Mag julle sy liefde ken

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 9 views
Notes
Transcript

Wat moet mens bid?

Het jy al ooit gewonder wat om te bid? Het jy al ooit magteloos gevoel en nie geweet wat om te se nie?
Die boek van Efesiers help ons met hierdie vraag. In hierdie boek bid Paulus sowat 4 keer vir sy gemeentes terwyl hy in gevangenis is. Ons gaan lees hfst 3:14-21 maar eers ‘n inleiding

Inleiding Efesiers

Laaste gedeelte van 3 is dit die vierde keer in die boek wat Paulus bid. Altyd, daarom bid ek, daarom kniel ek.
IN ‘N KONTEKS VAN LEIDING - VERHEUG EN BEMOEDIG HY
Efesiers is ‘n boek wat praat oor eenheid in die kerk - Paulus beklemtoon hoe God alles met homself versoen en vereenig het deur Jesus Christus. Daarom wanneer ons vandag na die wereld kyk en die onenigheid sien wat daar is tussen mense - kan ons weet dat daardie onenigheid teen die wil van God is. Dit is anti-evangelies.
Hoe kan ons seker maak dat ons lewe inlyn met God se wil?
Paulus se gebed help ons met hierdie vraag…
(Lees)

Inhoud van die gebed

Die mensdom, al die gelowiges kan God dank vir hulle bestaan.
Dank God vir jou lewe…
Tyd waarin ons leef het ons baie bewus gemaak van hoe kosbaar en hoe kwesbaar lewe is - jy kry net een lewe - maak die beste daarvan. Wees dankbaar dat God vir jou hierdie lewe gegee het en lewe in dankbaarheid.
Het jy al ooit iets gekry wat jy nie wou gehad het nie? Wat gebeur met daai ding? Dit staan en gaar stof op. Maar wanneer jy iets kry wat jy rerig graag wou he dan gebruik jy dit - jy soek redes om dit te gebruik. (My Le-Creuset pan!) Die lewe is ‘n geskenk… Wat doen jy met daardie geskenk?
Wees geanker in liefde - deur Christus wat in julle harte woon
Die hart is die bron van dit wat jou aan die lewe hou. Mag Christus die lewe in die bron van dit wat jou aan die lewe hou.
Dit is hoe mens liefde ken - nie iets wat jy oor kan gaan oplees nie, nee jy verstaan dit wanneer Christus in jou hart woon.
Het jy al alles vir die Here gegee? Wanneer laas het jy alles vir die Here gegee? hart is alles want sonder dit is jy dood.
Mag julle sy liefde ginwsko nie net oida nie
Wanneer jy besef dat elke oomblik alles wat jy is en alles wat jy het ‘n gawe is van God. wanneer jy besef dat sy liefde vir jou groter en sterker is as enige onreg in hierdie wereld en wanneer jy jouself anker in hierdie liefde dan sal jy God se liefde ken.

Hoe? (slot)

Die leefstyl van ‘n kind van God aan te neem…
Atleet: alles wat die atleet dink se en doen elke oggend en elke aand alles wat hy eet drink die hele manier van lewe is ingestel en aangepas sodat hy of sy hulle beste kan gee ten alle tye.
Wat is die leefstyl van ‘n gelowige? - lank hieroor praat maar ‘n goeie plek om te begin is om eenheid te bewerkstellig in jou verhoudings met die mense wat in jou lewe is.
Hierdie gebed sluit af met ‘n motivering wat gegrond is in ‘n ewigheidswaarheid:
Dat met God wat in ons woon - is ons tot baie meer instaat as wat ons dink ons is. Mag hierdie vir jou ‘n uitnodiging wees en mag dit vir jou die sekerheid gee dat jy daartoe instaat is om enigeiets te doen - maak nie saak hoe baie jy dink jy dit nie kan doen nie - met God is enigeiets moontlik. Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more