Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.09UNLIKELY
Disgust
0.08UNLIKELY
Fear
0.09UNLIKELY
Joy
0.6LIKELY
Sadness
0.65LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.12UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.42UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.1UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Titel: Wat beteken Jesus Christus se hemelvaart vir ons?
Tesis: As gevolg van Jesus Christus se opstanding en hemelvaart, glo ons dat ons ook eendag sal opstaan ​​en in ewige gemeenskap met Hom sal tree.
********************************************************************************
Inleiding
Dit is baie hartseer dat belangrike Christelike gebeurtenisse, soos hemelvaart, nie meer die nodige aandag geniet, soos ander gebeurtenisse nie.
Ons weet almal, dat wanneer daar nie meer gefokus word op iets spesifieks nie, dit mettertyd vergeet word.
So is dit maar besig om met hemelvaart ook te gebeur.
Waarom is hemelvaart vir ons belangrik?
Ter inleiding, is dit belangrik om ‘n agtergrond te hê, om die gebeure van hemelvaart te begryp.
Liewe gemeente, die verhaal van Jesus Christus begin in die hemel, nog voor die grondlegging van die aarde en dit eindig wanneer Hy die aarde verlaat om na die hemel terug te keer.
Die verhaal van Jesus Christus het begin met inkarnasie, met ander woorde, Sy menswording, en eindig met Sy verhoging as die Koning van Konings.
Dit begin met verwagting en eindig met voleinding.
Dit het begin met die Seun van God wat uit 'n maagd gebore is, na die aarde neergedaal het, en dit eindig met die Seun van God wat uit die dood opgewek is en wat na die hemel opgevaar het.
Die storie het begin met hoop wat nie gerealiseer is nie en eindig met hoop wat ten volle verwesenlik is.
Dit het begin met 'n belofte en eindig met 'n vervulling en 'n nuwe belofte.
Die Hemelvaart van Jesus Christus, moes 'n opwindende ervaring gewees het.
Dit moes die verstand te bowe gegaan het om Jesus Christus in die eerste plek in lewende lywe te kon ervaar, en tweedens, so ‘n wonderlike gebeurtenis soos Sy hemelvaart, te kon beleef.
Waarom dan so?
Al hierdie gebeure, is ‘n bevestiging aan ons dat Jesus Christus, as God geïnkarneer is.
Dit wil sê, dat Hy volkome God was in Sy menswording.
Dit bevestig aan ons, dat Hy opgestaan ​​het en dat Hy opgestaan ​​het en dat Hy lewe.
En juis hierom, verstaan ​​ons die volheid van die Ou Testament en al die profesieë wat vervul is.
Al ons twyfel is weg en ons geloof in Jesus Christus is solied.
Dit is hartseer dat ‘n gebeurtenis, soos Jesus Christus se hemelvaart, so min betekenis vir baie mense geword het, en dat dit as te ware eenkant toe geskuif word.
Tot 'n mate word daar min oor Hemelvaartsdag gedink omdat dit, ten minste in Suid-Afrika, anders as Kersfees en Goeie Vrydag, nie 'n openbare vakansiedag is nie.
Dit val nie op 'n langnaweek nie.
Dit is ook 'n dag wat, anders as Kersfees en Paasfees, nie feitlik universele herdenking in die Christelike kringe gegee word nie.
Nietemin, selfs al word daar min aandag aan hierdie belangrike gebeurtenis gegee, wil ek graag hê dat ons vanoggend met alle erns sal na dink oor die belangrikheid van hierdie gebeurtenis wat plaasgevind het.
Wat hou die hemelvaart vir ons as gelowiges in?
Is dit werklik vir ons so ‘n belangrike gebeurtenis?
U sien geliefdes, as ons as gelowiges, hierdie gebeure reg verstaan en die belangrikheid daarvan begryp, dan sal ons weet en verstaan dat die hemelvaart van Jesus Christus een van die belangrikste gebeurtenisse in Sy lewe asook in Sy bediening is en was.
Terwyl ons die Nuwe-Testamentiese hemelvaartverslae bestudeer, soos ons dit vind in Markus 16:19–20; Lukas 24:50–53 asook in Handelinge 1:6–11, is dit noodsaaklik om die Ou-Testamentiese hemelvaartprofesieë ook in gedagte te hou.
Want die gebeurtenis rondom Jesus se hemelvaart, word baie duidelik geprofiteer in gedeeltes soos Psalm 68:18; Psalm 110:1; asook baie spesifiek in Daniël 7:13–14.
om slegs ‘n paar te noem.
In meer spesifieke studies oor hierdie gedeeltes leer ons verskeie betekenisse rondom die gebeurtenis van Jesus se hemelvaart.
Dis juis daarom dat ons, ons primêre teks van vanoggend, Handelinge 1:6-11, gaan vergelyk met ander gedeeltes, om vier belangrike hemelvaartwaarhede uit te wys, sodat die erns Jesus se hemelvaart begryp en verstaan kan word.
1. Die eerste waarheid is juis dat ons moet onthou dat Jesus Christus die Koning is.
Ten diepste gaan die hemelvaart oor die troonbestyging van Jesus Christus.
Dus, terwyl ons na dink oor die hemelvaart , moet ons dit doen om die Koning van van alle konings te onthou.
Met die opteken van die werklike gebeurtenis, skryf Lukas: " En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.”
(vers.
9).
In Lukas se vroeëre verslag in Lukas 24:51, skryf hy die volgende: “En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.”
Ook skryf Markus, op sy eie manier die volgende in Markus 16:19; “Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
U sien geliefdes, Markus se beskrywing is belangrik, want in antieke tye was die regterhand van 'n koning 'n plek van voorreg en gesag.
'n Troon sou dikwels aan die regterkant van 'n koning geplaas word, waar 'n mederegent of 'n prins sou sit, wat sy gesag oor die mense onder die hoofskap van die koning aandui.
'n Sitplek aan die regterhand van God is 'n simbool van goddelike en koninklike gesag.
Gelowiges met 'n ware kennis van die Bybel verstaan ​​die betekenis van Jesus Christus se hemelvaart.
Hierdie gebeurtenis dui op Jesus Christus se troonbestyging.
Hy het opgevaar na Sy Vader, om Sy plek op die troon in te neem.
Daniël het baie spesifiek hierdie einste gebeurtenis geprofeteer in Daniël 7:13-14: “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
(14) En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Daar is sekere vorme van teologie wat daarop wil dui dat Jesus Christus nie vandag alreeds op Sy troon sit nie.
Baie glo nog dat dit iets is wat wel nog moet gebeur.
Hulle glo dat dit eers met die wederkoms sal wees, wanneer Hy Sy troon sal inneem.
Hierdie kan egter nie waar wees nie.
Waarom?
Daniël was baie duidelik dat aan die Seun van die mens, Jesus Christus, heerskappy en eer, asook ‘n koningskap gegee is, toe “hy gekom het na die Oue van Dae.
Hierdie “oue van dae” dui glad nie op, wanneer Hy, Jesus Christus, die Oue van Dae, na die aarde sal terugkeer nie! Toe Jesus Christus, na Sy Vader opgevaar het, en aan die Regterhand van God gaan sit het, het Jesus Christus Sy Ewige Troon ingeneem.
Daarom is Hy die Koning van alle konings.
Liewe gemeente, terwyl ons saam in die kerk bymekaarkom vir aanbidding, wanneer ons in die wêreld is en na ons werksplekke gaan deur die week, maar ook as ons saam met familie en vriende vir sosiale geleenthede bymekaarkom, moet ons altyd onthou dat Jesus Christus op Sy troon sit.
Die bevestiging hiervan kry ons in Psalm 103:19; “Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles”.
Liewe kind van die Here, ek wil u vanoggend aanmoedig om goeie moed te hou terwyl ons onthou en weet dat Jesus Christus die Koning is.
Terwyl ons werkloosheid, of hartseer, of siekte, of onsekerheid, of enige bekommernis in die gesig staar, is Jesus Christus op Sy troon en regeer Hy oor ons lewe.
“En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ‘n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is.
(35) En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie? (Daniël 4:34–35).
Ek lees nou die dag die volgende getuienis in ‘n artikel van ‘n persoon wie se vrou tans behandeling vir stadium 3 kanker ondergaan.
Hulle besin oor sommige van die lesse wat tydens die hele proses geleer is en op 'n stadium het hy die volgende gesê: "Ons het geleer dat dieselfde God wat by ons was voordat my vrou kanker gekry het, dieselfde God is wat met ons is noudat sy kanker het."
Wat probeer ek sê? Hierdie is die teologie van die hemelvaart!
Naamlik, dat Jesus Christus op Sy troon is en dat die gebeure van die hele mensdom vir Sy doeleindes en tot Sy voordeel en heerlikheid plaasvind.
Hy is die regerende Koning.
En dit bring my by die volgende hemelvaart waarheid, naamlik;
2. Dat ons Jesus Christus as die Koning Verkondig.
Die dissipels het die terrein van die hemelvaart genader met hul eie voor opgestelde idees in gedagte.
Kyk wat sê vers 6; “Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
Selfs op hierdie stadium, ten spyte van drie jaar se onderrig, het hulle, die dissipels, steeds nie die hemelvaart gebeurtenis heeltemal verstaan ​​nie.
Hulle het etnosentries gebly en gedink.
Hierby bedoel ek, dat hulle hul eie kultuur as ‘n verwysings raamwerk gebruik het om ander se kulture, gedrag en oortuigings asook mense te beoordeel.
In plaas daarvan om eerder die standaarde van Jesus Christus asook die besondersheid wat Hy daar gestel het, te gebruik.
Die dissipels het dus eerder 'n fisiese manifestasie van Jesus Christus se koninkryk verwag.
Maar, Jesus sou egter nie toelaat dat hulle aandag van hulle opdrag afgelei bly nie.
Luister wat sê Hy in verse 7 & 8; “En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; (8) maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Geliefdes, die hemelvaart, asook die troonbestyging van Jesus Christus, is nie 'n waarheid om slegs vir eie persoonlike gewin te eien nie! Nee, dit is 'n waarheid wat juis deur die kerk en elke liewe Christen uit gebasuin moet word na 'n wêreld wat 'n welwillende Koning nodig het.
Dit is in werklikheid net as gevolg van Jesus Christus se gesag as Koning dat ons hoop het in ons opdrag wat Hy daar gestel het.
Dit is juis omdat alle gesag oor hemel en aarde aan Hom gegee is, dat ons dissipels van alle nasies kan maak volgens die opdrag in Matteus 28:18–20.
As ons 'n burger van die koninkryk van die hemel is, is ons ook 'n ambassadeur vir Jesus Christus die Koning.
Nou, terwyl ons nadink oor die glorieryke waarheid van die hemelvaart, moet ons, ons opdrag onthou, en dit is om hierdie waarhede te verkondig aan 'n wêreld wat 'n Koning nodig het.
Waar daar geen Koning of Heerser is nie, is mense geneig om te doen wat ook al reg is in hul eie oë.
Dit eindig nooit goed nie.
Ons moet hierdie goeie nuus na hierdie verlore wêreld neem en uit basuin dat daar 'n goeie Koning is wat bereid is om ons sondes te vergewe en ons as Sy eie te ontvang.
Ons moet die waarheid verkondig dat om daardie Koning te weerstaan, rebellie van hoogste orde en dwaasheid van die diepste soort is.
Die Koning, Jesus Christus, is genadig en lankmoedig, maar Hy sal nie vir ewig toelaat dat Sy gesag weerstaan ​​word nie.
Daar gaan en kom 'n dag waarop die Koning Jesus Christus Sy toorn aan die wêreld sal openbaar, en diegene wat Sy gesag weerstaan het, sal op die pad vergaan terwyl Sy toorn vinnig ontvlam.
Daar is egter hoop vir Sy kinders.
“Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.
Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
(Psalm 2:12).
Die wêreld moet van ambassadeurs van die koninkryk hoor dat die Koning van alle gesag aan hulle die evangelie van vergifnis en versoening bied deur Sy dood en Sy opstanding.
3. Die derde waarheid is ons Hoop op Jesus Christus die Koning.
Toe Jesus in die wolke verdwyn het, het die dissipels absoluut radeloos gestaan.
“En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, (11) wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel?
Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9