdie idee dat geld geluk bring. Mense sal nuwe werke neem en ver weg wees van hul gesinne, net sodat hulle bietjie meer geld te verdien. Dus kyk hulle al die ander aspekte mis en net geld dryf hulle. Geld moet nie uit gegooie word nie, maar dit moet nie ons hoof dryf wees nie. Natuurlik bring geld nie vir ons langdurige geluk nie.

Begeer - begin in jou gedagtes

Die laaste gebod in die Bybel lees:
Exodus 20:17 DIEBYBEL:A19331953
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Hierdie gebod gaan die oor wat ons doen nie, maar meer oor wat ons dink. God is bekommerd oor wat ons dink. Ons moet nie ander mense se goed begeer nie, nie ander mense begeer nie.. Of hul posiese nie… Dit is die probleem wat ons in on regering vandag beleef. Is dit nie so nie? Die VSA se Pioneers/stigters het nooit bedoel dat iemand vir presidentskap moet staan en veg nie(run for president) Hulle het gereken, dat enige iemand wat dink dat hulle kan die beste leier wees is nie geskik vir die pos nie. Dus het hulle ‘n stelel in plek gesit, waat jy ‘n opregte, eerlike persoon kies in jou gemeenskap, wat dan die president sal kies. So was George Washinton gekies, al hoewel hy nie president wou wees nie. So was baie goeie presidente, alhoewel hulle nie die posisie wou he nie…
Luke 12:15 DIEBYBEL:A19331953
15 En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
Jaco bylae: Saai ‘n begeerte, oes ‘n gedagte. Saai ‘n gedagte en jy oes ‘n daad, saai ‘n daad, en jy oes ‘n gewoonte, saai ‘n gewoonte en jy oes ‘n karakter.
Jy gaan nie geoordeel word uit wat jy besit nie.
Maar miljoene rande word gespandeer om jou te kry om te begeer. . Advertensies borde. groot en klein. koerante. tv.. Sodat jy iets moet begeer. Want as jy dit begeer, of die prentjie wat saam met die produk verkoop word, dan gaan dit in ‘n daad oorgaan om dit te koop.
Jaco bylae: Baie keer is dit juis self verheffing wat saam met die produk gaan wat jou na die produk toe trek. Soos ‘n mooi kar, mooi gesig… mooi huis. Sodat jy kan dink jy het ‘n hoer posisie, beter as ander. Hoer aansien. Self verheffing…