Meer as net 'nie-twyfel'

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 8 views
Notes
Transcript

Inleiding tot teks agtergrond

Vir wie is die boek geskryf? Hoe het die wereld gelyk?
Diaspora - alleen, bang en onseker.
Hoe om gelowig te wees en wat dit beteken om gelowig te wees in die konteks van leiding
Is dit nie maar dieselfde vraag wat ons as gelowiges vandag het nie?
Ons het elkeen ‘n COVID-19 storie…
Hierdie gedeelte leer ons hoe ons verbind is aan Jesus Christus - dat oomblike en tye van leiding ons herrinner aan ons verbintenis met Christus. En die teken van daardie verbintenis le in geloof en in genade.

As gevolg van sy genade

Teks kritiese nota: “deur sy groot ontverming” “eleos” - deur middel van sy groot genade
Wat is genade nie - nie vryspraak nie
Genade as medelye - simpatie
Om spasies te deel - ons moet nuwe kreatiewe maniere vind om in die midde van ‘n pandemie spasies te deel met mense
Genade is nie ‘n mensgemaakde ding nie, ook nie iets wat die mens kan ontgin sonder God nie.
Om saam met iemand te lei - die compassion - vat ons terug na ons verbintenis met Jesus Christus
JESUS AS ultimate vorm van medelye - God het mens geword en saam met ons kom lei

Nou het ons ‘n lewende hoop

Medelye is ‘n verhaal van hoop as gevolg van Jesus Christus se opstanding…
Nuwe verbond (verbond as teken van genade)
Sukkel jy om op te staan? Dalk het jy iets wat jou afbring en jy weet net nie hoe om vry te kom daarvan nie
Soek jy dalk die antwoord vir daardie bevryding by die wereld?
Die antwoord is reeds binne in jou. Jesus se Gees lewe binne in jou

Omdat julle glo, en julle geloof, die toets van julle geloof

Ons reduseer geloof tot nie-twyfel (wat eintlik maar vertroue is)
Verseker is dit ‘n element van ons verhouding met God - net die vermoe om te kan vertrou?
Dit is die fibre van wat ons verbind aan God.
Internet was af gewees… Al was die verbintenis daar…
Die fout le aan ons kant
Die gawe wat ons nie kan verdien nie, wat ons ook nie van ontslae kan raak nie
Maar ons kan daarvan vergeet en ons kan dit op die verkeerde plekke gaan soek
Dit is wat hoop bring, wat medelye en genade moontlik maak, dit is wat ons instand hou dit is wat Jesus sigbaar maak, dit is alles.
Mag jy weer onthou dat hierdie gawe vir jou onvoorwaardelik gegee is op grond van Jesus se liefde. Mag jy hierdie genadegawe uitleef en sigbaar maak in jou doen en late en in al jou verhoudings. mag jy God loof vir die geloof wat Hy in jou ingeasem het.
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more