Tiende - Jy mag nie met lee hande voor my aangesig verksyn nie

tiende  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 72 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Skriftuur

14Drie maal in die jaar moet jy vir My ’n fees hou.

15Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek—maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;

16verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.

17Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die aangesig van die Here HERE verskyn.

Liedere
150 - Vull my o Gees van God
144 - Bring eer aan die Here
309 - Wees stil my siel

lee hande

DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling (Hoofstuk 23)
14Drie maal in die jaar moet jy vir My ’n fees hou.15Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek—maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;16verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.17Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die aangesig van die Here HERE verskyn.
Wanneer was die drie maal per jaar wat die volk fees gehou het… Daar was partykeer meer as een fees bymekaar..
Die Jaar begin. Die winter is nounet verby. Dit is herfs. Die koringoes is nou ryp en die eerste oes begin. Dan is dit tyd vir die Die fees van ongesuurde broode, saam met die Pasga. Dit gebeur op die 14de dag van Nissam. Basies 2 weke na nuwe maan. Nuwe maan se sekeltjie verkyn so op die horison, daar waar die son ondergaan… As die sekeltjie gesien word, deur die priesters, is dit Nuwe Jaar. Die maand Nissan.
Die brode word sonder suurdeeg gemaak, wat wys ons eet brode sonder sonde. Ons sondes is nou van ons af op die Pasga lam geplaas. Ons word gered van Farao en van die sondes van Egipte. Ons is nou skoon. Maar die pasga word met bitter kruie geeet.. Is ons lam se bloed voldoende, het ons ons sondes belei. sal die doodsengel ons huis verby gaan, of gaan my oudste seun vannaand sterf? Gaan ons die plae vryspring… deur die bloed van die lam.
Van Egipte se tyd af, is die fees gehou en dit sluit in die pasga lam, wat ook die middag offer “vervang” insluit. Die lam wat van die begin van die wereld se geskiedenis al geslag is.. Tuin van Eden.
So het die hele Israel, elke gesin. Elke jaar nie met lee hande na die vees toe gegaan nie. Behalwe vir die Lam, en elke mans persoon wat na die fees toe gegaan het, het hulle nie met lee hande gegaan nie. Hulle het die lam gebring as soen offer, vir hulle en hule familie se sondes. Verder het hulle ‘n dank offer gebring vir God se seening met die oes. Die graanoes is nounet begin. Die eerste gerwe, die tiende aan die Here. Verder het hulle ‘n vrywillige offer gebring, uit dankbare hart.
Die Tiende is na die skathuis van die Here gebring. Die tiende is vir die priesters en leviete. Hulle het dit regverdiglik verdeel volgens elke se werke.
Die Vrywillige offer was vrywillig, om die tempel in stand te hou en om armes te help. Armes was die wat ‘n ramp getref het. Hulle bakkie het gebreekl.. Die plaas het afgebrand… Die gesin is in nood… Die Vrywillige offer hang van die persoon se oortuiging van sy eie hart. Gemiddeld was dit gelyk aan ‘n tiende tot 3 tiendes. Dit hang van die vraag/nood af
Die ander twee tye van feeste was.
Die fees van weke . 7 x 7 weke plus 1 dag. 50 dae na Pasga. Hierdie fees was natuurlik einde Mei begin Junie… Waar die pasga die begin van die graanoes was, was dit nou die einde van die graanoes. Dit was ook bekend as die eerste vrugte vees. Die Jode het ook die fees gekoppel aan die 10 gebooie wat omtrent 50 dae na Pasga aan hulle gegee was. In die Nuwe Testament is die Heilige Gees aan die kerk gegee 50 dae na Pasga. En natuurlik is die eerste vrugte van siele Hemel toe gevat. Die eerste vrugte van die wat uit die dood opgeweg was...
Die derde tyd van Fees was die fees van Tabernakel. Dit was so aan die einde van Oktober. Dit was herfs. Die winter was op hulle. Amper saai tyd vir die graan weer. Waar die Olyf oes klaar was. Dit het ook verwys waar die tempel skoon gemaak was van alle sondes. Die sondes wat in die tempel ingedra was, moes op die Asasal bok geplaas word en die bloed van die lam van God maak die Allerheilige skoon. Wat was die verskil?
Na elke oes. Of die graan oes, wol oes, druiwe oes, olyf oes… was, was die eerste 10de heilig aan die Here. Uit dankbaarheid aan Hom vir Sy seening. Gee ons dit wat ons aan Hom gekry het ‘n tiende aan Hom terug. ‘n Eeerste 10de. Dis nie ‘n offer nie, want dis nie ons sin nie…Dit is God sin.

Tiende

Malachi 3:8–10 DIEBYBEL:A19331953
8 Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. 9 Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! 10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie.
Storie van die Masai
Die storie van Abraham. Hy het oor die 1000 beeste gehad. Hy is een van die stamme se hoofmanne met baie beeste. hulle trek rond soos die kos van die beeste skuif. Hy is ‘n ryk man. In die 1981 het AWR na Tanzanie toe gegaan. So het die boodskap oor die Masai mense ook versprei. In een die die pogings het Abraham gedoop geraak. hy hoor toe dat hy 10 % getrou aan God moet gee. Teen almal se beter wete het hy elke 10de koei aan God gegee.
Almal het gedink hy was mal. ‘n mens gee nie jou mees belangrikste ietem vir God nie…
9 maande later staan almal verstom. Meeste van sy koeie het 2linge gegee en sy skape 3 linge. Kyk beeste gee nie sommer ‘n tweeling nie.
Die wonderwerk was duidelik van God.
You cannot outgive God. Hoe meer jy gee hoe meer Gee God.
Die ander Messai mense sien toe wat hier gebeur. Hulle gaan toe na die Unie president toe, en se hulle wil ook tiende betaal.. hy vra toe of hulle ook SDA’s is. Nee, maar ons soek ook die seening wat Abraham gekry het.
9 maande later… daar word hulle ook geseen..
Vandag is daar oor die 80 Messai wat gedoop is...
Die storie eindig nie daar nie. Daar is natuurlik bees diewe. En so word van sy beeste gesteel. Die vreemde ding is. Die beeste… wat gesteel was, kom so paar weke later van self weer terug gestap na sy troppe toe… Prys die Here.
Abraham het meer as 10de begin gee. Hy het ook ‘n boorgat gesink en vir die mense in die stat water begin gee… verniet. So help hy die wat sukkel.
Buffet. het die grootste donasie ooit gekry. 30 Miljoen dollar. Bill Gates.
My pa gee tjeks
My pa gee sy huis op..
God gee op die einde vir hom weer ‘n huis...
Die maand wat jy nie kan bekostig om jou tiende te betaal nie, is die maand wat jy nie kan bekostig om die tiende nie te betaal nie..
Beroof ons dalk God. Plaas God eerste

2de en derde tiende

6Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.

God die Vader het Sy Seun aan die mensdom gegee. Jesus het alles opgegee. Jesus het Homself aan ons gegee. Hy het Sy Godheid prysgegee, om vir ewig in ‘n mens se vorm te wees. Hy het Hemel opgegee. Hy het op die einde Sy lewe gegee as losprys.
God gee vir ons geld en en om van te leef… Hy verwag 10% van dit, dis Seine… dat ons terug sal gee...
Vandag vier ons die feit dat Hy alles opgeoffer het. Vir ons. alles. Sy land (Hemel) Sy huis. Sy vriende… Sy weermag. Sy ewige Vader. Sy Gees. Sy allles het Hy vir ons opgegee… Is jy dalk bereid om jou vriende, jou bike, jou besigheid, jou geld, jou saving… alles op prys te sit. Jy gaan… een van die dae.
Is jy bereid om soos Jesus te wandel… om alles op te gee?
Wanneer ons na Jesus toe kom, laat ons nie met lee hande na Jesus toe kom nie. Party van ons kry jou oes weekliks, na elke paar dae… ander maandeliks.... salaris. Kom ons vat die eerste tiende van elke inkomste. plaas dit eenkant, betaal dit dadelik oor. Maar moenie met lee hande na die Here toekom nie.
Matthew 26:26–30 DIEBYBEL:A19331953
26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. 27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. 28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. 29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. 30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.