'n Huis van Gebed

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 5 views
Notes
Transcript

Lockdown huise

Wie het tydens lockdown veranderings aangebring in hulle huise?
Huise moes meer akkomoderend word vir ons lewens - ons moes die meubels skuif
Huis hervorming
Hoe moet ons ons geestelike huise se meubels rangskik sodat dit ‘n huis van gebed vir alle nasies kan word?
Markus 11 gaan ons help met hierdie vraag

Tempel hervorming

Josia se reformasie se hervorming van die geloof was drasties, dit was radikaal. Dit was gemik op Juda as die uitverkore volk en die manier waarop hulle gehandel het met die geloof.
Jesus het ook ‘n hervorming, ‘n reformasie-revolusie aangekondig en ons lees daarvan in Markus 11
Lees teks

Vye-toebroodjie

Betekenis van ‘n vyeboom
Jesus se swak landbou kennis of ‘n metaforiese gelykenis?
Markus se toebroodjies

Alles rondom die toebroodjie

Intog en profesie
Seun van David Messia verwagting
Toestand van die tempel - niks fout met tempel offers nie

Die tyd van Israel is verby

Die vyeboom bevestig die metaforiese tafels wat omgegooi word
Die kern van wat verkeerd gaan is in Jesaja 56:7 - huis van gebed vir alle nasies

Hoe volg ons hierdie?

Volgers van Jesus so ons moet hierdie hervorming opvolg
Wat is die tempel? (jou lewe is ‘n tempel)
Doel is gebed - devotion.
Die aard van die gebed is inklusief (Jesus se hele lewe was inklusief)
Watse meubels moet jy rondskuif? Wat in jou lewe sluit mense uit? Maak spasie vir ander - selfs vir die, juis vir die wie jy die maklikste oordeel.
Mag God se koninkryk sigbaar word in jou lewenshuis van gebed.
Related Media
See more
Related Sermons
See more